Muchu gustu: Oor vlooie en "onderbuikgevoelens"

  • 0

“Othering.” Ons doen dit elke dag. “Roddelen”, sê jy in Nederlands. “Gossip” in Engels, “klatschen” in Duits. Die meeste van ons hou waarskynlik nie van skinder nie, maar dis soos om nou en dan jaloers of bitter te wees, of maagwerkings te hê: nie álles is mooi aan die mens nie.

Om te skinder is glo nie eers so negatief nie – so sê in elk geval Rinus Feddes, wat gepromoveer het aan die Universiteit voor Humanistiek met sy proefskrif Onderbuikgevoelens en roddelen. Een interactief perspectief op roddelen, roddel en roddelverhalen. Feddes praat oor die noodsaak van “emotioneel ontladen”. Dit is belangrik om jou emosies en gevoelens nou en dan te toets, en dus moet jy jou gevoelens uitspreek, in ’n veilige omgewing. Feddes maak wel ’n belangrike onderskeid tussen “skinder” (“roddelen”) en “terg” (“pesten”): “Pesten is gericht op het bewust kwaad doen van de ander, terwijl roddelen meer gericht is op het in vertrouwen uiten van je onderbuikgevoelens.”

Skinder het ’n bindende funksie. Feddes werk as ’n dosent aan die Hogeschool Rotterdam, en gaan dikwels met studente in gesprek oor hierdie ondergrondse verskynsel:

Ook het aangaan van sociale binding is een belangrijke functie van roddelen. Ik vroeg de studenten hun roddels te clusteren: wie roddelt er over wie? Dan bleek altijd dat bepaalde groepen over andere groepen roddelen. De warme kant van een familie over de koude kant of de jongeren over de ouderen. Roddelen blijkt dus een bindmiddel.

Feddes het ’n mooi term hiervoor: “vocaal vlooien”, oftewel “verbaal ontvlooi”:    

Apen besteden een kwart van hun tijd aan het vlooien van elkaar en echt niet alleen omdat ze zoveel jeuk hebben. Als twee apen elkaar vlooien, laten ze anderen in de groep zien: wij hebben een bondje. Bij mensen gaat dat net zo. Als je een roddel aan iemand vertelt, kom je vaak dichtbij iemand, of je fluistert zelfs in zijn oor. Je deelt je verhaal alleen met diegene. Bij wie je wilt horen, bepaalt met wie je roddelt.

Die eerste konnotasie met “verbaal ontvlooi” bly egter negatief, wat my betref. Dit voel lafhartig, veral as dit venynig is. En jy maak van jou medemens ’n Ander, gebaseer op aannames wat jy nie verifieer nie. Soos onlangs toe ene “Gary”, wat na CapeTalk gebel het en teen Africa Malene tekere gegaan het oor hoe “daai mense” in die plakkerskampe en arm woonbuurte net water verspil. Hoe weet hy dit? Op watter beeld van die wêreld of die werklikheid is dit gebaseer? Het Gary vriende in Guguletu of Lwandle? Ons ken die antwoord. Wat dryf iemand om sulke skinderpraatjies kwyt te raak op ’n praatprogram? Terwyl ek in die kar na hierdie Gary luister (wat self uiteraard nie wou weet van argumente of van die verskynsel “oningeligte vooringenomenheid” nie), dink ek aan die wit persoon wat netnou in die Virgin Active besig was om vir minute en minute en minute aanmekaar te stort, asof hy nog nooit van ’n waterkrisis gehoor het nie. Mens wil nie weet hoe hy water verspil by sy huis in die middelklaswyk nie.

Dan verkies ek eerder die direkte, in-jou-gesig-benadering. Soos wanneer ek, dikwels genoeg, in ’n winkel gevra word waar iets staan of gevind kan word: die groente, die onderbroeke, die toiletseep, die honde kos, you name it. “Sorry, I don’t work here.” Partykeer maak ek asof ek inderdaad wel in die winkel werk, en wys ek sommer in ’n rigting.

Of ek dink terug aan die jare wat ek nog dreads gehad het en elke keer my tasse moes oopmaak as ek op Schiphol Amsterdam land.

Of nou onlangs, toe ek moes optree by ’n fees naby Kaapstad: ’n Nederlandse vrou in die gehoor vra vir my, amper angsvallig, toe sy klaarblyklik sien dat ék die digter is wat aangekondig word in die programboekie: “U bent toch wel écht Nederlands?”

Eers later, toe sy by die vraegeleentheid sommer ’n Sinterklaasgedig voordra – “Kijk, dit is geweldige poëzie want het rijmt!” – en weer later, toe sy in ’n onderonsie byna onmiddellik begin gesels oor die Sinterklaasfees in Nederland, en dat die hele ophef oor die Zwarte Piet-figuur tog onsinnig is, besef ek: die vrou het my aanvanklik gesien as ’n “Ander”! (“Hierdie man is mos bruin, ek moet seker maak dat hy wel die Nederlandse digter is waar hier in my boekie van gepraat word.”)

Sulke ervarings is (oor die algemeen) veral snaaks – ten minste, mens kan dit beter weglag, die lewe is kort. Al moet jy nie te veel van hierdie soort sake op een dag meemaak nie.

Nee wat, die anonimiteit van skinder, van giftigheid agter jou rug, voel baie meer onvanpas. Juis in ons digitale tydperk, met sogenaamde anonimiteit op die internet, is daar heeltemal te veel van hierdie giftigheid wat die pietieXL’s en DesertStorm76’s van hierdie wêreld kwytraak. Hulle lug hul onbeskofte en radikale menings oor allerhande sake waarvan hulle tien teen een niks weet nie.

Partykeer bly die geskindery nié anoniem nie: jou “geroddel” word selfs opgeneem op video en raak ʼn nasionale nuusitem. So iets het onlangs gebeur met Stef Blok, die Nederlandse minister van buitelandse sake. Hy het heeltemal vergeet dat hy besig is om in die openbaar te skinder en dié verbale ontvlooiing van sy gehoor is opgeneem deur iemand wat die sosiale kode van skindery geïgnoreer het: geheimhouding.

Woensdag 18 Julie het die berig in die Nederlandse media verskyn dat minister Blok in “een besloten bijeenkomst” genoem het dat hy “in de wereld geen vreedzame multiculturele samenleving kent”. Hy het heelwat te sê gehad oor lande waaroor hy in die openbaar positief en met kompassie gesels. Maar tydens sy ontvlooisessie sê hy byvoorbeeld:

Suriname als vreedzaam? Courageous, deze opmerking. Dus de partijen in Suriname zijn niet langs etnische lijnen opgedeeld? Een functionerende rechtstaat en democratie? Uhm, ja, ik bewonder je optimisme. Suriname is a failed state. En dat heeft ernstig te maken met de etnische opdeling.  

Hy noem te veel om hier te herhaal, maar ʼn ander interessante aanhaling is:

Ik kan het verschil tussen een Hutu en een Tutsi niet zien. Ook niet tussen een sjiiet en een soenniet. Ze kunnen het helaas zelf wel. Dat heeft niks te maken met blank of gekleurd. Waarschijnlijk zit ergens diep in onze genen dat we een overzichtelijke groep willen hebben om mee te jagen of om een dorpje te onderhouden.

Uiteraard eis Suriname en Curaçao ʼn verontskuldiging van die minister. Die reaksies op Blok stem grotendeels ooreen. Dit is nie eers soseer die inhoud wat sonder enige nuanse is nie, maar veral die skynheiligheid wat pla. Wees reguit oor jou ongeligte opinies, dan kan ons daaroor gesels, en jou ʼn bietjie onderrig gee in die geskiedenis van die afgelope 300 jaar. Ja, die samelewings op die eilande en in Suriname ondervind probleme (soos enige samelewing), maar die superioriteitsgedagte agter Blok se verwysing na ’n failed state pla, en is ook nie waar nie. Bowendien vergeet Blok gemakshalwe van ʼn Nederlandse koloniale erfenis. Harriët Duurvoort haal in hierdie verband oudminister Jan Pronk aan wat sê:

Heel veel conflicten in de wereld zijn het gevolg van een koloniaal verleden. Dat is ook het geval geweest in Rwanda. Daar zijn de onderlinge verschillen tussen de Hutu’s en de Tutsi’s, die in vroeger tijden vreedzaam samenleefden, uitvergroot door de Belgische kolonisatoren, die iedereen identiteitskaarten gaven waarop stond of je een Hutu of Tutsi was; de Tutsi’s kregen een voorkeursbehandeling. De Tutsi’s zijn gaan geloven in hun eigen superioriteit doordat zij door de westerse kolonisatoren op een voetstuk werden geplaatst. Dat zie je eigenlijk in alle landen met een koloniaal verleden. Bestaande verschillen werden uitvergroot. Verdeel en heers. Dat hebben wij ook in Suriname en Indonesië gedaan. Geen kolonisator die zich daar niet schuldig aan heeft gemaakt. Veel landen betalen daar nu nog de prijs voor.

In macho-minister Blok se lesing is al die negatiewe aspekte van skinderpraatjies sigbaar. Dit is two-faced, lafhartig, venynig, ongenuanseerd en onwaar, en toon ook ʼn mate van selfverheerliking – kom laat ek, met my kennis, nou vir julle almal vertel wat ek en julle eintlik lankal weet, maar waarvan ek die guts het om dit ook openlik te noem.

Nou ja, openlik op ʼn beslote byeenkoms. Agterna spyt toon, help in wese niks nie; spyt word dikwels net betuig as iemand uitgevang word.

Los die vlooie, asseblief, minister Blok! Om ʼn reël van Ronelda Kamfer aan te haal in “owners’ response” uit grond/Santekraam: “moenie krap waarittie djikkie.”

Enkele verwysende artikels:

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top