Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, sal die komende naweek weer die geleentheid kry om vir die 2024-Nasionale Verkiesing by Suid-Afrika se 120 hoë kommissies, ambassades en konsulate te registreer of te herregistreer.
Die Verkiesingskommissie (OVK) het kwalifiserende kiesers versoek om die presiese registrasie-naweekdatums en -tye by hul plaaslike Suid-Afrikaanse sending na te gaan. Hulle sal op 26 en 27 of 27 en 28 Januarie 2024 die geleentheid kry om vir die 2024-Nasionale Verkiesing te registreer.
Calling South Africans Abroad! Registration weekend is approaching – 26 /27 or 27/28 January. Check dates and times at your SA mission and play your part in the upcoming #SAelections24. #RegisterToVote pic.twitter.com/2ARRO5jO3f
— IEC South Africa (@IECSouthAfrica) January 19, 2024
Suid-Afrikaanse burgers van 16 jaar en ouer kan registreer om in die buiteland te stem. Al wat hulle nodig het, is ’n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument (ID) – ’n groen strepieskode-ID-boek, slimkaart-ID of ’n geldige, tydelike ID-sertifikaat – en ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort.
Wanneer hulle registreer, sal kiesers moet aandui by watter land se sending hulle gaan stem om die OVK toe te laat om hulle op die regte segment van die kieserslys in die buiteland te plaas.
Die aanlyn kiesersregistrasieportaal (https://registertovote.elections.org.za) is nou ook beskikbaar vir kiesers in die buiteland tot die datum van afkondiging van die verkiesings vir eerstekeerkiesers om te registreer en vir diegene wat reeds geregistreer is, om hul registrasiebesonderhede by te werk.
Dit is die eerste keer dat Suid-Afrikaners in die buiteland ook kan registreer deur die aanlyn selfregistrasieportaal te gebruik deur hul besonderhede na te gaan en op te dateer en ’n geskandeerde beeld van hul ID op te laai.
Intussen is alles ook gereed vir die tweede en laaste binnelandse kiesersregistrasienaweek voor vanjaar se algemene verkiesing.
Die OVK het aangekondig dat die kiesersregistrasienaweek op 3 en 4 Februarie sal plaasvind om nuwe kiesers te laat registreer en bestaande kiesers om hul registrasiebesonderhede op te dateer.
????????#SAelections24 countdown! Eligible South Africans, join the Voter Registration Weekend on Feb 3-4. Register in-person at a nearby station (8AM-5PM) or online at https://t.co/QFgJgjwl82. Your democracy, own it! Don't forget your ID. #RegisterToVote pic.twitter.com/HpJFkEJ7Cl
— IEC South Africa (@IECSouthAfrica) January 16, 2024
Die kieserslys het tans net meer as 26 miljoen geregistreerde kiesers, hoewel 42,3 miljoen Suid-Afrikaners stemgeregtig is.
Die OVK beoog om meer Suid-Afrikaners vir komende verkiesings te registreer.
"The voters’ roll currently stands at just over 26 million, although 42.3 million South Africans are eligible to vote." Have YOU registered to vote yet? You can even do it online!
IEC aims to register more South Africans for upcoming elections https://t.co/EnEy7LSs6x— OUTA (@OUTASA) January 23, 2024
Die organisasie teen belastingmisbruik (Outa) het stemgeregtigde Suid-Afrikaners aangemoedig om seker te maak dat hulle geregistreer is vir vanjaar se verkiesing. “Om ons land reg te maak begin met die stem in die algemene verkiesings. Maak seker jy is geregistreer om te stem! Dit kan maklik aanlyn gedoen word,” het Outa op die sosiale platform X gesê.
Please RT: Tired of the state of SA? Fixing our country starts with voting in the general elections. Make sure you are registered to vote! It can easily be done online: https://t.co/U77NepGOfi pic.twitter.com/KDypLp2JfL
— OUTA (@OUTASA) January 22, 2024
President Cyril Ramaphosa sal die verkiesingsdatum deur middel van ’n amptelike proklamasie aankondig na oorleg met die OVK, met die stemdatum wat tussen Mei en Augustus verwag word.
Politieke partye het reeds in alle erns begin om hul veldtogte te verskerp om mense te oortuig om te registreer sodat hulle later vanjaar kan gaan stem na afloop van die OVK se finale kiesersregistrasienaweek volgende maand.
We back on ground ✊????????.... Corner to Corner #RISEPeoplesManifesto #RiseMzansi #2024IsOur1994 pic.twitter.com/O7Bpy7Bufv
— PHATHUXOLO ???????????????? (@NdzimandePhathu) January 21, 2024
KwaZulu-Natal is een van die provinsies wat volgens verkiesingsontleders ’n beduidende verkiesingslagveld vir die komende verkiesing kan wees te midde van aanduidings dat dit die onvoorspelbaarste verkiesing sedert 1994 sal wees.
Die IVP, EFF en ANC is onder die vernaamste politieke partye wat in die volgende paar weke hul verkiesingsmanifeste in die Moses Mabhida-stadion in Durban gaan bekendstel. Meningspeilings toon dat die ANC vanjaar moontlik vir die eerste keer ooit minder as 50% by die stembus gaan behaal, weens openbare ontevredenheid oor korrupsie en swak dienslewering. Die onafhanklike ontleder Michael Edkins het aan die SAUK gesê die ondersteuningspatrone in die provinsie is besig om te verander en alle partye wil soveel moontlik stemme in KwaZulu-Natal werf.
Altesaam 27 nuwe politieke partye het onlangs by die OVK geregistreer, onder andere die MK-party wat deur oudpresident Zuma gesteun word.
Dit is egter nie bekend hoeveel van die magdom nuwe partye wel aan vanjaar se verkiesing gaan deelneem nie, aangesien die verkiesing nog nie amptelik geopen is nie. Dit sal vanjaar die eerste keer sedert 1994 wees dat onafhanklike kandidate ook aan die verkiesing sal kan deelneem.
????️ Skip the queues by registering online to vote today or visit your nearest IEC station on the final voter registration weekend (3-4 February) so you can be part of the mission to rescue SA. ????????
Get help at https://t.co/RKwTXxdRvQ#RegisterToVoteDA#PowerToTheRegistered pic.twitter.com/aIb1hDtSAa
— Democratic Alliance (@Our_DA) January 22, 2024