Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het hom teen ’n muur van kritiek vasgeloop toe hy ’n politieke speelbal gemaak het van die ou landsvlag se kleure wat toevallig op Nike se nuwe tekkies verskyn.
Die twietgierige minister, wat homself Fear Fokkol gedoop het, is deur twitterati van alle kleure en politieke oortuigings voor stok gekry.
Mbalula het Sondag ’n foto getwiet van die wêreldbekende handelsnaam Nike se nuwe tekkies wat toevallig dieselfde kleure het as die ou Suid-Afrikaanse landsvlag. Hy wou weet wat hierdie kleure is, want dit lyk alte veel na die ou landsvlag.
What are this colors @nikestore @Nike they look like old apartheid flag ? pic.twitter.com/04rTFQsZy3
— Minister of Transport |Mr Fix (@MbalulaFikile) December 8, 2019
Dis ’n skoen. Nie ’n vlag nie. “And Lesufi must be pissed. You beat him to the draw”, het iemand getwiet na aanleiding van Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, wat sy naam tydens die rugbywêrelbekertoernooi met ’n plank geslaan het in ’n twiet wat ook oor die ou landsvlag se kleure gegaan het.
Lesufi het ’n foto van ’n groep Springbokondersteuners by die toernooi op Twitter gedeel wat vrolik op die pawiljoene gesing het met die Suid-Afrikaanse vlag half verberg oor een van die ondersteuners se skouer gedrapeer. Lesufi het die vlag verkeerdelik vir die ou Suid-Afrikaanse vlag aangesien. Op Twitter het hy geskryf: “Daardie vlag bederf dit ongelukkig. Hierdie span @Springbokke behoort aan almal van ons.”
Foto: Unsplash.com
Nadat hy daarop gewys is hy het die kat aan die stert beet, en dat die vlag op die foto inderwaarheid die nuwe Suid-Afrikaanse vlag was, moes Lesufi stert tussen die bene om verskoning vra. Hy het erken hy het dit mis gehad en die nuwe vlag vir die oue aangesien.
“As hierdie ministers maar net soveel tyd spandeer het om hulle eintlike werk te doen eerder as om op soek te wees na enige iets wat hierdie kleure het,” het iemand na aanleiding van Mbalula se Nike-foto getwiet.
Baie mense het die spot gedryf en reageer met foto’s van stoele tot balle, speelgoed en kussings in oranje, wit en blou en wou weet of dit ook ’n doodsonde is.
No relaxing for our @MbalulaFikile in one of these pic.twitter.com/dESLpo0ZHe
— Lackadaisical ? NOT! (@StreicherSA) December 9, 2019
Niemand minder nie as een van Suid-Afrika se grootste atletiekhelde, Caster Semenya, het die minister ook voor stok gekry.
Semenya het op Twitter gesê sy wil nie disrespekvol wees teenoor die minister nie, maar dat sy kommentaar teleurstellend is, komende van een van ons leiers. “Na alles is dit net kleure” het sy geskryf. Sy het ook ’n foto getwiet van een van Johannesburg se metropolisievoertuie wat soortgelyke kleure het en wou by die minister weet of dít ook deel is van sy gesprek.
Is this also part of your discussion? pic.twitter.com/gCSPcsj36d
— Caster Semenya (@caster800m) December 8, 2019
Een van die min twitterati wat tot Mbalula se verdediging gekom het, meen die metropolisiemotor en die Nike-tekkies se gewraakte kleure was moontlik die werk van ’n witman. “Ja, ’n toevalligheid kan gebeur maar die oomblik wanneer mens dit besef, moet daar iets aan gedoen word. Hierdie kleure verteenwoordig die apartheidsvlag en moet ten alle tye veroordeel word.”
Most probably this was designed by a white man... Yes, a coincidence can happen but the minute you recognize that you need to do something. These colours resemble the apartheid flag and should be condemned at all times! pic.twitter.com/gZ0bczEg1Y
— Sibabalwe (@_sibabalwe) December 8, 2019
Onlangs was daar ook ’n hêrrie oor ’n oranje, wit en blou toksak wat deur Country Road in Australië ontwerp is. Die sakke was aanvanklik ook in Woolworths in Suid-Afrika te koop, maar is uit die winkels verwyder omdat die kleure te veel herinner het aan die ou Suid-Afrikaanse vlag.
Van die ander deelnemers aan die gesprek wou weet of daar nou gevra gaan word vir ’n wêreldwye verbod op sekere kleure. Verskeie voorbeelde van logo’s of embleme wat oranje, wit en blou is, is op Twitter gedeel.
There’s this place called New York City, you probably haven’t heard of it. pic.twitter.com/kN8DmmcUKo
— Trailduster6bt?? (@trailduster6bt) December 8, 2019
What, you mean like these colours. pic.twitter.com/N0GeXWsaEd
— Wayne Duvenage (@wayneduv) December 8, 2019
Verskeie mense het getwiet dat Mbalula as minister van vervoer nie sinnelose twitterboodskappe die wêreld instuur nie, en liewer moet fokus op die werk waarvoor belastingbetalers opdok, naamlik die land se vervoer, veral noudat die vakansieseisoen in volle swang is.
Nog ’n twittergebruiker het gesê dis geen wonder die land se misdaadsyfer is so hoog nie want die ministers en regering is so vasgevang en word so geïntimideer deur drie kleure dat hulle nie hulle werk kan doen nie.
Buro: MvHWith the holiday season in full swing, should a "transport minister" be on Twitter with frivolous tweets rather than being involved with the job that we the taxpayers pay him to do.@myanc useless cadre redeployment in Action!
Should this person be paid this month @CyrilRamaphosa— Johnny (@Airborne_4_Life) December 8, 2019