In skrille kontras met sy voorganger, Jacob Zuma, het Cyril Ramaphosa sy getuienis voor die Zondo-kommissie op Woensdag 28 April sonder enige sweem van agterdog teen die kommissie begin.
Ramaphosa se getuienis voor die kommissie word allerweë as uiters belangrik beskou. Hy het sy getuienis Woensdag afgeskop met ’n lang verklaring waarin hy onder meer gesê het staatskaping is iets wat “nooit, nooit, nooit weer” mag gebeur nie.
The Commission is scheduled to hear evidence from the President of the African National Congress, Mr. Cyril Matamela Ramaphosa this morning at 10:00. https://t.co/rI364xPuMT#StateCaptureInquiry
— State Capture Commission (@StateCaptureCom) April 28, 2021
Ramaphosa getuig dié week voor die kommissie in sy hoedanigheid as president van die ANC. Hy sal volgende maand ook voor die kommissie getuig, in sy hoedanigheid as president van die land.
Ramaphosa se volledige openingsverklaring voor die kommissie kan hier gelees word.
— African National Congress (@MYANC) April 28, 2021
Ramaphosa het sy getuienis begin met ’n onomwonde standpunt dat die ANC die Zondo-kommissie se werksaamhede heelhartig ondersteun en respekteer. In teenstelling met Zuma, wat die kommissie by verskeie geleenthede sterk in die openbaar gekritiseer het, het Ramaphosa gesê dit was deurgaans die ANC se amptelike standpunt om die kommissie en sy werksaamhede te ondersteun en om met die kommissie saam te werk.
He says the ANC has consistently expressed its support for the objectives and the work of the commission. #StateCaptureInquiry
— State Capture Commission (@StateCaptureCom) April 28, 2021
Terwyl Zuma in sy getuienis voor regter Zondo ontken het dat daar iets soos staatskaping is, het Ramaphosa toegegee dat staatskaping wel bestaan. Hy sê indien dit toegelaat word om voort te duur, bedreig dit die groei, ontwikkeling en transformasie van die land.
He adds that if allowed to continue, they would threaten the achievement of the growth, development , and transformation of our country. #StateCaptureInquiry
— State Capture Commission (@StateCaptureCom) April 28, 2021
Van die vrae waarop Ramaphosa dié week antwoorde aan regter Zondo sal moet verskaf, is waarom die ANC so lank geneem het voordat daar besluit is om teen staatskaping op te tree. Daar is vroeër getuig dat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, reeds in 2011 op ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) inligting bekend gemaak het dat die Gupta-broers agter die skerms geweet het van sekere ministers wat in poste aangestel gaan word nog voordat die ministers self daarvan geweet het.
Daar is ook voor Zondo getuig dat daar reeds in 2013 op hoë vlak in die ANC by hulle integriteitskommissie aanbeveel is dat Zuma moet bedank, maar dat daar niks van gekom het nie. Gedurende dié tyd was Ramaphosa adjunkpresident van die ANC asook adjunkpresident van die land.
Advokaat Paul Pretorius wat die getuienis gelei het tydens Ramaphosa se eerste verskyning voor die kommissie, het gesê daar is drie kwessies wat die kommissie behoorlik moet ondersoek.
Die eerste is wat gebeur het gedurende die drie jaar waartydens die kommissie met sy ondersoek besig is. Tweedens is daar baie vrae wat die kommissie aan Ramaphosa wil stel om uit te vind hoe dit in die eerste plek moontlik is dat staatskaping op so ’n groot skaal kon plaasvind terwyl hy deel was van die ANC se leierskap. Die derde saak waaraan die kommissie aandag sal gee, is hoe om te keer dat so iets ooit weer in die toekoms gebeur.
Ramaphosa het na sy inleidende opmerkings gesê hy is gereed om kritiese vra voor die kommissie te beantwoord. Hy het die versekering gegee dat hy meer as bereid is om sy kant van die saak te bring sodat die kommissie agter die kap van die byl kan kom oor wat gebeur het.
Ramaphosa het tydens sy openingsverklaring toegegee dat dit lank geneem het om te erken tot watter groot mate staatskaping plaasgevind het in die land. Hy het gesê dit is egter nie genoeg om slegs die probleem te erken nie, maar dat die probleem ook aandag moet kry.
He says his submission, and the other submissions made on the ANC's behalf, are therefore intended to provide whatever information, context, and explanation the Commission may require. #StateCaptureInquiry
— State Capture Commission (@StateCaptureCom) April 28, 2021
Dit is in hierdie konteks dat Ramaphosa gesê het staatskaping mag nooi, nooit, nooit weer plaasvind nie. Hy het erken dat daar verdeeldheid in sy party is oor die saak, wat gronde geskep het vir korrupsie om te gedy.
Ramaphosa hou egter vol dat korrupsie nie deel is van die ANC se innerlike wese nie en sê dat die meerderheid lede van die organisasie sterk daarteen gekant is. Volgens hom het duisende ANC-lede hulle tydens die party se vorige nasionale konferensie daartoe verbind om korrupsie in die organisasie uit te roei en daarom het hulle die mandaat om dit te doen.