Suid-Afrikaners is sedert die naweek deur ’n ysige winterkoue getref en nog verskeie koue fronte sal na verwagting in die komende week die Suid-Afrikaanse kus bereik.
Groot dele van die land is sedert Sondag onder ’n sneeukombers toegevou terwyl wind en stormvloede in sommige gebiede groot skade aangerig het.
Snow on the N1 between Worcester and Touws River. Various passes closed due to snow. See https://t.co/qs5oMScTA4 for the latest snow and weather forecasts. #snow #weather pic.twitter.com/ErjVTZ5DJg
— Snow Report Southern Africa (@SnowReportSA) July 8, 2024
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vanaf Maandag ’n reeks ernstige weerwaarskuwings vir verskeie provinsies regoor die land uitgereik.
’n Vlak 2-waarskuwing vir sneeu raak hoofsaaklik die sentrale dele van die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap.
The South African Weather Service has advised the Disaster Risk Management Centre of the following weather warnings:
• Orange level 6 warning for disruptive rain and damaging waves on Tuesday, 9 July 2024, leading to flooding and possible mudslides#CTInfo pic.twitter.com/08sc6WQuBK
— City of Cape Town (@CityofCT) July 8, 2024
’n Intense koue front het veral die westelike en sentrale deel van die land beïnvloed.
Dit het wydverspreide en ontwrigtende sneeuvalle oor die hoogliggende dele in die suide en die weste teweeggebring, gepaardgaande met skadelike winde oor die binneland. Ook die kuslyn is deur die wind en die hoë seedeinings getref.
Daar was ook swaar reën oor die westelike dele van die Wes-Kaap, waar oorstromings op verskeie plekke plaasgevind het.
TRAFFIC UPDATE: MONDAY, 8 JULY 2024
With wet and windy weather conditions set to remain in place for the next few days, the City’s Traffic Service urges the public to please be alert to localised flooding of roadways.#CTInfo pic.twitter.com/cTCH4jf6EU
— City of Cape Town (@CityofCT) July 8, 2024
Veeboere is aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref namate die ongunstige weerstoestande voortduur.
Volgens die Suid-Afrikaanse weerburo sal verskeie koue fronte na verwagting in die komende week die Suid-Afrikaanse se kus bereik.
In Kaapstad was die oranje vlak 6-waarskuwings vir wind, golwe en stormvloede langs die stad se kuslyn Maandag steeds van krag. ’n Beroep is deur die stadsowerheid op inwoners gedoen om weg te bly van die strandfront of uiters versigtig te wees.
Rampbestuurspanne was Maandag volstoom besig met assesserings en reaksies op die ongunstige weer wat die afgelope paar dae ervaar is.
Bykomende verslae van oorstromings is in Dunoon, Kalkbaai, Masiphumelele, Philippi, Sir Lowry’s Pass Village, Overcome Heights, Mfuleni en Mitchells Plain ontvang. Klein rotsstortings is ook in Miller's Point en Simonstad aangemeld.
Owerhede in verskeie ander provinsies was ook op ’n hoëgereedheidsgrondslag toe gure weer, insluitend sneeuval en ysige toestande, posgevat het.
Sosialemediaberigte het sneeu op berge in die Kaapse Wynlandgebiede getoon, insluitend die Matroosberge; so ook in die Oos-Kaap op die N6 by Penhoekpas. Die R58 tussen Barkly-Oos en Elliot was Maandagoggend gesluit nadat sneeu in die gebied uitgesak en die paaie onbegaanbaar gemaak het. Verskeie voertuie het in die sneeu vasgesit.
Eastern Cape - N6 Penhoek Pass (Update): ROAD CLOSED due to #Snow pic.twitter.com/rRGUdRUZZv
— TrafficSA (@TrafficSA) July 8, 2024
Johannesburgers is gewaarsku om ysige weer vir die res van die week te verwag.
Stad Johannesburg se nooddienswoordvoerder, Robert Mulaudzi, sê die uiters koue temperature sal die meeste van die stad se inwoners regoor Johannesburg dwing om verwarmingstoestelle te gebruik om die koue te troef, en daar kan groter brandgevaar ontstaan waar van oop vure gebruik gemaak word.
Stad Johannesburg bly op ’n hoëgereedheidsgrondslag en monitor al sewe streke van die stad. Veral die mees kwesbare gemeenskappe, soos informele nedersettings, word gemonitor om seker te maak dat daar effektief opgetree kan word in alle noodgevalle wat tydens hierdie uiters koue temperature mag voorkom.
In KwaZulu-Natal is die owerhede ook op ’n hoëgereedheidsgrondslag ná ’n hewige windwaarskuwing. Inwoners in die distrikte Ugu, uMgungundlovu, uThukela, Amajuba, Zoeloeland, King Cetshwayo en iLembe is versoek om versigtig te wees en vir die gure weerstoestande voor te berei.
Terwyl Suid-Afrikaners dankbaar is dat hulle beurtkrag gespaar bly in hierdie ysige weer, waarsku president Cyril Ramaphosa Maandag in sy jongste nuusbrief dat die elektrisiteitstelsel kwesbaar bly en dat die moontlikheid van verdere beurtkrag nie uitgesluit is nie.
For us to continue to implement the Energy Action Plan and support the hard-working management and staff of Eskom, who are day by day helping to bring us out of this crisis, we must all pull in the same direction.
https://t.co/ZQhtkrPumu pic.twitter.com/4a7k97yCC0— Cyril Ramaphosa ???????? (@CyrilRamaphosa) July 8, 2024
Verlede week kon die land op 100 dae sonder beurtkrag terugkyk.
Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief hoewel dit ’n prestasie is, is dit geen rede om te ontspan nie.
Hy sê hierdie mylpaal moet eerder as aanmoediging dien om meer te doen en om vinniger te werk om ’n veilige voorsiening van elektrisiteit nou en in die toekoms te verseker.