Sowat 70 organisasies van uiteenlopende sektore het ’n beroep op alle sektore van die samelewing gedoen om hulle daartoe te verbind om die integriteit van die afgelope week se verkiesings te handhaaf.
Die organisasies, wat burgerlike, geloofs- en sakeorganisasies insluit, het hulle deur middel van die Election Watch-waarnemerveldtog opnuut daartoe verbind om verkiesingstoesigwerk te doen wat polities onpartydig is.
Our Election Watch Observers are hard at work across the country, thank you for being active citizens.#ElectionWatch #DefendOurDemocracy #SAElections2024 pic.twitter.com/c3kedgSLZl
— Defend Our Democracy (@ForDemocracySa) May 29, 2024
Die organisasies, waaronder Campaign for Free Expression, Federasie van Vakbonde van Suid-Afrika, Freedom Under Law, die organisasie teen belastingmisbruik (Outa), Congress of Business and Economics en tientalle ander het hulle onwrikbare verbintenis tot vrye, regverdige en vreedsame nasionale en provinsiale verkiesings in Suid-Afrika bevestig. (Sien die volledige lys heel onder.)
Hulle sê in ’n gesamentlike verklaring verkiesings is bedoel om fel betwis te word. Dit moet egter nie lei tot valse dispute oor die verkiesingsuitslae bloot om chaos te veroorsaak of om politieke-party-agendas te bevorder nie. “Ons eis dat politieke partye en onafhanklike kandidate te alle tye die belange van die land eerste stel.”
Miljoene Suid-Afrikaners het Woensdag by stemlokale opgedaag om hulle kruisies te trek in wat beskou word as die mees betwiste verkiesing sedert apartheid in 1994 tot ’n einde gekom het.
Die organisasies eis dat partye en onafhanklike kandidate wat meeding, die Verkiesingsgedragskode nakom. Die kode verbied geweld en intimidasie en belet ondertekenaars om magsposisies of voorregte te misbruik om die verkiesingsuitkomste te beïnvloed.
Volgens die organisasies kan dit gedoen word deur te verseker dat hul lede by die oppergesag van die reg hou, insluitend onlangse uitsprake deur die Konstitusionele Hof.
Hulle het alle Suid-Afrikaners bedank wat gereageer het op die oproep om verkiesingswaarnemers te word. Dit gee volgens hulle betekenis aan hulle oproep dat die 30ste jaar van vryheid gekenmerk word as die Jaar van die Aktiewe Burger.
More than 5000 people from 130 organisations have registered as election observers for tomorrow. Proud to be one. ???????? @ForDemocracySa #ElectionWatch pic.twitter.com/BPe8t2kGsZ
— Zelda la Grange ©™✌ (@ZeldalaGrangeSA) May 28, 2024
Met die land se viering van 30 jaar van demokrasie, erken hulle die vordering wat gemaak is om Suid-Afrika van sy apartheidsverlede na ’n grondwetlike demokrasie te transformeer. Die organisasies sê daar moet egter ook erken word dat die land se demokrasie geërodeer is deur staatskaping, korrupsie en wanbesteding.
Enige koalisieregerings wat uit die afgelope verkiesing mag volg, moet volgens hulle gebou word op beleide en beginsels wat die land vorentoe sal neem.
Hulle sê dit kan nie bloot gaan oor politieke partye wat baklei om posisies nie, soos in verskeie munisipaliteite oor die laaste paar jaar gedemonstreer is.
“Ons eis dat alle koalisie-ooreenkomste publiek beskikbaar gestel word sodat politieke partye wat daaraan deelneem, tot verantwoording geroep kan word waartoe hulle instem.”
Suid-Afrikaanse kiesers voeg hulle vanjaar by miljarde mense van sowat 60 lande wat in 2024 aan een of ander vorm van verkiesings deelneem.
“Ons land het telkens sy vermoë getoon om kritieke politieke oomblikke suksesvol te navigeer. Hierdie keer vra die oomblik dat ons ondanks ons verskillende politieke keuses sal saamstaan om ’n gemeenskaplike verbintenis te verseker na vanjaar se verkiesing,” sê die ondertekenaars in hulle verklaring.
Die volledige lys organisasies wat die verklaring onderteken het, is die volgende:
- Active Citizens Movement
- Ahmed Kathrada Foundation
- Auwal Socio-Economic Research Institute NPC
- Business Unity South Africa
- Campaign for Free Expression
- Cape Town Ulama Board
- Centre for Good Governance and Social Justice NPC
- Congress of Business and Economics
- Corruption Watch
- Council of African Independent Churches
- Defend our Democracy
- Dialogue for Action
- Direct Democracy South Africa
- Educators For Humanity
- Federation of Unions of South Africa
- Freedom Under Law
- Fridays For Future South Africa
- Inclusive Society Institute
- Institute for African Alternatives
- Institute for Security Studies
- Isiziba Community Based Organizations of South Africa
- Johannesburg Against Injustice
- Krishna Rabilal Foundation
- Legal Resources Centre
- LenzPolitics
- Linali
- Ma’engere Film Productions
- Masibuyisane Mediate Works (Pty) Ltd
- Moral Regeneration Movement
- Mamusa
- Moselatshedimosho Mining Community Education and Training Centre
- MSA Union (Muslim Students’ Association Union)
- Msunduzi Association of Residents Ratepayers and Civics
- Ntwane Community Development Forum
- Organisation Undoing Tax Abuse
- People’s Keep Fit Club
- Privilege Foundation
- Progressive Tamil Movement
- Public Affairs Research Institute
- Right2Know Campaign
- Rivonia Circle
- SDCEA/ACM Durban Coalition
- Sham ul Islam Masjid
- Shito-Ryu Karatedo Institute
- Solidarity
- SOS Support Public Broadcasting Coalition
- South Africa First Forum
- South African Conversations
- South African Federation of Trade Unions
- South African Hindu Maha Sabha
- South African Informal Traders Forum
- South African Tamil Federation
- SoWeVote
- Strategic Dialogue Group
- Support Group for Survivors of State Capture at the South African Revenue Service Synergy Works Consulting
- SynNovation Solutions (Pty) Ltd
- Teddy Bear Foundation for Abused Children
- The Desmond and Leah Tutu Legacy Foundation
- The Evangelical Alliance of South Africa
- The Muslim Youth Movement of South Africa
- The Peace Centre
- Vulindlela Youth Development Institute South Africa
- Wattville Community Action Network
- Women’s Assembly Movement
- YMCA South Africa
- #StandUpSA
- #UniteBehind
- #YouthArise
- 350Africa.org