Suid-Afrika se toerismesektor glimlag weer breed nadat Covid die bedryf ’n harde knou toegedien het.
Miljoene oorsese besoekers het volgens die jongste syfers wat Statistiek SA in November oor toerisme en immigrasie vrygestel het, na Suid-Afrika gestroom. Toeristebestemmings in veral die kusgebiede berei hulle voor vir ’n rekordsomerseisoen namate binnelanders ook vir hulle Desembervakansie na die kus stroom.
Die verwagting is dat ook binnelandse toerisme in die komende maand gaan blom.
Volgens Statistiek SA toon roetinedata wat deur die Departement van Binnelandse Sake se immigrasiebeamptes ingesamel is, dat ’n totaal van 2 582 023 reisigers in November 2023 deur Suid-Afrikaanse lug- en seehawens beweeg het.
Hierdie reisigers het uit 647 542 Suid-Afrikaanse inwoners en 1 934 481 buitelandse reisigers bestaan.
’n Vergelyking tussen die bewegings in Oktober 2023 en November 2023 dui aan dat die volume van aankomste en afvlugte vir Suid-Afrikaanse inwoners afgeneem het, maar vir buitelandse reisigers toegeneem het.
In die Wes-Kaap was die post-Covid groei van die toerismesektor noemenswaardig. Tussen 2021 en 2022 is 154 442 toerismewerksgeleenthede in die provinsie geskep, wat die totale aantal werksgeleenthede wat deur hierdie sektor ondersteun word, op ’n indrukwekkende 214 909 te staan bring.
In die agt maande tussen begin April en einde November 2023 het geteikende vaardigheidsprogramme wat deur die Wes-Kaapse regering se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in vennootskap met die private sektor aangebied is, gelei tot 2 772 werksgeleenthede vir voorheen werklose jongmense in die Wes-Kaap in sleutel- strategiese en geteikende groeisektore.
Die provinsie se minister van finansies en ekonomiese aangeleenthede, Mireille Wenger, sê in ’n verklaring daar is in die Wes-Kaap sedert 2021 byna 160 000 werksgeleenthede geskep. Sy !!! sê hierdie prestasie het nie toevallig gebeur nie, en is die gevolg van harde werk, strategiese ondersteuning en kritieke vennootskappe met die private sektor om sake te ondersteun en in staat te stel om te doen wat hulle die beste doen, naamlik om werk te skep.
“2023 was ’n jaar van werk en groei in die Wes-Kaap. Sonder ’n groeiende poel van talent kan ons egter nie hoop om die ontsaglike potensiaal van ons ekonomie ten volle te benut of ons jongmense die geleenthede te gee wat hulle nodig het om sukses te behaal nie. Hierdie sentiment vorm ’n kerndeel van die Wes-Kaapse regering se ekonomiese aksieplan ‘Groei vir Werksgeleenthede’.
“Dit is hoekom ons sal voortgaan om hard te werk, saam met ons vennote, belanghebbendes oor alle regeringsvlakke, ons internasionale vennote, beleggers, en die private sektor, om te belê in die regte kwalifikasies, vaardighede en ondervinding vir poste wat tans en in die toekoms beskikbaar sal wees,” het Wenger gesê.
Listen to @Vosjames, Mayoral Member for Economic Growth, as he shares details on pocket-friendly experiences, sparking economic opportunities through accessible tourism. Explore exciting products and places at https://t.co/TJD6JLs6gJ. #CTNews #LoveCapeTown pic.twitter.com/eSTjrp8Dxn
— City of Cape Town (@CityofCT) December 20, 2023
Kaapstad het verlede maand ook ’n toerismeveiligheidsinisiatief van stapel gestuur met die oog op die feesseisoen.
Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê veiligheid sal ’n prioriteit wees en sowat 4 000 uniformlede van die stad se wetstoepassing- en nooddienste sal gedurende die vakansieseisoen aan diens wees.
Early morning boots on the ground today! ????♂️☀️
I patrolled around Signal Hill with residents and Metro Police early this morning. We are commited to protecting Table Mountain for all ???? @CityofCT @SANParks pic.twitter.com/HlUpaJuboM
— Geordin Hill-Lewis (@geordinhl) December 14, 2023
“Afgesien van SAPD- en munisipale misdaadvoorkomingsaktiwiteite stel die stad ’n spesiale ontplooiing van 80 personeellede beskikbaar vir toegewyde veiligheidspatrollering van toerismeroetes by Seinheuwel, Leeukop, Duiwelspiek, Tafelberg-roetes, die Bo-Kaap, Waterfront en middestad,” het hy gesê.
Sowat R860 miljoen is die afgelope drie jaar in veiligheid- en sekuriteitstegnologie belê, insluitend hommels, paneelbordkameras, outomatiese nommerplaatherkenningstoerusting en kringtelevisiekameras.
In Durban het prominente rolspelers in die toerismesektor die regering gevra vir vinnige ingryping te midde van die onverwagte sluiting van ses strande weens besoedelde water.
Die Gefedereerde Gasvryheidsvereniging van Suid-Afrika (Fedhasa) en Satsa, wat inkomende toerisme verteenwoordig, het ’n beroep gedoen op die eThekwini-munisipaliteit om die watergehaltekwessie wat tot hierdie sluitings gelei het, dringend aan te pak. Onlangse assesserings wat deur beide die munisipaliteit en Adopt-A-River gedoen is, het ontstellende hoë vlakke van E coli onthul.
Nomusa Dube-Ncube, premier van KwaZulu-Natal, sê sy is tevrede met die vordering wat gemaak is om te verseker dat Durban se swemstrande water van goeie gehalte het.
KwaZulu-Natal Premier Nomusa Dube-Ncube, says she is satisfied with the progress that's been made to ensure that Durban's swimming beaches have good quality water. https://t.co/goho1jdjBK pic.twitter.com/wxDHqxZTwd
— SABC News (@SABCNews) December 14, 2023