Die Amerikaanse president, John Biden, is deur president Cyril Ramaphosa genooi om ’n staatsbesoek aan Suid-Afrika te onderneem.
Die uitnodiging het plaasgevind tydens ’n gesprek vroeër die week toe Biden vir Ramaphosa gebel het om hom geluk te wens met sy onlangse verkiesing en die suksesvolle vorming van die RNE.
Die presidensie se kantoor het in ’n verklaring gesê datums sal deur die onderskeie diplomatieke spanne bevestig word.
SOUTH AFRICA AND THE UNITED STATES OF AMERICA TO DEEPEN BILATERAL TIES
President @CyrilRamaphosa and President @JoeBiden have expressed their shared commitment to advancing the special relationship between the two countries.
The Presidents expressed this commitment in a… pic.twitter.com/MU4JxG8ZTf
— The Presidency ???????? (@PresidencyZA) July 2, 2024
Diplomate het gesê dit beteken baie dat Biden die gebaar gemaak het om Ramaphosa te bel in ’n tyd waar hy tuis onder groot druk verkeer in ’n baie moeilike herverkiesingsveldtog.
Tydens hulle gesprek het Biden belowe dat die VSA nóú met die sewende administrasie in Suid-Afrika sal saamwerk in sleutelareas soos ekonomiese groei, werkskepping, maatskaplike ontwikkeling en klimaatsverandering, sowel as Suid-Afrika se presidentskap van die G20 in 2025.
Biden het bevestig dat hy Suid-Afrika sal besoek en aan die G20-vergaderings sal deelneem.
Die Amerikaanse ambassade sê in hulle verklaring die twee leiers het Suid-Afrika se RNE bespreek en ’n verbintenis van alle partye om in vennootskap te werk aan ’n groeiende ekonomie, beter werksgeleenthede, veiliger gemeenskappe en ’n regering wat vir sy mense werk.
President Joseph R. Biden, Jr. spoke with President Cyril Ramaphosa of South Africa to commend the Republic of South Africa for forming a Government of National Unity and to congratulate him on his recent re-election by the National Assembly.
Read the full statement here:… pic.twitter.com/MaEwpNL0DA
— US Embassy SA (@USEmbassySA) July 3, 2024
Hulle het ook die VSA en Suid-Afrika se bilaterale verhouding bespreek, asook areas van toekomstige vennootskap, insluitend leierskap in die G20.
Amerika sê hulle en Suid-Afrika is saam daartoe verbind om hulle samewerking te verdiep en hulle gedeelde belange te bevorder.
Intussen het regter Raymond Zondo gister (Woensdag) die ministers en adjunkministers van die sewende administrasie in hul onderskeie ampte ingesweer terwyl daar in Gauteng steeds tougetrek is oor die samestelling van ’n regering vir die provinsie.
President @CyrilRamaphosa and Chief Justice Raymond Zondo arrive at the @CTICC_Official for the Swearing-in Ceremony of the Deputy President, Ministers and Deputy Ministers of the 7th Administration. pic.twitter.com/IhCmFotnOk
— The Presidency ???????? (@PresidencyZA) July 3, 2024
Die nuwe minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het tydens die inhuldigingseremonie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum vir ’n ligte oomblik gesorg. Hoofregter Raymond Zondo het die inhuldiging hanteer. McKenzie, die leier van die Patriotiese Alliansie (PA), is in 1996 tronkstraf opgelê vir gewapende roof. Regter Zondo het aan McKenzie gesê hy kan na sy beëdiging sit. McKenzie het onder groot gelag gesê die vorige keer toe ’n regter vir hom gesê het hy moet sit, moes hy vir 10 jaar sit.
https://x.com/GaytonMcK/status/1808453430807052733
Onder die ministers wat ingesweer is en nie lede is van die ANC nie, was onder andere ook die leier van die DA, John Steenhuisen, vyf ander DA-ministers en ses DA-adjunkministers.
???????? And so it begins! Today, we swore in a new era of democracy for our beloved South Africa.
The DA National Executive members will ensure that every DA voter’s voice is heard where decisions are made. pic.twitter.com/LhPF9AbZ8N
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 3, 2024
Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, en die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, is ook ingesweer as lede van Ramaphosa se kabinet.
❗️Dr. Pieter Groenewald sworn in as Minister of Correctional Services
(The swearing-in ceremony of the new Deputy President, Cabinet Ministers and Deputy Ministers as Members of the National Executive #7thadministration) @GroenewaldPJ pic.twitter.com/UGJyQfqK4f
— VRYHEIDSFRONT PLUS / FREEDOM FRONT PLUS (@VFPlus) July 3, 2024
Ramaphosa sal die opening van die parlement op 18 Julie 2024 toespreek, het die presidensie vroeër aangekondig.
Ramaphosa het ’n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasionale Raad van Provinsies (NROP) belê vir die opening van die parlement en die President se lewering van die openingsrede van die parlement
“Die President het ’n beroep gedoen dat die opening van die parlement op Donderdag 18 Julie 2024 plaasvind, as ’n platform vir die President om die prioriteite van die sewende administrasie uiteen te sit,” het die presidensie in ’n verklaring gesê.
Die opening van die parlement sal vanjaar saamval met die Nelson Mandela Internasionale dag wat deur die Verenigde Nasies verklaar is.
Hierdie dag, wat die geboortedag van Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president is, is ’n wêreldwye viering en ’n dag van persoonlike en kollektiewe optrede tot eer van Mandela se nalatenskap.
“Die opening van die Parlement op hierdie dag is ’n gepaste huldeblyk, aangesien dit ’n beroep op individue en gemeenskappe doen om tyd te neem om oor Mandela se waardes en beginsels te besin en om ’n positiewe impak op gemeenskappe en wêreldwyd te maak,” het die presidensie gesê.