Alfred Schaffer

Alfred Schaffer is ’n digter en poësievertaler. Hy skryf resensies oor Nederlandstalige poësie vir De Groene Amsterdammer, en sedert 2014 is hy ’n vaste dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy ma was van die Karibiese eiland Aruba, en sy pa was ’n Nederlander. Hy studeer Nederlands en toneelwetenskap in Leiden en behaal in 2002 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad.

Hierna was hy in Amsterdam werksaam as ’n redakteur by die literêre uitgewers Cossee en De Bezige Bij, waar ook sy eie poësie gepubliseer word. Sy debuutbundel, Zijn opkomst in de voorstad, verskyn in 2000. Hierna verskyn nog etlike ander digbundels, soos Schuim (2006), Kooi (2008), Mens dier ding (2014) en Postuum. Een lofzang (2016).

Sy digwerk is al dikwels bekroon, onder andere met die Paul Snoek-prys, die Awater Poësieprys, die Charlotte Köhler Prys, die Ida Gerhardt Poësieprys, die Jan Campert-prys en die Hugues C Pernath-prys, en sy gedigte is al in Engels, Frans, Duits, Spaans, Chinees, Sweeds, Turks en Indonesies vertaal.

In 2013 verskyn Kom in, dit vries daar buite by Protea Boekhuis, ’n keur uit sy eerste vyf digbundels, vertaal deur Daniel Hugo. Mens dier ding is deur Zandra Bezuidenhout in Afrikaans vertaal en in Desember 2018 deur Human & Rousseau uitgegee.

Tweespraak met Alfred Schaffer (deel 1): "Tussen elke taal is daar klowe, al glo ek nie dat hulle onoorbrugbaar is nie."

Alfred Schaffer, Yves T'Sjoen Interviews 2024-03-22

"Nee, de ónderwerpen, die spraken me aan, de vrijgevochten gekte van Etienne Leroux, het uitgesproken karakter van de geschriften van Steve Biko, de inventiviteit van J.M. Coetzee."

Ontvanger van P.C. Hooft-prys, Alfred Schaffer, ’n digter werksaam in die gebied tussen Afrikaans en Nederlands

Willem de Vries, Alfred Schaffer Actueel 2020-12-18

Die gesiene Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon en werk, is die ontvanger van die P.C. Hooft-prys in 2021 vir sy poësieoeuvre. Willem de Vries het met hom gesels.

Muchu gustu: Home is where the fiets is

Alfred Schaffer Meningen 2019-06-04

"Ek dink aan koerante besorg op die fiets om 5-uur soggens, as die son opkom in die somer, of deur winterse sneeu, wit soos papier, terwyl my vingers vries. Hoe betowerend en tjoepstil is dit nie as dit pas gesneeu het nie – die wêreld hou asem op; jy hoor net hoe jou fiets deur die knersende sneeu ploeg."

Muchu gustu: Oor fietse en stadsdigters

Alfred Schaffer Meningen 2019-05-09

"As my ma nog gelewe het, sou ek vir haar Bonevacia se Ik heb een fiets gekocht present gegee het. Om te wys dat jy ook sonder akademiese opleiding poësie kan geniet; om te wys dat daar in elk geval minstens nog een iemand is wat weet hoe dit is om te probeer aanpas, en inpas. Jy bly uitstaan, al kan jy balanseer."

Muchu gustu: "En dit licht/ dat straks uitdoven zal"

Alfred Schaffer Meningen 2019-03-28

"'As ’n mens sterf, brand ’n biblioteek af.' Onlangs het daar in die Surinaamse letterkunde ’n verwoesting plaasgevind, en ’n groot deel daarvan het sommer op een dag plaasgevind. Op Woensdag 19 Desember 2018 word die letterkunde beroof van twee groot digters, Michaël Slory en James Ramlall, wat onder die pseudoniem Bhai bekend was."

Muchu gustu: Oor sokker en melk

Alfred Schaffer Meningen 2018-11-20

"Ek mag verkeerd wees, maar mense soos Steve Biko, James Baldwin, Frantz Fanon, Maya Angelou en Martin Luther King sou dalk gesê het dat die stryd wat hulle gevoer het, nie belaglik gemaak moet word deur futiliteite oor melk drink nie. Miskien is dié ’n boodskap wat werk vir ons tye: 'Melk Verdeel, Sport Verenig.' Die Suid-Afrikaanse rugbyspan was miskien ’n bietjie stadig met Siya Kolisi wat nou eers die eerste swart kaptein is van die Bokke, maar die Nederlandse sokkerspan is gelukkig al vir ’n ruk ’n redelike weerspieëling van die samelewing."

Muchu gustu: Oor vlooie en "onderbuikgevoelens"

Alfred Schaffer Meningen 2018-08-13

"'Othering.' Ons doen dit elke dag. 'Roddelen', sê jy in Nederlands. 'Gossip' in Engels, 'klatschen' in Duits."

Muchu gustu: Oor vliegtuie en sitplekgordels

Alfred Schaffer Meningen 2018-06-12

"Dink jou in dat jy elke liewe dag, dag na dag, vreeslik hard en baie lank moet werk vir ’n appel en ’n ei, en dat jy, maak nie saak hóé hard jy werk nie, elke dag die evidente Ander is en bly."

Muchu gustu: ''Als ik mijn lach niet had''. Oor die Nederlandse rapper Typhoon

Alfred Schaffer Meningen 2018-05-04

"Dit wil lyk asof Typhoon, as ’n swart Nederlander, ’n voorbeeld is van hoe Nederland ’n diverse gemeenskap is, waar mense mekaar met ’n gevoel van gelykwaardigheid en respek benader."

Muchu gustu: Die eiland en die honde

Alfred Schaffer Meningen 2018-03-28

"Die ooreenkomste met die lewe op die Kaapse Vlakte is nie vergesog nie. Die debuut van Radna Fabias in Nederland kan wat my betref vergelyk word met die debuut van Ronelda Kamfer in Afrikaans."

Muchu gustu: Blank vs wit

Alfred Schaffer Meningen 2018-02-26

"Intussen kan ’n mens wel vasstel dat verskeie Nederlanders nog nie so ver is as die gedagte agter die titel van die digter Nathan Trantraal se nuwe boek nie: Wit issie ’n colour nie."

Muchu gustu: And that’s a rap. Oor Fresku

Alfred Schaffer Muziek 2018-01-23

"Kyk ’n mens spesifiek na sy solowerk, dan sien jy ’n kunstenaar wat betrokke is by die samelewing en ’n sterk en ingeligte mening het oor sake soos bevoorregting, kulturele toe-eiening en rassisme, en hy is nie bang om hom op baie direkte wyse hieroor uit te spreek nie."

LitNet-argief: Alfred Schaffer: gasskrywerskap by die Universiteit Leiden

Menán van Heerden, Alfred Schaffer Literatuur 2017-08-17

"Die Nederlandse taal bly ’n belangrike brug as dit gaan oor spesifiek Afrikaans en Nederlands, maar as ons praat van Suid-Afrika, dan is gedeelde ervarings nog belangriker as taal, en speel byvoorbeeld musiek en vertaalde literatuur ’n groot rol, juis deur die toenemende multikulturaliteit." 

LitNet-archief: Een lied van schijn en wezen

Alfred Schaffer Literatuur 2000-07-01

"Kwaadwillenden zouden mij een bastaard kunnen noemen, een woord met een pejoratieve connotatie, maar ik ben inderdaad blank noch zwart. Maar ik ben in Nederland geboren en niet op Aruba en voel me dus boven alles Nederlander, al speelt mijn Antilliaanse achtergrond zeker een verrijkende rol."

Verified by MonsterInsights
Top