Persvrystelling: Literêre landskappe ‒ Suid-Afrika versus België

  • 0

Die Vrystaat Literatuurfees, in samewerking met Flanders Literature en die Algemene Afgevaardigde van die Vlaamse Regering in Suidelike Afrika, het vandeesweek ’n hele rits boek- en digkunsgesprekke met Vlaamse outeurs aangebied.

Die Vlaamse week word op Donderdag, 22 April op ’n hoë noot afgesluit.

Die gesprek gaan regstreeks vanaf 17.30 op die Vrystaat Kunstefees se Facebook-bladsy gestroom word en toegang is gratis: https://www.facebook.com/vrystaatkunstefees

🔵 Vlaamse Week Literêre landskappe: Suid-Afrika versus België 📆 22 Apr, 17:30 🔴 Vrystaat Kunstefees Facebook...

Posted by Vrystaat Kunstefees on Sunday, April 18, 2021

 

Vooraanstaande Suid-Afrikaanse skryfsters, Diana Ferrus en Ingrid Winterbach, ondersoek saam met sleutel Vlaamse skryfsters, Saskia de Coster en Annelies Verbeke, ooreenkomstes en verskille tussen die Suid-Afrikaanse en Belgiese literêre landskappe.

Kritiese vrae rondom inklusiwiteit, veral ten opsigte van die onderskatting van vrouestemme en die marginalisering van skrywers van kleur, sal vooropgestel word. Bibi Burger lei die gesprek.

Vir meer inligting, kontak Corneli van den Berg (Literatuurfees koördineerder):

072 802 0220
Corneli.vdberg@media24.com

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top