Die regering word uit verskeie oorde daarvan beskuldig dat hy behep is met sogenaamde Kubaanse kundigheid. Dit volg na ’n omstrede besluit om 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te laat kom om die Departement van Water en Sanitasie (DWS) te help om probleme met waterinfrastruktuur op te los en om hulle kennis te deel.
Die Kubaanse ingenieurs is deur die DWS in die land verwelkom.
[LIVE 🔴] Welcome ceremony of 24 Cuban Engineers 🇨🇺x🇿🇦
Facebook: https://t.co/JdnYPJiSr8
Pictured with: Deputy Ambassador Rebecca Hernandez#CubaEngineersInRSA pic.twitter.com/FQ7K4HCbQB
— Lindiwe Sisulu (@LindiweSisuluSA) April 22, 2021
We signed an agreement of corporation with the Cuban ambassador and we agreed that we will cooperate in the following areas:
1.The provision of geo-hydrological specialist and engineering services to rural areas and other disadvantaged communities within areas where such pic.twitter.com/jzyFhDH7bg
— Lindiwe Sisulu (@LindiweSisuluSA) April 22, 2021
[PICTURES 📸] Signing of the joint communique. #CubaEngineersInRSA 🇨🇺 x 🇿🇦 pic.twitter.com/crq0y85HmB
— Lindiwe Sisulu (@LindiweSisuluSA) April 22, 2021
Politieke partye en belangegroepe oor ’n breë spektrum beskuldig die regering daarvan dat hulle besig is om belastingbetalers se geld te vermors terwyl beskikbare plaaslike kundigheid oor die hoof gesien word.
Sover bekend, is die Kubaanse ingenieurs wat die werk moet doen, nie by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) geregistreer nie. Hul kwalifikasies het nie die nodige akkreditasie wat ECSA erken nie en daarom mag hulle onder meer geen plan afteken nie.
Politieke partye wat reeds sterk kapsie gemaak het teen hierdie besluit, is onder andere die DA, die Vryheidsfront Plus en Action SA.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs en die burgerregteorganisasie AfriForum het ook hulle ongelukkigheid uitgespreek oor die Kubaanse ingenieurs se koms na die land.
Die VF Plus sê in ’n verklaring die ANC se peperduur beheptheid met Kubaanse kundigheid is onbekostigbaar en onaanvaarbaar.
Die party sê dit plaas onnodige druk op ’n reeds dolleë fiskus en is ’n klap in die gesig van werklose Suid-Afrikaanse kundiges wat oor meer as genoeg kundigheid beskik om alles en meer te doen as dit waarvoor Kubane ten duurste die land ingebring word.
Die ANC se historiese bande en ideologiese verknogtheid aan ’n kommunistiese diktatuur het oor baie jare ’n swaar en vrugtelose las vir Suid-Afrika geword. @wouter_wessels https://t.co/wreFkHdzzU
— VRYHEIDSFRONT PLUS / FREEDOM FRONT PLUS (@VFPlus) April 20, 2021
“Die ANC se historiese bande en ideologiese verknogtheid aan ’n kommunistiese diktatuur het oor baie jare ’n swaar en vrugtelose las vir Suid-Afrika geword,” sê die VF Plus in hulle verklaring. “Ace Magashule, gewese Vrystaatse premier, het in die meer onlangse verlede gestalte gegee aan hierdie vriendskap toe hy in 2015 altesaam 37 Kubaanse ingenieurs as ‘tegniese raadgewers’ in die Vrystaat aangestel het.”
Die DA vra in hulle verklaring hoe verskil die ontplooiing van Kubaanse ingenieurs van vorige Kubaanse ontplooiing van sogenaamde kundiges wat die land miljoene gekos het maar niks kon uitrig nie.
ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê in sy verklaring dat die regering met hierdie besluit skade by die skande voeg van die sowat R400 miljoen wat spandeer is om Kubaanse dokters in te voer om met die stryd teen COVID-19 te help.
Mashaba sê die regering het in gebreke gebly om die nodige infrastruktuur in die land in stand te hou, te herstel en te vernuwe, wat tot ’n krisis gelei het. “Toe ek in 2016 burgemeester van Johannesburg geword het, was daar ’n agterstand van R177 miljoen onbefondste infrastruktuurprojekte.”
It is outrageous that the South African government has imported Cuban engineers to address our infrastructure problems, while South Africa has some of the best engineers in the world, who are
graduates from South African funded universities.https://t.co/jaBN6gif1y— Herman Mashaba (@HermanMashaba) April 20, 2021
AfriForum het die afgelope week ’n brief aan minister Lindiwe Sisulu gestuur waarin die aanstelling van die 24 Kubaanse ingenieurs bevraagteken word.
| MEDIAVERKLARING |
.@afriforum bevraagteken aanstelling van Kubaanse ingenieurs https://t.co/DYHvClMIHS
— AfriForum (@afriforum) April 20, 2021
AfriForum is ook van mening dat hierdie aanstelling ’n groot vermorsing van belastingbetalers se geld is. Die organisasie versoek in die brief dat die Kubaanse ingenieurs se ervaring en kwalifikasies bekendgemaak moet word, dat ’n verslag wat die water- en infrastruktuurprobleme uiteensit, beskikbaar gestel word en dat die departement ook ’n aksieplan voorsien van waar die ingenieurs gaan werk.
AfriForum sê in ’n verklaring hulle het male sonder tal reeds probeer om ’n vergadering met die Minister te belê oor die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelverslag waarin verskeie waterprobleme onder die loep geneem word.
“Ons beskik ook oor ’n lys ingenieurs en spesialiste wat afgetree is en ook mense wat steeds in diens is, wat meer as bereid is om die departement te help om hierdie probleme op te los. Dit is onaanvaarbaar om Kubaanse ingenieurs aan te stel terwyl Suid-Afrika bekwame en gekwalifiseerde ingenieurs het,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir omgewingsake.
Wouter Wessels van die VF Plus sê daar is verlede jaar 187 mediese personeel van Kuba die land ingebring om met die COVID-19-situasie te help terwyl daar plaaslik duisende werklose mediese kundiges was wat die werk kon doen.
Hy sê dit gaan duidelik nie oor die inbring van kundigheid tot voordeel van die land nie, maar ten koste van die land en al sy inwoners.