Kaapstad en omliggende gebiede het die afgelope langnaweek onder hewige storms deurgeloop. Verskeie mense is dakloos gelaat nadat ’n monsteragtige storm die provinsie geteister het met stormsterk winde en swaar reën.
Rampbestuursbeamptes moes Sondag deur die nag werk terwyl verskeie berigte ontvang is van paaie wat oorstroom is, huise wat beskadig is, bome ontwortel is en kragonderbrekings voorgekom het.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Sondag sy vlak 6-waarskuwing na vlak 9 opgegradeer in afwagting van strawwe weer in gebiede wat Overberg, die Tuinroete en suidelike dele van die Kaapse Wynland-distrik ingesluit het.
????☔️???? Disruptive rain resulted in flooding and damage to infrastructure in the Western Cape today, Monday, 25th September 2023. #heavyrain #flooding #southafricanweather #capestorm #strongwinds images supplied by @reenvalsa ????☔️????????https://t.co/zRoGVKJT6k
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) September 25, 2023
Die oranje vlak 9-weerwaarskuwing is die hoogste wat die provinsie nog gesien het.
From @CapeTownEtc ::#capeStorm ⛈️
credit ???? tarmactravels???? Please stay away from flooded areas and unpredictable coastal shores during the storm.
Disaster Management teams deployed across Western Cape. - 2023 pic.twitter.com/D7UDwvAShy
— ᑕᗩᑭE TOᗯᑎ (@CapeTown) September 25, 2023
Die Stad Kaapstad het Maandagoggend berig honderde wonings in informele nedersettings is deur die reën oorspoel.
Nooddienste het vier persone wat in ’n huis in die Strand vasgekeer was, bygestaan en na die Strand-brandweerstasie ontruim. Die dak is van ’n private eiendom in die middestad afgewaai, terwyl ’n woning in Houtbaai ook weens wind beskadig is.
Homes flooded, Strand, Gordon's Bay...#CapeStorm pic.twitter.com/xMFAuX1Jka
— Peché Africa ???????? (@pmcafrica) September 25, 2023
Die hoëvlakwaarskuwing het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, genoop om aan te kondig dat die provinsiale rampbestuursentrum op hoë gereedheidsgrondslag geplaas is.
Maandag was rampbestuurspanne nog op soek na drie mense wat as vermis aangemeld is ná die hewige oornagreën.
Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het Maandag tydens ’n inligtingsessie gesê een persoon is in die Groot Brakrivier meegesleur.
“Die deel van die pad met die brug is weggespoel met ’n motor op. Daar was twee mense in die motor en hulle het daarin geslaag om een te red. Hulle soek nog na die ander een, maar dit lyk nie goed nie,” het Bredell Maandag gesê.
Die ander twee mense is in Villiersdorp as vermis aangemeld, het Bredell gesê.
Die Stad Kaapstad moes een sluis by sy Wemmershoekdam oopmaak om oorstromings stroomaf te versag, terwyl twee omliggende riviere, die Lourensrivier en Eersterivier, hul walle oorstroom het terwyl die Wes-Kaap die gure weer moes trotseer.
Ontwortelde bome is in Houtbaai, Rondebosch, Macassar, Durbanville, Kuilsrivier en Woodstock aangemeld.
Oorstromings is ook in informele nedersettings aangemeld, insluitend Shukushukma; Sir Lowry’s Pass Village; Rastakamp; Riemvasmaak; 7de Laan in Sandvlei, Macassar; Ou Faureweg in Driftsands; Mfuleni; en Bellville-Suid.
Weens die wydverspreide skade aan elektrisiteitsinfrastruktuur wat in die Wes- en Oos-Kaapse kusgebiede veroorsaak is, is beurtkrag Maandag met onmiddellike effek in hierdie gebiede opgeskort om te verseker dat die tegniese spanne die toevoer van elektrisiteit veilig kon begin herstel.
Monday, 25 September 2023:
Due to the widespread damage to electricity infrastructure caused by flooding in the Western and Eastern Cape coastal areas, loadshedding will be suspended with immediate effect in these areas to ensure that the technical teams…
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) September 25, 2023
Premier Alan Winde en die provinsiale minister van plaaslike regering, omgewingsake en minister van ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het Maandag tydens hulle virtuele media-inligtingsessie die publiek op datum gebring met die Wes-Kaapse regering se rampbestuurreaksie op die gure weer wat talle streke in die provinsie raak.
Provincial Minister for Infrastructure, Minister Tertuis Simmers, Director-General of the Western Cape Government, Dr. Harry Malila, and I are about to receive a briefing on the current situation in the Western Cape. ????️
WATCH: https://t.co/E4kOJRJZ4k pic.twitter.com/a3cgzDtHAM
— Premier Alan Winde ???????? (@alanwinde) September 25, 2023
“Die Provinsiale Rampbestuursentrum (PDMC) het al ons pogings gekoördineer om die situasie te bestuur,” het die premier gesê. “Ek wil graag alle Wes-Kaapse regeringsdepartemente bedank, sowel as ander staatsdepartemente, ons noodspanne wat eerste op die toneel was, wetstoepassingsvennote en NRO’s wat onvermoeid gewerk het om inwoners veilig te hou en te help om die impak van hierdie ramp so ver moontlik te versag.”
Winde het ’n beroep op inwoners gedoen om kalm te bly en geen onnodige risiko’s te neem nie.
Bredell het gesê daar was uitgebreide oorstromings regoor die provinsie. “Die volgende 12 uur gaan baie moeilik wees. Maar ons noodspanne het uitstekende werk gelewer om lewens te red, wat altyd ons eerste prioriteit is in situasies soos hierdie. Die harde werk van ons spanne oor ’n aantal jare om vir noodgevalle soos hierdie voor te berei, is ook gedemonstreer in hoe ons gereageer het.”
Schalk Carstens, waarnemende hoof van die stad se rampbestuursentrum, het gesê die sentrum en al sy entiteite het dae vooruit voorberei vir die koue front.
Die weerstelsel het Maandag na die Tuinroete-streek beweeg, maar dit is vir eers na vlak 6 afgegradeer.
Assesserings oor die omvang van die skade sal mettertyd uitgevoer word wanneer dit veilig is om dit te doen.