Muchu gustu: Oor fietse en stadsdigters

  • 0

Ek onthou hoe my Arubaanse ma probeer leer het om fiets te ry, iewers in die jare ’80 van die 20ste eeu.

Op die eiland was fietsry nie ’n noodsaak nie; jy het gestap, en as jy iewers ver moes wees (maar wat is ver op ’n eiland van 180 km²?), dan vat jy die kar. Wel het ek dit aanvanklik vreemd gevind dat my ma nie kon swem nie.

Tot ek later agterkom dat daar méér mense was wat nie kon swem nie, of nie goed kon swem nie. Ja, die toeriste, hulle kon swem, maar die Arubane moes werk.

Om in so ’n klein gebied te leef sonder om te kan swem of te kan fietsry – vir my het dit altyd effens benouend gevoel, maar vir my ma was dit volkome vanselfsprekend.

Begin van die jare ’60 toe sy na Nederland gekom het om daar as ’n verpleegster te werk, het sy ’n tussenstop gemaak in New York vir ’n paar weke, en daar siek geword – te veel stemme, karre en reuke, en te min spasie, te min natuur.

As jy altyd veilig op ’n eiland gewoon het, die enigste kind van jou ouers, dan kan die anonimiteit van ’n stad soos New York ’n onmoontlike oorgang wees.

Hierna was Nederland ’n nóg groter oorgang; die klein huisies, die grou kleure van die stene, die strate, die klere, die lug.

Op Aruba was daar ’n groot huis, met ’n lekker kombuis om vir almal kos te kan maak; in Nederland net ’n piepklein kombuisie, langs ’n klein toilet, wat weer langs ’n klein donker woonkamertjie lê. En veral: so baie wit mense skielik, met allerlei vreemde kosse en eetgewoontes.

Tog het sy in Nederland bly woon, eers in Venlo, Limburg, waar sy my pa ontmoet het tydens karnaval, en later in Den Haag. Ek wens ek kon vir haar vra hoe sy haar verlange na die huis hanteer het. Die koue weer het haar siek gemaak en uiteindelik haar liggaam verwoes; haar eerste kind vroeg dood; haar ouers ver aan die ander kant van die ewenaar; diskriminasie, openlik of in die geheim, was iets waaraan sy dikwels blootgestel was.

Sy het hard probeer aanpas, en my en my suster probeer grootmaak binne ’n Nederlandse konteks, sodat ons nie sou uit voel nie. Dus Antilliaanse kos, ja, dit wel, en Sinterklaas.

Maar geen Zwarte Piet nie. Aanvanklik ook geen Papiaments nie, byvoorbeeld, die taal van haar land, die taal van haar hart. Later toe sy wou probeer om vir my haar moedertaal te leer, was ek ’n koppige en ongeduldige puber.

Ook by die tipies Nederlandse verkeer het sy probeer aanpas, byvoorbeeld deur te leer motor bestuur. Veral omdat my pa gesê het dat hy te ongeduldig is in die verkeer – hy gaan nog ongelukke veroorsaak.

Ek onthou nog hoe my ma elke keer weer haar bestuurstoets moes oordoen, tot sy agterkom dat sy, met haar rumatiek, eerder ’n outomatiese motor moet bestuur. Toe slaag sy sommer dadelik. Ons het nooit ver gery nie, soos na Frankryk of Duitsland nie, maar ons was darem mobile.

Maar, die fiets-ding. Ek onthou die aandoenlike egpaar – ek was 10 of 11 jaar oud, dalk ’n bietjie jonger. Die wit man en die swart vrou, op ’n Sondag op die verlate skoolplein naby ons woonbuurt, Teylingen. (Teylingen 47 – skielik onthou ek alles weer, selfs ons foonnommer.)

My pa het ’n fiets vir my ma gekoop, tweedehands, ’n “damesfiets met een groene fietstas”. Daar sien ek hulle weer, en my pa probeer sy geliefde leer hoe om fiets te ry – my ma, wat nog nooit op ’n fiets was nie en nou in haar 40’s.

Ek kan nie onthou hoe baie middae hulle dit probeer het nie – dalk 40 middae, dalk vier – maar in my kop is hulle steeds besig – ook al is daardie skoolplein nou ’n grasveld, sien ek as ek op Google Maps kyk. Daar is geen geluid nie; ek weet nie of hulle lag, praat of vloek nie, en of my ma baie keer omval nie. Wel weet ek dat sy dit nie reggekry het nie.

Die fiets het ons altyd gehou, as ’n aandenking, ook toe sy nie meer daar was nie, en tot my pa self ook opgehou het om te bestaan.

Snaaks hoe iets kleins jou kan laat terugdink aan ’n hele geskiedenis wat so persoonlik is dat niemand anders dit kan navoel of navertel nie.

My ma en die hele fietsbesigheid, hieraan moes ek dink toe ek onlangs lees dat Amsterdam ’n nuwe stadsdigter het. ’n Stadsdigter “becommentarieert twee jaar lang belangrijke gebeurtenissen in de stad.” Ook is daar ruimte vir eie inisiatiewe: Menno Wigman het in sy tyd ’n aand georganiseer rondom digters wat heeltemal vergete geraak het.

Die organisasie rondom die stadsdigterskap is in die hande van die Amsterdamse koerant Het Parool (wat die nuwe gedigte publiseer) en die SLAA (Stichting Literaire Activiteiten Amsterdam).  

Amsterdam se nuwe stadsdigter is Gershwin Bonevacia (1992). Hy is stadsdigter nommer agt, na Adriaan Jaeggi, Mustafa Stitou, Robert Anker, F Starik, Menno Wigman, Anna Enquist en K Schippers. (Dit is tragies dat Jaeggi, Anker, Starik en Wigman intussen oorlede is, almal veels te jonk.)

Gershwin Bonevacia (Foto’s: YouTube)

Bonevacia is ’n digter, skrywer en filosoof. Toef Jaeger skryf op 27 Maart in NRC Handelsblad dat die eerste sewe stadsdigters almal skrywers was met “een rijke staat van dienst, een stevige institutionele positie en een uitgeverij in de grachtengordel”:

Bonevacia daarentegen heeft één bundel op zijn naam staan: Ik heb een fiets gekocht, en gaf die in eigen beheer uit. Zijn aanwezigheid pakt hij ook anders aan, door voor te dragen op het podium, op festivals, in cafés, straks tijdens het Koningsdagconcert, maar ook al bij de herdenking van de Februaristaking in 2017.

In glasheldere taal beschreef hij de situatie: “Ik sta voor jullie. Jullie staan voor mij, dus wij staan voor elkaar.” Waarom hij daar stond, was even duidelijk: “Ik hoop voor altijd na de oorlog te blijven. Ik hoop ver van oorlog te blijven.”

Net als wat hij daar deed: “Dus vandaag staan we stil voor de Dokwerker, het beeld tijdloos. Een beeld voor wie strijd koos.” Dat is duidelijke taal, gericht op de situatie en op het publiek – die indruk maakte juist vanwege het ontbreken van omhaal van woorden.

Ik heb een fiets gekocht. Daardie titel. Ek is byna seker Gershwin Bonevacia weet, soos my ma, wat dit is om ’n fiets te koop as ’n poging om in en aan te pas. Dit is nie net ’n vervoermiddel nie, dit is ’n bewys van jou wens tot assimilasie, om by die nuwe samelewing te behoort.

Aanpassing was al vroeg deel van Bonevacia se lewe. Gebore in Nederland, word tussen sy tweede en tiende lewensjaar groot op Curaçao, waar sy ouers vandaan kom.

As hy en sy ma (sy ouers is intussen geskei) weer terugkeer na Nederland, het hy ’n taalagterstand omdat hy op die eiland altyd Papiaments gepraat het.

Eers later blyk dit dat die taalagterstand eintlik disleksie is, maar hy droom daarvan om ’n ruimtevaarder te word of ’n professionele sokkerspeler.

Uiteindelik keer sy ma weer terug na Curaçao, en gaan woon hy by sy pa. Skryf is sy redding, skryf Willemijn de Koning:

Het boek Long Walk to freedom van Nelson Mandela motiveerde hem te gaan schrijven en zo ontstond zijn eerste gedicht “Regendagen”, over zijn waardering voor de mindere dagen. Een kennis gaf hem op voor een open podium en hij won.

Hij kreeg een cursus dichten cadeau, waar hij enthousiast aan begon. Zijn docent had echter behoorlijk wat kritiek en daardoor stopte de jonge Gershwin met schrijven.

Een speech van Les Brown bracht de motivatie weer terug en hij pakte zijn pen weer op. Hij reisde elk open podium af dat er bestond en nam weer cursussen.

Bonevacia is iemand wat weet van teleurstellings, en ook hoe dit is om terugslae te oorwin. Uiteindelik beland hy in die wêreld van spoken word, en begin hy optree as digter en as gasspreker, en selfs as akteur, met ’n monoloog as Martin Luther King in De Nieuwe Kerk in Amsterdam, 2017.

Tog sien hy homself in die eerste plek as ’n digter, as ’n “poëet”, al is die performance deel van sy taal, wat ’n mens byvoorbeeld teruglees in sy eerste stadsgedig van 27 Maart 2019:

Ook als het regent

Ze hebben een stad naar ons vernoemd.
Door de bergen getrokken, maar ongevaard gebleven.
Kan niet helemaal beschrijven hoe we samen de stad heten,
of het licht temmen.
Wel dat we dansen, als kruisende straten in 1891.   

Het schild gedekt door een keizerlijke kroon.
Alsof we blauw dragen. Van de daken schreeuwen.
Hoe draag je blauw zo oranje?
Het maakt de gordijnen niet uit of we ons voor duister schamen,
de zon schijnt nog altijd de regen te herdenken.   

Ik heb veel van horen zeggen,
mijn achtertuin is ook een verhaal.
Dat we dieven zijn van mémorable, geen naam heugen.
Dat we ons herkennen in de muren. Dat ons gelach geheimen
afluistert, die alleen zichtbaar zijn als we niet kijken.   

Dat het klopt, onze naam, ook als we niet weten waar vandaan.
Ver vandaan nog steeds representen.
Dat het een begrip is, maar geen grip.
Alle kanten en alle goden. Dat het mooi is,
ook als het regent.    

Dat we nog steeds bestaan in relatie.
Alle realiteiten zijn constructief.
Het maakt in feite niet uit hoe we de stad heten,
we kunnen licht temmen, van de daken schreeuwen.
Er is een stad naar ons vernoemd.

Dit is ’n prestasie dat Bonevacia van skryf sy beroep kon maak. Sy eerste bundel is nie sommer ’n debuut nie – dit is ’n persoonlike mylpaal, wat hy 6 November 2018 selfs amptelik aangebied het aan die goewerneur van Curaçao, Haar Eksellensie Lucille George-Wout, in Willemstad op Curaçao. Bonevacia se lewensloop is die tipiese verhaal van iemand wat harder moet werk as sy wit leeftydgenote om homself te bewys, soos mens kan aflei uit sy onderhoud met De Koning:

Ik had voor mezelf gevisualiseerd waar ik naartoe wilde, dus ik moest het hebben van de mensen die daar al waren. Dat waren mensen die de Poetryslams wonnen of een gedichtenbundel uit hebben gebracht, maar die waren inderdaad allemaal wit. Dus ik had niemand waarin ik me kon herkennen, dat miste ik.

Wat mij uiteindelijk demotiveerde, is dat anderen mij door mijn huidskleur niet serieus namen als dichter. Mijn lerares op de cursus dichten bijvoorbeeld: zij zei dat ik niet goed kon dichten en misschien beter kon gaan rappen. Zij was mijn eerste docent, dus ik geloofde haar. Ik ben ervan overtuigd dat ze dat niet had gezegd als ik blank was.

Ik kende mezelf toen nog niet en wist nog niet goed waar ik heen wilde, dus liet me door haar vormen. Zo heb ik overwogen om te gaan rappen, want daarin herkende ik mezelf wél. Gelukkig liet mijn vader me later een speech horen waarin werd gezegd ‘Don’t let anyone’s opinion of you, become your reality.’ Zo heb ik mijn motivatie weer terug gekregen.

In ’n onderhoud met Afromagazine in 2018 sê Bonevacia dat hy steeds uitstaan by Nederlandse literêre geleenthede:

Er zijn niet zo heel veel zwarte schrijvers. Je valt op en daarnaast ben ik ook nog jong. En in Nederland is het schrijverschap – zeker poëzie – toch wel een oud wit bolwerk. Alleen mijn aanwezigheid al – dat roept de nodige vraagtekens op – of dat nou negatief of positief is.

Hierdoor letten mensen extra op mij. Daardoor kan ik mij geen verkeerde associaties of zinsopbouw/spelling veroorloven. [...] Daarom ben ik altijd extra goed voorbereid. Werk ik tweemaal zo hard en ken ik mijn teksten altijd uit mijn hoofd. Dat maakt dat ik twee tot drie keer zo goed ben.

In 1969 publiseer die bekende Nederlandse digter Rutger Kopland (1934–2012) sy derde digbundel, Alles op de fiets. Selfs in die poësie verken ’n mens die Nederlandse gemeenskap en ruimte op hierdie tipies “Hollandse” vervoermiddel. Die vanselfsprekendheid is veelseggend: as jy in Nederland woon, dan hét jy ’n fiets, dan wéét jy hoe om “te fiets”.

As my ma nog gelewe het, sou ek vir haar Bonevacia se Ik heb een fiets gekocht present gegee het. Om te wys dat jy ook sonder akademiese opleiding poësie kan geniet; om te wys dat daar in elk geval minstens nog een iemand is wat weet hoe dit is om te probeer aanpas, en inpas. Jy bly uitstaan, al kan jy balanseer.

Verdere leesstof:

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top