Politieke partye in Suid-Afrika is verdeeld oor ’n aanbeveling van ’n afgetrede regter dat vanjaar se munisipale verkiesing wat in Oktober moet plaasgevind, weens COVID-19 uitgestel moet word tot later.
Die DA en die Vryheidsfront Plus is teen die uitstel van die verkiesing gekant, terwyl die IVP en die EFF saamstem dat die verkiesing uitgestel moet word.
The DA has taken note of the Former Deputy Chief Justice Moseneke's report that it will not be reasonably possible for SA to hold free and fair elections on 27 October.
The DA will now study the report and communicate our next steps in due course.https://t.co/RG221xdHGU
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 20, 2021
ActionSA sê hoewel hulle teleurgesteld is met die uitkoms van regter Moseneke se verslag, behoort die verkiesing nie ten alle koste op die oorspronklike datum gehou te word nie. Die party sê in ’n verklaring die moontlike uitstel van die verkiesing moet voor die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se deur gelê word, omdat hulle nie die nodige voorsorg getref het sodat die verkiesing wel met die nodige voorsorgmaatreëls kan plaasvind soos elders in die wêreld nie.
The consequence of a delay in the election is the prolonged failed governance by political parties and councils based on the votes of South Africans more than five years ago.
To say a lot has changed in that time would be an understatement.https://t.co/sLX2dgDAqk
— ActionSA (@Action4SA) July 20, 2021
Die ANC is nie ten gunste daarvan dat daar onder die huidige omstandighede voortgegaan word om die verkiesing op 27 Oktober te hou soos wat beplan is nie.
Die voorstel om aan te beveel dat die verkiesing uitgestel word, is Dinsdag deur die voormalige adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke, aan die media bekendgemaak. Dit spruit uit ’n ondersoek deur Moseneke wat moes bepaal of dit moontlik is om op 27 Oktober ’n vrye en regverdige verkiesing te hou te midde van die COVID-19 pandemie.
Moseneke het sy finale verslag Dinsdag aan die OVK oorhandig. Hulle moet nou besluit of hulle sy aanbeveling gaan volg of nie.
The Electoral Commission today received the final report of the Inquiry into Ensuring Free and Fair Elections during Covid-19 from former Deputy Chief Justice Dikgang Moseneke. For the full report and statement visit: https://t.co/EpU8PuuCax pic.twitter.com/QYOsj7UKGo
— IEC South Africa (@IECSouthAfrica) July 20, 2021
Die OVK se adjunkvoorsitter, Terry Tselane, sê indien die verkiesing uitgestel word, sal die OVK met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, in gesprek tree. Sy sal dan die Konstitusionele Hof nader. ’n Motivering moet by dié hof ingedien word oor waarom die verkiesing uitgestel moet word. Die OVK bepaal ook nie die nuwe verkiesingsdatum nie; dit berus by die Minister. Moseneke het aanbeveel dat die verkiesing na Februarie aanstaande jaar verskuif word.
Die OVK sê in hulle verklaring hulle is terdeë bewus van die dringendheid om ’n finale besluit oor die datum te neem. Daar is reeds ’n kiesersregistrasieprogram geskeduleer wat die einde van die maand afskop. Die verwagting was dat Dlamini-Zuma die verkiesing op 2 Augustus formeel sou proklameer, wat die 86-dae-rooster voor die verkiesing sou laat begin. Daarom is dit belangrik dat die OVK binne die volgende paar dae ’n finale aanbeveling oor ’n verkiesingsdatum sal maak.
Een van die redes wat aangevoer word waarom die verkiesing uitgestel behoort te word, is dat te min mense nog ingeënt is en dat groot politieke byeenkomste ’n groot gevaar skep dat die virus weer vinnig kan versprei.
Dit is egter nie so maklik om die verkiesing uit te stel nie. Die Grondwet bepaal dat munisipale rade elke vyf jaar verkies moet word, binne 90 dae nadat die rade se termyn verval. Dit beteken dat vanjaar se verkiesing teen vroeg-November moet plaasvind, anders verg dit ’n wysiging van die Grondwet wat deur ’n tweederdemeerderheid in die parlement goedgekeur moet word.
Die EFF het gevra dat die OVK die aanbevelings van die Moseneke-kommissie aanvaar. Die party sê hy gaan ’n noodvergadering van die parlement aanvra sodat die nodige wysiging in die Grondwet aanvaar kan word.
Die DA sê hulle stem nie saam dat dit onmoontlik is om ’n vrye en regverdige verkiesing te hou nie. Die party sê in ’n verklaring massavergaderings en optogte is nie noodsaaklik vir ’n vry en regverdige verkiesing nie.
Argumente dat die verkiesing tot ’n toename in COVID-19-infeksies sal lei, hou volgens die DA ook nie steek nie, aangesien daar reeds verskeie plaaslike tussenverkiesings gehou is sedert die uitbreek van die pandemie. Verder dui die meeste wetenskaplike modelle se voorspellings volgens die DA in hierdie stadium daarop dat daar ’n baie sterk moontlikheid is dat die infeksiekoers in die periode direk voor en op 27 Oktober stabiel en selfs laag sal wees.