Die regering word uit alle oorde geroskam oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), waar 13 Suid-Afrikaanse soldate die afgelope week dood is.
Politieke partye eis dat president Ramaphosa self die land toespreek, en dring daarop aan dat hy Suid-Afrikaners oor die ware toedrag van sake in sy vertroue moet neem.
Die SANW het die bal Woensdag in die hande van die politici gegooi en gesê die kwessie van onttrekking van soldate uit die DRK sal polities bespreek word.
Die SANW-woordvoerder, Siphiwe Dlamini, het aan die SABC gesê: “Ek sal dit nie wil waag nie. Dit is ’n politieke ruimte. Ons adviseer wel vanuit die militêre oogpunt wat op die grond plaasvind en daardie saak sal aan politieke hoofrolspelers oorgelaat word. Daar is baie konsultasies tussen die Oos-Afrika-Gemeenskap, die SAOG self en die Verenigde Nasies. So dit is die vlak waar daardie besluite vandaan sal kom.”
Intussen gaan politieke partye voort om druk op Ramaphosa uit te oefen en word hy van alle kante gedruk om sy stem te laat hoor.
Die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, Chris Hattingh, sê in ’n verklaring Ramaphosa het versuim om leierskap te toon in ’n operasie wat hy gemagtig het. “In plaas daarvan keer meer liggame huis toe en meer belastingbetalersfondse is vermors. Die oorverdowende stilte van die President en Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, toon ’n gebrek aan deernis en doelbewuste weerhouding van inligting,” het Hattingh gesê.
🚨The tragic loss of 9 SA soldiers in the DRC highlights grave concerns over the safety and preparedness of our armed forces.
The DA urgently calls on the Speaker of the National Assembly to schedule a debate in Parliament regarding these critical issues. https://t.co/zv8ZVEAFQF
— Democratic Alliance (@Our_DA) January 27, 2025
Ander wat aangesluit het by die koor wat eis dat Ramaphosa die nasie toespreek, is Build One South Africa (Bosa), die ACDP, die Vryheidsfront Plus, GOOD en die EFF. Ander, kleiner partye, het ook al aangedui dat hulle antwoorde verwag.
GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê in ’n verklaring wat ’n edele vredespoging deur die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsending in die DRK was, dreig om deel te word van ’n volskaalse streeksoorlog.
The GOOD Party echoes the UN Security Council in condemning the offensive on the capital of Goma by M23 rebels and the support given to them by the Rwanda Defence Force.
Read ➡️https://t.co/KFRAokeu44#goodparty #SANDF pic.twitter.com/lALPDHEEeJ
— GOOD (@ForGoodZA) January 28, 2025
Hattingh sê Suid-Afrikaners het Dinsdagoggend wakker geword met ontstellende beeldmateriaal van soldate van die SANW wat ’n tydelike wit vlag na die M23-rebelle hys.
Did the Bela Act alone, EWC alone, and to safe @SANDF_ZA lives he has to consult, all of a sudden? pic.twitter.com/9uAIjRFlz2
— XstillBLOCKS (@dropball007) January 29, 2025
“Ons doen ’n beroep op die President om die nasie onmiddellik toe te spreek. Sedert die onlangse dood van nog meer troepe, het die SANW-bevelvoerder, president Cyril Ramaphosa, nog nie die nasie toegespreek om vertroosting te bied aan gesinne wat treur en Suid-Afrikaners van die veiligheid van ons Weermag te verseker nie,” het Hattingh gesê.
Hy sê met die konflik wat nou voor die VN-Veiligheidsraad lê, het Ramaphosa Suid-Afrika ook in ’n diplomatieke krisis laat beland.
Die ACDP het gesê die sterftes beklemtoon ook die gevolge van onvoldoende hulpbronne en ondersteuning vir ontplooide troepe om hul pligte uit te voer en veilig terug te keer huis toe.
Die party sê hulle het herhaaldelik verklaar dat die verdedigingsbegroting onvoldoende is vir die SANW om sy mandaat na te kom, en Suid-Afrika moet nie sy troepe in vredesbewaringsrolle ontplooi sonder die nodige hulpbronne nie.
Bosa het gesê dat Suid-Afrikaners te lank in die duister gehou word oor die ware motiewe en implikasies van die SANW se betrokkenheid by die DRK.
❗️[Media Statement]❗️It is time for President Ramaphosa to make a public statement following the killing of another 4 SANDF soldiers in the DRC#BuildOneSA pic.twitter.com/JQxmbv9KCo
— BOSA (@BuildOneSA) January 28, 2025
“Is ons betrokkenheid by die DRK ’n onbaatsugtige missie vir streekvrede, of is ons verstrengel in ’n gevaarlike geopolitieke spel wat deur hulpbronuitbuiting en private belange gedryf word? Dit kan net nasionale belange wees wat vereis dat militêre mag na ’n ander land ontplooi moet word,” het Roger Solomons, Bosa se waarnemende woordvoerder, gesê.
ActionSA sê hulle is woedend oor die tragiese verlies van die Suid-Afrikaanse soldate wat met te min hulpbronne gelaat is, terwyl Angie Motshekga in net vier maande meer as R10,4 miljoen aan luukse reise bestee het.
Nine families of South African soldiers who died under-resourced and outgunned in the Democratic Republic of Congo are mourning while the Minister of Defence and Military Veterans Angie Motshekga travels in luxury.https://t.co/RnpQrDfzE0
According to the Minister’s response to…
— ActionSA (@Action4SA) January 27, 2025
Die EFF se nasionale voorsitter en parlementêre hoofsweep, Nontando Nolutshungu, het die regering Dinsdag daarvan beskuldig dat dit nie die nodige politieke leierskap verskaf het nie, en growwe onbevoegdheid getoon het, asook sy plig versuim om die veiligheid en welstand van Suid-Afrikaanse troepe te beskerm.
Our soldiers are deployed without sufficient ammunition, equipment, or essential supplies.
Sending them into battle unprepared is sending them to their deaths!
Bring Them Home! pic.twitter.com/iyqNpZ8of4
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) January 29, 2025