Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na ’n poësieprogram, aangebied deur Carina van der Walt uit haar digbundel Landluisteraar, op 11 April 2022, om 18:00 by NALN.
Wyno Simes sal met Carina gesels.
RSVP: annelien.naln@sacr.fs.gov.za
Landluisteraar bestaan uit gedigte wat geïnspireer is op kunswerke van die landkunstenaar Strijdom van der Merwe. Sy kuns het ’n besondere poëtiese kwaliteit. Die gedigte het ontstaan gedurende die jare wat Carina van der Walt aan Stilspraak, ’n monografie oor Van der Merwe, geskryf het. Saam vertel dit ’n verhaal van tuiswees in en uitreik na die landskap. Dit is die kwesbare wêreld wat ons daagliks dra en ons ruimte bied om te bestaan.
Landluisteraar is Carina van der Walt se debuut in Suid-Afrika nadat sy in 2015 as digter in Nederland gedebuteer het met Amalgaam. Hierdie Suid-Afrikaanse debuut is gevul met klankryke gedigte. Die digter gebruik haar stem as teenpool vir die kunstenaar wat na die landskap luister en in stilte skep. Van der Merwe teken soms met sy kuns beswaar aan wanneer mense die aarde aan lyding wil onderwerp. Toe Shell vir skaliegas wou kom boor in die Karoo, het hy uit protes Drawing Clouds in the Karoo (aangeheg) geskep. Dit is verwerk in die plakkaatgedig boom. Drawing Clouds in the Karoo het spontaan op ’n vingerklip in die Karoo tot stand gekom. Die digter sien die tekening van ’n kind daarin.
“Van der Walts emphatische poëzie is zonder vals sentiment en opgetrokken uit een taal van ongekende skoonheid die betowerend is.” – Hollands Maandblad
- Besoek gerus Carina van der Walt se webblad: www.carinavanderwalt.com.
- Die geleentheid word in samewerking met die Vriende van NALN-vereniging aangebied.
- Covid-regulasies sal geld.
- Parkering is beskikbaar langs die NALN-gebou uit Miriam Makebastraat.
- Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is geleë op die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.
- Kontak NALN: naln@sacr.fs.gov.za of skakel 072 260 7117 (Kurator: Wyno Simes)
- Vriende van NALN se Facebookblad is beskikbaar by die volgende skakel: https://www.facebook.com/vriendevannaln?fref=ts.