#ICYMI the #EuropeanRoboticArm is on its way to the @Space_Station after being launched on a Proton rocket from Baikonur Cosmodrome, at 16:58 CEST on 21 July 2021 👉 https://t.co/95Ia9ZsSIB pic.twitter.com/T3uZ1tkmg3
— ESA (@esa) July 21, 2021
The #EuropeanRoboticArm is launched into space 🚀https://t.co/9X3xzE7H8B pic.twitter.com/iYkyH5foHw
— Human Spaceflight (@esaspaceflight) July 21, 2021
Vir die tweede keer in twee dae is ’n Nederlandse vlag die ruimte in gelanseer.
Op 21 Julie 2021 is ERA, ’n baie gevorderde robotarm wat in Leiden gebou is, op ’n Russiese vuurpyl die ruimte in gestuur.
Check out some of best photos from today’s historic #NSFirstHumanFlight pic.twitter.com/aqQg0gzxi4
— Blue Origin (@blueorigin) July 20, 2021
Die dag tevore, op 20 Julie, het Oliver Daemen op 18 die jongste persoon ooit geword wat die ruimte ingevaar het. Daemen is ’n Nederlander, en die rooi, wit en blou vlag was duidelik op sy ruimtepak vasgewerk.
Daemen was die vierde lid van die span wat saam met Jeff Bezos op New Shepard ’n paar oomblikke van gewigloosheid ervaar het.
Nederland se ruimteprogram is dalk nie so bekend soos dié van die VSA, Rusland en meer onlangs ook China nie, maar dit is enorm.
In 2018 het die Nederlandse program gesorg vir 10 800 werksgeleenthede en ’n produksiewaarde van €1,9 miljard (meer as R32 miljard teen dié week se gemiddelde wisselkoers) en die toegevoegde waarde vir maatskappye wat hierdeur gevoed word, is op €1 miljard geskat. Dit is hoekom die Nederlandse regering tussen 2020 en 2022 €387,5 miljoen (ongeveer R6,6 miljard) aan die program spandeer.
Donkerwerk nie konkelwerk
Tydens Dinsdag se baie kort vlug op Blue Origin se New Shepard het Wally Funk, op 82 die oudste persoon nog in die ruimte, uitgeroep: “It is dark up here!”
Dit is in daardie donker wêreld waar Nederland, ongesiens, ’n verskil maak.
Die regering het in ’n persverklaring van November 2020 gemeld dat hulle die volgende ten doel het:
Veilige communicatie tussen militairen, het voorspellen van bosbranden, realtime beelden van luchtverontreiniging, precies weten hoeveel water gewassen nodig hebben, en snelle signalering van dreigende dijkverzakkingen. Dit is een selectie van toepassingen die mogelijk gemaakt worden door satellieten die in een baan om de aarde cirkelen.
Werk dit?
Vreemd genoeg het ’n antwoord op hierdie vraag die afgelope week uit die hemel gekom. Terwyl Duitsland en België steier onder nagevolge van die oorstromings en die woede dat hulle regerings nie genoeg gedoen het om lewensverliese te keer nie, is die Nederlanders geprys vir hulle proaktiewe keuses tydens die oorstromings.
Selfs CNN het daaroor berig. Hulle haal Jeff Da Costa, ’n navorser in hidrometeorologie aan Reading-universiteit in die Verenigde Koninkryk, aan: “There was clearly a serious breakdown in communication, which in some cases has tragically cost people’s lives,” sê hy oor die gebeure in Duitsland en België.
Da Costa se ouers se huis in België is ook getref.
A shocking image of the flooded parish of Altenburg, Altenahr shared by regional authorities in Germany, which says at least four people are dead and 30 are missing.
Here is how the area looked in better times. #hochwasser #inondations #overstromingenhttps://t.co/l6Yyh1WhXv pic.twitter.com/wELwTVRwDM— Naomi O'Leary (@NaomiOhReally) July 15, 2021
Maar in Nederland lyk dit baie anders. Só berig CNN:
In the Netherlands, just across its borders with Germany's and Belgium's flood-devastated areas, the picture is entirely different. The Netherlands too experienced extreme rainfall – albeit not quite as heavy as those in Germany and Belgium – and it hasn't escaped unscathed. But its towns are not entirely submerged and not a single person has died. Officials were better prepared and were able to communicate with people quickly, said Professor Jeroen Aerts, head of the Water and Climate Risk department at the Vrije Universiteit in Amsterdam.
Nederland se bydrae tot ruimtesending is dus nie iets wat klink na Tom Wolfe se The right stuff nie. Dit gaan veel eerder om internasionale samewerking met die beveiliging van Nederland as spilpunt. ERA, die robotarm wat op pad is na die internasionale ruimtestasie, gaan byvoorbeeld aan die Russiese kant van die stasie geanker wees. Aan die Amerikaanse kant is daar ’n Kanadese robotarm.
Die Nederlandse arm gaan nou die Russiese deel van die ruimtestasie help om inspeksies uit te voer, swaar voorwerpe te skuif en as ’n beweeglike platform te dien sou dit nodig wees vir die ruimtevaarders om buite die tuig te werk.
André Kuipers, ’n Nederlander wat ’n tyd lank in die Internasionale Ruimstestasie gewerk het, verduidelik dit so: “Als mensen naar buiten moeten, brengt dat altijd extra risico’s met zich mee. Dus elke ruimtewandeling die je kunt uitsparen dankzij een goed functionerende robotarm vergroot de veiligheid voor de mannen en vrouwen aan boord.”
Kuipers het reeds twee sendings aan boord van die Internasionale Ruimtestasie voltooi. In 2004 was hy vir elf dae aan boord en aan die einde van 2011 is hy weer daarheen gestuur. Dié keer het hy ses maande gebly.
Ander Nederlanders in die ruimte
Wubbo Ockels was die eerste persoon wat die Nederlandse vlag op sy arm gedra het in die ruimte. Hy is op 30 Oktober 1985 aan boord van die pendeltuig Challenger gelanseer.
Ockels was egter nie die eerste persoon van Nederlandse afkoms wat die ruimte in is nie. Dié eer het Lodewijk van den Berg te beurt geval. Hy is op 29 April 1985 die ruimte in, ook aan die boord van Challenger. Van den Berg was egter teen daardie tyd reeds ’n Amerikaanse burger, en het die Amerikaanse vlag op sy arm gedra.
Oliver Daemen, na wie hier bo verwys is, was dus die derde Nederlandse burger in die ruimte. Op 18-jarige ouderdom was hy veel jonger as die Rus Gherman Titov, wat op 6 Augustus 1961 die tweede persoon ooit geword het om ’n volle omwenteling om die aarde te voltooi. Titov was 25 jaar oud.
Miljardêrs se speelgoed of voorlopers?
Oliver Daemen was ook Nederland se eerste kommersiële ruimtevaarder.
Sy pa, Joes, die stigter en HUB van Somerset Capital Partners, ’n beleggingmaatskappy, het miljoene dollar vir ’n sitplek betaal. Toe Bezos dit vir hom aanbied, is besluit om sy seun, Oliver, in sy plek te stuur.
Welcome to the crew, Oliver! We’re grateful to have you as our first customer to mark the beginning of commercial operations. #NSFirstHumanFlight https://t.co/gwZ6qBOFpi pic.twitter.com/SuOwxe2353
— Blue Origin (@blueorigin) July 15, 2021
Die jonger Daemen studeer fisika aan die Universiteit Utrecht en is ’n gekwalifiseerde loods.
Na de landing van de capsule stond Bezos' ontvangstcomité klaar met cowboyhoeden, champagne en camera’s. Er klonken woohoo’s voor vier mensen die enkele minuten in een gerieflijke stoel hadden doorgebracht. Column voor @nrc https://t.co/PlOiZNupFe
— marc hijink 🎱nrc (@marchijinkNRC) July 20, 2021
Daar is in Nederland veel kritiek uitgespreek oor Daemen se reis.
Mindy Howard, wat reeds in Nederland besig is om ruimtevaarders op te lei en gehoop het om in 2023 die eerste kommersiële ruimtevaarder uit Nederland te word, meen dit is verkeerd om iemand met bitter min opleiding die ruimte in te stuur. Vir haar is die sielkundige voorbereiding die belangrikste van enige ruimtevaarder se mondering. Dit kan jy nie in twee dae doen nie, beweer sy.
All in favour, raise your arm 🙋♂️ https://t.co/BxIUY8WFay
— Donald Heering (@DonaldHeering) July 21, 2021
Joris Melktert, ’n kundige van Tilburg-uiversiteit, meen ook twee dae van intensiewe opleiding, soos Daemen ondergaan het, is nie genoeg nie. Drie maande se opleiding is die minimum, meen hy.
New Shephard is egter ’n totaal outonome tuig. Vanaf twee minute voor die lansering tot die landing neem die tuig self besluite.
Vanuit die beheerkamer kan ingrepe gemaak word, sou dit nodig wees, maar daar is geen manier waarop enigiemand van binne die kapsule iets aan die tuig se vlug kan doen nie.
In case you missed it: Blue Origin’s mission represents a bigger opportunity for commercial space tourism than Virgin Galactic’s.
Still, both flights represent major milestones in the future of spaceflight. https://t.co/wqYB172WxN— MIT Technology Review (@techreview) July 22, 2021
Dié program is juis vir ruimtetoerisme ontwerp.
Tog, so hou die slimkoppe by Blue Origin vol, gaan dit oor meer as ryk mense wat gewigloos wil wees. Hulle werk reeds aan maansendings, en die data wat op hierdie kommersiële vlugte ingesamel word, sal uiteindelik alle ander ruimtereise veiliger maak.
Ik besef erg goed dat ik in een bevoorrechte situatie terecht ben gekomen. Het is een combinatie van geluk en toeval geweest waardoor ik dit heb kunnen meemaken. Ik weet dat ik gigantisch heb geboft. Voor mij is dat reden te meer om deze ervaring zo goed mogelijk te benutten en bij te dragen aan innovaties die helpen om de toekomst van de aarde zeker te stellen.
Nederland soek nuwe bloed vir hulle program
Die Europese Ruimte-agentskap (ESA) soek intussen nuwe bloed en het ook mense met gestremdhede genooi om aansoek te doen.
De ESA wil ook mensen met een handicap de kans gegeven om naar de ruimte te gaan. De organisatie noemt ze parastronauten: "Diversiteit bij ESA mag niet alleen gaan over afkomst, leeftijd, achtergrond of het geslacht van onze astronauten, maar misschien ook over lichamelijke beperkingen."
Suid-Afrika se spogregte
Suid-Afrika se vlag mag darem ook trots wapper in die optog na die ruimte.
Die Suid-Afrikaanse ruimteprogram, bekend as Sansa, is nie naastenby die grootte van dit wat in Nederland gebeur nie, maar ons land werk nou saam met wetenskaplikes van regoor die wêreld. https://www.sansa.org.za
En Mark Shuttleworth het reeds in 2002 die Suid-Afrikaanse vlag op sy mou gehad toe hy as betalende passasier in ’n Soyuz-tuig na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer is. Anders as Oliver Daemen het Shuttleworth maande lank in Rusland geoefen om deel van die span te wees.
Dan mag Suid-Afrika ook daarop wys dat Elon Musk se SpaceX se Dragon reeds drie keer mense die ruimte ingestuur het. Op 16 November 2020 het Nasa byvoorbeeld vir Musk betaal om vier ruimtevaarders na die Internasionale Ruimtestasie te stuur.
Musk is deesdae ’n Amerikaanse burger, maar hy het in Pretoria grootgeword.