Die skroewe word al hoe stywer gedraai om Suid-Afrika se minister van polisie, Senzo Mchunu, namate ernstige bewerings van korrupsie en politieke inmenging teen hom opstapel.
Verskeie politieke partye, insluitend die DA, EFF en MK Party het klagtes teen Mchunu ingedien, wat die integriteit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en nasionale veiligheid onder die soeklig plaas.
Die vonke het begin spat na ’n plofbare mediakonferensie op 6 Julie 2025 deur KwaZulu-Natal se polisiehoof, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, by die KZN-polisiehoofkantoor in Durban. Mkhwanazi het Mchunu en die adjunk- nasionale polisiehoof, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, beskuldig van beweerde samewerking met misdaadsindikate en die beweerde inmenging in ondersoeke na politieke moorde.
IF A POLICEMAN IS HONEST IN SA....
He naturally has a problem and faces the wrath of all the bad police as well as the bad pol'U'ticians.Please complete this petition.
Voltooi asseblief die petisie.
Sicela ugcwalise lesi sicelo.To support Gen. Nhlanhla Mkhwanazi because we… pic.twitter.com/ziG0RWxqR7
— Les Cass Str👁🗨👁🗨tEye's© (@STREETMECHANIC) July 10, 2025
Volgens hom het Mchunu op 31 Desember 2024 ’n opdrag uitgereik om die taakspan vir politieke moorde, wat in 2018 gestig is om politieke geweld aan te pak, te ontbind sonder die goedkeuring van nasionale of provinsiale polisiehoofde. Dit het gelei tot die verwydering van 121 saakdossiere uit die taakspan se beheer in Maart 2025, wat nou by SAPS-hoofkantoor in Pretoria lê sonder verdere ondersoek.
Mkhwanazi het verder beweer dat bewyse op die selfoon van die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, wat in Mei 2025 vir poging tot moord gearresteer is, kommunikasie toon tussen Mchunu en Brown Mogotsi, ’n beweerde handlanger.
Die MK Party was een van die eerste partye wat die afgelope week strafregtelike klagte teen Mchunu en Sibiya by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien het, met verwysing na meineed en die belemmering van geregtigheid.
Tonight, MP David Skosana and the MK Party delegation opened a criminal case against Minister Senzo Mchunu and General Shadrack Sibiya at the Brooklyn Police Station. Follow the story on SABC News, DStv Channel 404. pic.twitter.com/GFlLv7LfUo
— uMkhonto WeSizwe Party (Official) (@MkhontoweSizwex) July 9, 2025
Die EFF het gister (10 Julie 2025) ook ’n formele klag teen Mchunu by die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange ingedien. Die klag, wat deur die EFF se hoofsweep, Nontando Nolutshungu, saam met ’n beëdigde verklaring ingedien is, beskuldig Mchunu van die oortreding van die Wet op Etiek vir Uitvoerende Lede en die Parlement se Gedragskode van 2014. Die EFF voer aan dat Mchunu se beweerde optrede die integriteit van die uitvoerende gesag en die parlement ondermyn, met verwysing na Mkhwanazi se bewerings oor Mchunu se band met die onderwêreld en die ontbinding van die taakspan om politieke misdadigers te beskerm.
♦️In Pictures♦️
The EFF National Chairperson and Chief whip, Commissar @NolutshunguN , alongside parliamentary whips, Commissar @veronica_mente, Cmsr @Sam_Matiase and Cmsr @HhMkhaliphi handing over an official affidavit to the Parliament's Ethics Committee regarding Minister of… pic.twitter.com/O0ozH3UN8y
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) July 10, 2025
Mchunu het die bewerings as “ongegrond” en “wilde aantygings” afgemaak. In ’n verklaring op 6 Julie 2025 het hy ontken dat hy Matlala ken of ooit met hom gepraat het, hoewel hy erken dat Mogotsi ’n “kameraad” uit Noordwes is. Hy het ook aangedui dat hy ’n hersiening van die R360 miljoen-SAPD-tender aan Matlala begin het toe vermoedens van onreëlmatighede opgeduik het, wat uiteindelik in Mei 2025 gekanselleer is.
Die DA se adjunkhoofsweep, Baxolile Nodada, die DA-woordvoerder oor intelligensie, Dianne Kohler-Barnard, en die DA-adjunkwoordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, het gister (Donderdag) hulle klagte by die polisie in Kaapstad ingedien en die media toegespreek.
[HAPPENING NOW]
The DA is currently outside the Cape Town central police station to lay criminal charges against Police Minister Senzo Mchunu, in the wake of allegations by KZN provincial commissioner Lt. Gen. Nhlanhla Mkhwanazi. pic.twitter.com/7yIKoZutz2— SABC News (@SABCNews) July 10, 2025
🚨 Today, the DA is laying criminal charges against ANC Minister Mchunu for lying to Parliament about his ties to Brown Mogotsi, with alleged links to criminal syndicates in SAPS. Lying to Parliament is a crime. While the President remains silent, the DA will fight for… pic.twitter.com/BmMdQCKHRF
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 10, 2025
Nasionale Vergadering-voorsitter Thoko Didiza het drie parlementêre komitees – die portefeuljekomitees oor polisie, justisie en grondwetlike ontwikkeling, en die gesamentlike staande komitee oor intelligensie – opdrag gegee om die bewerings dringend te ondersoek weens die “implikasies vir nasionale veiligheid”.
[WATCH] National Assembly Speaker, Thoko Didiza, has directed Portfolio Committees on Police, Justice and Constitutional Development, as well as the Joint Standing Committee on Intelligence, to look into Lieutenant-General Nhlanhla Mkhwanazi's corruption allegations. The… pic.twitter.com/ftlM8ynhXn
— SABC News (@SABCNews) July 9, 2025
Die ANC se integriteitskommissie het Mchunu en sy voorganger, Bheki Cele, ontbied om die saak te bespreek, terwyl president Cyril Ramaphosa, wat die Brics-leiersberaad in Brasilië bygewoon het, om kalmte gevra het en na sy terugkeer glo oor optrede sou besluit. Ramaphosa het na sy terugkeer nog nie reageer nie.
Benewens die DA en MK Party se kriminele klagte het die EFF en ActionSA ook Mchunu se bedanking geëis. ActionSA het ’n betoging in Durban gehou om optrede teen die krisis in die strafregstelsel te eis.
WATCH: ActionSA is piecketing in front of the KwaZulu-Natal provincial headquarters of the SAPS in central Durban to show support for Lt General Nhlanhla Mkhwanazi who made explosive allegations of corruption on Sunday.
The party is also demanding that the allegations he made be… pic.twitter.com/GIsxzAofHM— Sihle Mavuso (@ZANewsFlash) July 10, 2025
Openbare sentiment op sosiale media toon sterk steun vir Mkhwanazi en groeiende verontwaardiging oor die bewerings van korrupsie.
’n Selfoon wat in Matlala se sel gevind is, het verdere vrae oor sy aktiwiteite in aanhouding laat ontstaan, veral in die lig van Mkhwanazi se bewerings oor Matlala se rol in die omstrede SAPD-tender. Die taakspan se werk in Gauteng het ’n sindikaat ontbloot wat na bewering politici, polisie en regters insluit, met wapens wat aan hoëprofielmoorde gekoppel is, wat die erns van die bewerings versterk.
Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, het tydens die weeklikse media-inligtingsessie gesê dat die bewerings deur KZN se provinsiale kommissaris die fokus op integriteit, of gebrek daaraan, binne die hele strafregstelsel geplaas.
The Chairperson of the Portfolio Committee on Police, Mr @IanCameron23 said during the #WeeklyMediaBriefing that the allegations made by @SAPoliceService KZN Provincial Commissioner placed focus on integrity, or lack thereof, within the entire criminal justice system… pic.twitter.com/sIgeTMHXGy
— Parliament of RSA (@ParliamentofRSA) July 7, 2025
Die situasie bly hoogs gespanne, met toenemende oproepe om deursigtigheid en aanspreeklikheid. Die uitkoms van die parlementêre ondersoeke en die ANC se interne prosesse sal deurslaggewend wees vir Mchunu se politieke toekoms en die breër vertroue in Suid-Afrika se strafregstelsel.
