Studente eis ondersoek oor taalregte by US

  • 0

’n Groep Afrikaanse studente by die Universiteit Stellenbosch (US) eis ’n oudit van alle studentegemeenskappe oor taalpraktyke, opleiding rakende meertaligheid, en die regstelling van beweerde onregte.

Die groep studente, onder die vaandel StudentePlein, vra vir ’n behoorlike ondersoek na taalklagtes rondom die vermoedelike verdrukking van Afrikaans in studentegemeenskappe. StudentePlein is ’n Afrikaanse taalorganisasie wat studente met akademiese hulp bystaan in hulle eie taal.

Dit volg op die jongste taalstryd wat op die kampus uitgebreek het na beweerde taaldiskriminasie teen studente wat in hulle koshuise Afrikaans met mekaar praat.

Die groep sê in ’n verklaring hulle is nie heeltemal tevrede met verduidelikings waarom die vermoedelike voorvalle van taaldiskriminasie tydens verwelkomingsweek nie met dieselfde erns en inisiatief as geskiedkundige verwelkomingsvoorvalle hanteer is nie. 

’n Vergadering het op 19 Maart tussen direkteure van StudentePlein en Pieter Kloppers van die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG) plaasgevind om die klagtes te bespreek. StudentePlein het onderneem om besonderhede van taalklagtes oor die beweerde verdrukking van Afrikaans in studentegemeenskappe met die SSG te deel sodat daar ’n behoorlike ondersoek kan plaasvind en regstelling versoek kan word.

Solidariteit Jeug het hulle intussen by StudentePlein geskaar en ondersteuning beloof in die stryd vir Afrikaans op die kampus teen enige taalwanpraktyke wat ongrondwetlik is.

Solidariteit Jeug sê in ’n verklaring hulle het met hulle regspan vergader en is bereid om te litigeer indien die SSG versuim om daadwerklike ondersoek te doen of gehoor te gee aan StudentePlein se versoeke.

StudentePlein se versoeke sluit die volgende in: ’n oorsig oor die ondersoek, ’n oudit van alle studentegemeenskappe oor taalpraktyke, opleiding rakende meertaligheid, en die regstelling van beweerde onregte.

Die hoof van Solidariteit Jeug, Juran van den Heever, sê dit is verblydend om te sien hoe studente deur middel van sulke studenteorganisasies opstaan vir hulle grondwetlike regte. “Ons by Solidariteit Jeug sal alles in ons vermoë doen om hulle by te staan waar nodig. Ons het definitief meer sulke drukgroepe onder die jeug nodig,” het Juran gesê.

Solidariteit Jeug is tans ook besig om hulle kommentaar oor die taalbeleid van die US te finaliseer en sê hulle sal dit eersdaags indien.

StudentePlein sê as die SSG of Afdeling: Studentesake nie daadwerklike ondersoeke gaan doen of strukturele veranderinge aanbring aan meertaligheidsbestuur nie, sal hulle buitekanale moet gebruik om hulle lede te beskerm. “Ons verseker lede dat ons nie bereid is om leë woorde en ’n versuim om op te tree, goedsmoeds sal aanvaar nie. Deur inligting oor taalwanpraktyke te deel, sal die SSG ’n ondersoek oor die voorvalle in onder andere Irene, Minerva, Huis Francie van Zijl en die AmaMaties-kluster van gemeenskappe kan loods.”

Die groep sê dit sal hulle in staat stel om die reikwydte van vermoedelike misverstande asook beweerde moedswillige optrede jeens moedertaal deur studenteleiers te peil. Die inligting sal ook as roetekaart kan dien om ’n oudit van koshuis- en PSO-gemeenskappe van stapel te stuur sodat die vlak van onkunde oor meertaligheid bepaal kan word.

Hulle sê Kloppers het onderneem dat regstelling in die geaffekteerde studentegemeenskap moet plaasvind.

“Dit kom daarop neer dat huisleiers aan studente om verskoning sal moet vra waar daar gevalle van taalonderdrukking was. Dit behels ook dat die gees van verleentheid en vrees aktief teëgewerk moet word. Dit mag ook dissiplinêre optrede insluit na gelang van die geval.” 

StudentePlein sê hulle aanvaar wel dat die SSG graag ’n nuwe koers wil inslaan. Hier is nou volgens hulle ’n gulde geleentheid om strukture vir die behoorlike bestuur van veeltalige leefomgewings op te rig, pleks daarvan om die vermoedelike onregmatige en ondeurdagte slegs-Engels-benadering te handhaaf.

“Ons onderneem aan ons lede dat ons ’n fyn en kritiese oog oor elke stap van die oorsig, oudit, opleiding en regstellingsprosesse sal hou. Ons moedig ook ons lede en alle studente aan om ons by te staan in ons werk om die US-bestuur op hierdie wyse verantwoordbaar te hou.”  

Lees ook op LitNet:

Persverklaring: Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)

US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

’n Taalbom bars al weer in Stellenbosch

Student protest: Coming up on this season of #FeesMustFall

US-taaldebat 2021: Is die Universiteit Stellenbosch besig om Afrikaanse studente te ont-taal?

US-taaldebat 2021: Toe, wanneer word jy baas oor ’n ander se mond?

SU language debate 2021: Inside the anxious world of the taalstryders

US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid

US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies

Uit die argief: Is Afrikaans uitheems?

Uit die argief (2006): Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid

Is jou ouma ook ’n donkie?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top