Terwyl miljoene Suid-Afrikaners reeds die paaie ingevaar het vir die Kers- en Nuwejaarsvakansie, toon voorlopige syfers ’n bemoedigende afname in padsterftes – ’n tendens wat volgens die Departement van Vervoer egter broos bly namate die spitsreistyd nog voorlê.
Volgens die minister van vervoer, Barbara Creecy, se middelseisoenoorsig, wat op 19 Desember bekendgemaak is, is daar van 1 tot 16 Desember altesaam 505 sterftes in 431 noodlottige padongelukke aangeteken. Dit verteenwoordig ’n afname van 20,8% in sterftes en 20,9% in noodlottige ongelukke in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024, toe 638 mense op die paaie gesterf het.
Minister of Transport Barbara Creecy announced that road fatalities have decreased by more than 20% compared to the same period last year. #RoadSafety pic.twitter.com/ssJSvlP96i
— Road Traffic Management Corporation (RTMC) (@TrafficRTMC) December 20, 2025
Die syfers beteken gemiddeld 32 sterftes per dag. Dit is die laagste Desember-gemiddeld in vyf jaar. Creecy skryf die verbetering toe aan versterkte wetstoepassing, meer padblokkades, grootskaalse opvoedingsveldtogte en 24-uur-patrollies op hoë-risiko-roetes regoor die land.
[ON AIR] The Department of Transport has reported
that an average of 32 people are dying on South
Africa’s roads every day since the start of December.
While this marks the lowest daily fatality average in
five years, Transport Minister Barbara Creecy says
the death toll remains… pic.twitter.com/6cN4cFgmcR— SAfmRadio 📻 (@SAfmRadio) December 22, 2025
“Dit wys dat volgehoue wetstoepassing en sigbare polisiëring ’n direkte impak het,” het sy gesê. Sy het egter gewaarsku dat die situasie vinnig kan versleg, aangesien die grootste volume vakansieverkeer eers ná middel-Desember op die paaie is. “Roekelose gedrag soos spoed, dronkbestuur en gevaarlike inhaal en verbysteek eis steeds onnodig lewens.”
Transport Minister Barbara Creecy says there's been a drop of more than 20% in road fatalities since the start of the season, compared to the same period last year. #Newzroom405's @ZinikokaMhlaba has been speaking to taxi owners and passengers from Cape Town.
Watch:… pic.twitter.com/5OPTaWpnif
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) December 19, 2025
Die waarskuwing volg te midde van verskeie ernstige ongelukke wat reeds plaasgevind het. Op 8 Desember is sewe mense, insluitend Mosambiekse burgers, dood in ’n tromp-op botsing op die N12 naby Ogies in Mpumalanga. Op 14 Desember is twaalf mense in twee afsonderlike ongelukke dood, onder meer in ’n tromp-op botsing op die N12 in die Noord-Kaap waar sewe mense, insluitend ’n baba, omgekom het. Verskeie ander ernstige botsings, meestal weens spoed en gevaarlike verbysteekvoorvalle, is ook aangemeld.
Provinsiale syfers tot middel-Desember toon dat KwaZulu-Natal die hoogste dodetal gehad het, met 88 sterftes in 85 ongelukke, gevolg deur die Wes-Kaap, met 66 sterftes in 55 ongelukke. Owerhede wys daarop dat botsings met voetgangers, tref-en-trap-voorvalle, enkelvoertuie wat rol en tromp-op botsings steeds die hoofbydraers tot noodlottige ongelukke is.
Why do we have so many head-on collisions, and how can we prevent them? https://t.co/3Nry7CIZbX #ArriveAlive #DistractedDriving #DriverTiredness #DrunkDriving #UnsafeOvertaking@TrafficRTMC @Dotransport @SAPoliceService pic.twitter.com/hoev81RImm
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) December 20, 2025
Wetstoepassing is intussen aansienlik opgeskerp. Van 1 tot 17 Desember is meer as 1 478 motoriste vir dronkbestuur in hegtenis geneem, terwyl duisende boetes uitgereik is vir oortredings soos te vinnig ry, onpadwaardige voertuie en die versuim om sitplekgordels te dra. Die Road Traffic Management Corporation (RTMC) en die Arrive Alive-veldtog fokus veral op hoë-risiko-roetes soos die N1, N2, N3 en verskeie provinsiale paaie.
Volgens die departement bly menslike foute die enkele grootste oorsaak van ongelukke, met ramings wat toon dat tussen 87% en 90% van alle botsings aan bestuurdergedrag gekoppel kan word. Owerhede herhaal daarom hul oproep dat motoriste nie drink en bestuur nie, spoedgrense moet gehoorsaam, gereeld moet rus op lang ritte en moet seker maak dat almal, veral kinders, behoorlik vasgegordel is.
A reminder that road safety requires ongoing commitment from all of us. Road users are urged to avoid speeding, reckless overtaking, drunk driving and distracted driving, especially using mobile phones while driving. #GovZAUpdates #RoadSafetyZA #ArriveAlive pic.twitter.com/94xXJkjM5x
— South African Government (@GovernmentZA) December 19, 2025
Padveiligheidskundiges en die Automobiel Assosiasie (AA) beklemtoon ook die belangrikheid van voertuigvoorbereiding. Motoriste word aangeraai om voor vertrek hul bande se loopvlak en druk, remme, ligte en vloeistofvlakke na te gaan. Bande bly een van die grootste oorsake van meganiese probleme en noodlottige ongelukke oor die feestyd, veral wanneer voertuie swaar gelaai is en lang afstande aflê.
Hoewel daar nog geen bygewerkte amptelike syfers vir ná 16 Desember beskikbaar is nie, sê die Departement van Vervoer die vroeë tendens is positief. Die toets lê egter in die komende dae wanneer verkeersvolumes verder toeneem.
“Die statistiek toon verbetering, maar elke bestuurder se keuses sal bepaal of hierdie feestyd werklik veiliger verloop,” het Creecy gesê. “Ons kan nie bekostig om selftevrede te raak nie.”
Amptelike statistiek en versekeringsdata bevestig dat sekere roetes jaar na jaar as die gevaarlikste uitstaan:
- N1: Pretoria na Polokwane en Kaapstad na Johannesburg, weens hoë volumes en roekelose inhaal en verbysteek.
- N2: Kaapstad na Durban, veral in KwaZulu-Natal, waar spoed, dronkbestuur en voetgangers ’n groot rol speel.
- N3: Johannesburg na Durban met swaar vragmotor- en busverkeer.
- N4: Pretoria na Mpumalanga en Mosambiek, waar toeriste en grensverkeer, met moegheid en spoed as risiko’s ’n rol speel.
- N12: Johannesburg na Kimberley met lang, stil dele sonder gereelde patrollies.
- Provinsiale paaie soos die R61 (Oos-Kaap) en R71 (Limpopo) se swak padtoestande en gemengde verkeer maak dit gevaarlik.
Creecy beklemtoon dat 87–90% van ongelukke aan menslike foute toegeskryf kan word. Sy herinner motoriste daaraan dat die meeste ongelukke nie “toevallig” is nie, maar voorkombaar. “Elke bestuurder, passasier en voetganger dra verantwoordelikheid. Ons kan nie aanvaar dat 9 400 sterftes per jaar normaal is nie,” sê sy.
