Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy die Stedelijk Museum waar die Amsterdamse fotograaf en kunstenaar Erwin Olaf se uitstalling tans vertoon word.
Van die beelde bevat naaktheid, so hou verby as dit jou sal ontstel.
YouTube-skakel na onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=sp8JwF-twss
