Terwyl die oorlog tussen Israel en Palestina verder eskaleer en al hoe meer mense in die bloedige oorlog sterf, is Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse politieke partye diep verdeeld oor die kwessie.
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad is woedend vir president Cyril Ramaphosa en die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, oor hulle oënskynlike steun aan Palestina en gebrek aan begrip vir Israel se situasie.
Vroeër die maand het etlike honderde lede van die Moslem-gemeenskap in Kaapstad hulle solidariteit met die Palestyne betoon om steun vir die Palestynse mense uit te spreek tydens ’n betoging by die Al Quds-moskee in Kaapstad.
Die Joodse Raad sê hulle is woedend oor wat hulle beskou as Ramaphosa se “gevoellose minagting van die sistematiese en geteikende massamoord op Jode” verlede week en sy gebrek aan kommer vir die 200 Jode wat deur Hamas gyselaar geneem is, insluitend bejaardes, vroue en jong kinders. “U het ons verraai,” het hulle in ’n brief aan die Sunday Times geskryf.
Our letter to @CyrilRamaphosa @PresidencyZA in @SundayTimesZA today. Where is your compassion for the Jewish community? pic.twitter.com/PZmpZFDcrP
— SA Jewish Board (@SAJBD) October 15, 2023
Pandor het verder olie op die vuur gegooi toe dit bekend word dat sy ’n telefoongesprek gevoer het met die Hamas-leier Ismail Haniyeh.
Die Suid-Afrikaanse betrokkenheid by die Israel-Palestynse konflik hou vir baie Suid-Afrikaners groot simboliese beteken in.
Waarnemers wys daarop dat Suid-Afrikaanse politici die onlangse eskalasie van die stryd tussen Hamas en Israel binne die breër konteks van hulle onderskeie perspektiewe beoordeel. Soos met die oorlog in die Oekraïne, ondersteun die regerende ANC en meer radikale elemente die Palestyne wat reeds jare hul bondgenote is, onomwonde. Hulle beskou Hamas as verteenwoordigend van die Palestynse saak, en beskou Israel as ’n apartheidstaat.
Partye soos die DA skaar hulle hoofsaaklik aan Israel se kant, wat ook die Westerse regerings se standpunte tot ’n groot mate weerspieël.
Ander Suid-Afrikaners beskou Israel as ’n apartheidstaat wat die Palestyne onderdruk net soos wat die apartheidsregering swart Suid-Afrikaners onderdruk het.
Die ACDP skaar hom ook aan Israel se kant. Die party se leier, Kenneth Meshoe, sê op Facebook die ANC se NUK-lede, “gelei deur hul president Cyril Ramaphosa, het God se toorn en oordeel oor hulself gebring”.
???????????????????????????????? ???????? ???????????????????????????????????? ???????????????????? ????????????????????????????????????’???? ????????????????????-???????????????????????? ????????????????????????????????????
People from all over the world were shocked by the unprecedented and brutal attacks by Hamas terrorists on Israeli communities that are close to the Gaza border… pic.twitter.com/gGbySOBtDs
— ACDP South Africa (@A_C_D_P) October 17, 2023
Die EFF het Hamas se gebruik van geweld ondersteun en vergelyk dit met die anti-apartheidstryd. Hulle het die blaam vir die huidige oorlog vierkantig op Israel geplaas.
Die DA het die “onuitgelokte aanval” deur Hamas heftig veroordeel. Die party het Hamas se aanvanklike aanval op Israel bestempel as sinlose geweld en ’n daad van terreur teen onskuldige burgerlikes, vroue en kinders.
Die Patriotic Alliance en die Inkatha Vryheidsparty het ook hul kritiek op die aanvalle uitgespreek.
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het vroeër die vuur probeer blus ten opsigte van die kritiek op die regerende party. Hulle het in ’n verklaring ontken dat Pandor steun aan Hamas beloof het tydens haar telefoonoproep met die Hamas-leier.
Dirco sê in ’n verklaring tydens die oproep, en in ooreenstemming met die regering se standpunt, het Pandor Suid-Afrika se solidariteit en ondersteuning vir die mense van Palestina herhaal en hartseer en spyt uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens, beide Palestyne en Israeli's.
The Department of International Relations and Cooperation (DIRCO) confirmed on Tuesday that Minister Naledi Pandor received a request to call the Hamas leader Ismail Haniyeh to discuss getting humanitarian aid to Palestine https://t.co/EIvTXyivbd pic.twitter.com/dpy0pbh7Rm
— @SAgovnews (@SAgovnews) October 17, 2023
Die departement sê berigte dat Pandor ook steun vir die “Slag van Al-Aqsa-vloed” aangebied het, is onwaar en bedoel om die minister en die regering van Suid-Afrika se intensies te bevraagteken.
Volgens ’n artikel in die gespreksblad The Conversation, wat nuusberigte en navorsingsverslae aanlyn publiseer, is Suid-Afrika se amptelike standpunt oor Israel-Palestina een van die mees omstrede in Afrika, veral in vergelyking met dié van ander state suid van die Sahara.
Volgens die blad het Israel oor die afgelope dekade toenemende bilaterale betrekkinge met verskeie Afrika-state gesluit. Verskeie meningspeilings dui daarop dat die publieke persepsie van Israel in Afrika suid van die Sahara van die gunstigste wêreldwyd is.