Die minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste, Stella Ndabeni-Abrahams, wat deur president Cyril Ramaphosa op twee maande spesiale verlof geplaas is omdat sy die regulasies tydens die staat van inperking oortree het, kan dalk ook strafregtelik vervolg word.
Die EFF het Woensdag ’n kriminele klag teen die minister gelê by die Douglasdale polisiestasie in Sandton terwyl die DA ook vra dat sy krimineel vervolg word.
EFF National Spokesperson @vuyanipambo at Douglasdale Police Station laying criminal charges against Minister Stella Ndabeni-Abrahams and Mduduzi Manana for breaching lockdown regulations as stipulated by government. pic.twitter.com/RxRrxiUtqs
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) April 8, 2020
Ndabeni-Abrahams het die afgelope naweek middagete by vriende se huis geniet, waarna ’n foto van die gesellige ete soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het. Suid-Afrikaners was woedend hieroor en het geëis dat daar teen haar opgetree word.
Die DA se skaduminister van kommunikasie, Phumzile van Damme, sê die president moes ’n strenger sein aan die land gestuur het en haar afgedank en ook ’n kriminele klag teen haar gelê het.
Sy sê as die president nie ’n kriminele klag teen haar lê nie, behoort hy ten minste die nasie toe te spreek saam met die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris om Suid-Afrikaners te verseker die polisie sal teen Ndabeni-Abrahams optree. Hier is ’n klanksnit van Van Damme se reaksie.
Sy sê die president se aankondiging dat hy Ndabeni-Abrahams gesensureer het, is darem beter as niks. Dit is veel meer as wat hulle van die regerende party verwag het. Van Damme sê mens kan egter nie ’n vis prys omdat hy sy vinne beweeg om te swem nie.
Volgens die DA is Ndabeni-Abrahams se verskoning te min te laat.
Foto: YouTube
Een van die twee maande verpligte verlof waarop sy geplaas is, sal onbetaalde verlof wees. Verskeie mense het op Twitter gesê die minister behoort gearresteer te word. Hulle meen daar behoort op dieselfde wyse teen haar opgetree te word as teen die bruidspaar wat verlede naweek deur die polisie in hegtenis geen is omdat hulle in stryd met die regulasies ’n huweliksonthaal gehou het waarheen baie gaste genooi was.
#stellandabeni #ArrestStellanow #ArrestStella
Stella must be arrested
Stella must be arrested
Stella must be arrested
Stella must be arrested pic.twitter.com/0MyT41yh5i— Akhona Mxhosana (@aico_xhosa) April 8, 2020
Stella’s Apology for breaking the Lockdown regulations. So Mdu Manana, was lying when he said “communications minister Stella Ndabeni-Abrahams was picking up masks and protective gear from his home before she sat down for lunch.” 😔 😢 😭 😂 #stellandabeni #MduManana pic.twitter.com/UpZVzRacCF
— Man’s NOT Barry Roux (@AdvoBarryRoux) April 8, 2020
Die president het Ndabeni-Abrahams Dinsdag ontbied waar sy hom om verskoning gevra het. Die president wou nie die versagtende omstandigede aanvaar wat sy as verskoning aangebied het nie. Sy het aangevoer die ete was tydens die loop van haar werksverpligtinge om maskers en sanitêre seep by iemand te gaan haal. Ramaphosa het opdrag gegee dat sy ook die nasie in die openbaar om verskoning vra vir haar gedrag, wat sy toe op Facebook gedoen het.
Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, sal waarneem terwyl Ndabeni-Abrahams op spesiale verlof is.
Die DA sê hulle is bekommerd dat Ndabeni-Abrahams se optrede tot verdere ongehoorsaamheid gaan lei by mense wat hulle nie aan die regulasies steur nie.
“Die woede onder Suid-Afrikaners wat by die huis bly; hulle werk en inkomste verloor het omdat hulle by die huis bly; diegene wat die risiko loop om ’n kriminele rekord te kry omdat hulle nie by die huis gebly het nie; diegene wat aangerand en verneder is; en die families wat geliefdes verloor het as gevolg van die brutale wetstoepassing deur die polisie om by die huis te bly is verstaanbaar,” sê die DA na aanleiding van die minister wat tot dusver lig daarvan afgekom het.
Die DA sê die land staar die grootste krisis sedert die koms van demokrasie in die gesig en ’n saak soos hierdie behoort met die grootste erns hanteer te word.
Ramaphosa het nie die moontlikheid uitgesluit dat die minister verder vervolg sal word nie. Hy het gesê die wet moet sy gang gaan wat dit betref.
“Die landwye inperking vra vir absolute gehoorsaamheid van alle Suid-Afrikaners. Lede van die nasionale uitvoerende gesag het ’n spesiale verantwoordelikheid om ’n voorbeeld te wees vir Suid-Afrikaners wat groot opofferings moet maak,” het hy gesê.
“Nie een van ons – veral nie ’n lid van die nasionale uitvoerende gesag – mag ons nasionale poging ondermyn om lewens te red tydens hierdie uiers ernstige situasie nie.” Ramaphosa sê hy is tevrede die minister besef die erns van haar daad en dat niemand bo die reg verhewe is nie.
Buro: MvH#COVID19 | PRESIDENT CENSURES MINISTER STELLA NDABENI-ABRAHAMS FOR LOCKDOWN LUNCH
President @CyrilRamaphosa has placed Minister of Communications and Digital Technologies Ms Stella Ndabeni-Abrahams on special leave for two months – one month of which will be unpaid.
— Presidency | South Africa 🇿🇦 (@PresidencyZA) April 8, 2020