Suid-Afrikaners slyp hulle tande vir toegang tot beter breëbandinternet nadat dit bekend geword het dat die regering dit oorweeg om sy reëls ten opsigte van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) te wysig sodat Musk se Starlink ook in Suid-Afrika kan werk.
Starlink is ’n satelliet-internetkonstellasie van die Amerikaanse lugvaartmaatskappy SpaceX wat dekking aan meer as 100 lande verskaf sedert die bekendstelling daarvan in 2019.
Die diens verskaf onder andere breëbandinternet aan mense wat in landelike gebiede woon waar internettoegang óf nie bestaan nie óf waar die verbinding swak is.
Volgens huidige regulasies in Suid-Afrika moet kommunikasiemaatskappye 30% in swart besit wees om in die land te kan werk.
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi van die DA, wil egter die reëls verander sodat Starlink ook in Suid-Afrika kan funksioneer.
Hy beoog om ’n beleidsverandering aan die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) voor te lê sodat Starlink die SEB-reël kan omseil.
🤩 Starlink finally coming to South Africa? Check out DA trending news for this and more on what the DA is doing to grow the economy for more jobs. 🗞️ pic.twitter.com/ICxu3SmKsr
— Democratic Alliance (@Our_DA) October 5, 2024
Dit is alles deel van ’n inisiatief om toegang tot breëbandverbinding aansienlik uit te brei na arm Suid-Afrikaners en mense wat in afgeleë dele van die land woon.
President Cyril Ramaphosa het tydens verlede maand se beleggingskonferensie, wat saamgeval het met die Verenigde Nasies (VN) se 79ste Algemene Vergadering in New York, ook samesprekings gevoer met Elon Musk waar hulle moontlikhede ondersoek het vir Musk om in Suid-Afrika te belê.
Elon Musk met with South African President Ramaphosa
Starlink is launching in South Africa. It’s insane how most of the public won’t know all the work Elon is doing to make this place better. pic.twitter.com/IhRG6gFCL1
— Tesla Owners Silicon Valley (@teslaownersSV) September 24, 2024
Malatsi is glo vasbeslote om ’n beleidsverandering ingevolge artikel 3(2) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie vir dringende oorweging aan Okosa voor te stel.
Vroeër het die DA-leier, John Steenhuisen, Malatsi se inisiatief in ’n verklaring verwelkom.
🛰️Minister Solly Malatsi’s bold initiative to expand broadband across SA is a beacon of hope for millions. Affordable, fast internet will unlock jobs & empower businesses! Together we can bridge the digital divide & ensure a thriving SA in the digital age: https://t.co/SttBXdWDSS pic.twitter.com/T5rO28koQn
— Democratic Alliance (@Our_DA) October 5, 2024
Hy het gesê dit is meer as net ’n beleidsaankondiging, maar ’n baken van hoop vir miljoene Suid-Afrikaners wat lankal agterweë gebly het in die digitale era.
“Die harde werklikheid is dat beleidsonsekerheid rakende die 30% diensbillikheidsvereiste vordering na universele internettoegang gesmoor het. Dit het miljoene geleenthede misken wat met maklike toegang tot die internet gepaardgaan en moet eindig,” het Steenhuisen gesê.
Stel jou voor die transformerende krag van bekostigbare, vinnige en betroubare internet vir elke Suid-Afrikaner. Navorsing toon dat elke 10%-toename in breëbandpenetrasie ’n merkwaardige groei van 1,21% in BBP kan aandryf. Hierdie konnektiwiteit is nie net ’n statistiek nie. Dit is ’n reddingsboei wat mense bemagtig om besighede te begin, werk te kry en nuwe geleenthede te ontsluit, het Steenhuisen gesê.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is ewe opgewonde oor die transformasie wat Starlink in Suid-Afrika kan teweegbring.
NEWS: 🇿🇦 The National Sea Rescue Institute (NSRI) is excited to embrace the transformational impact of @Starlink in South Africa.
“Starlink satellite internet service will revolutionize our ability to respond to emergencies, especially in remote and underserved areas.
The… pic.twitter.com/gurFHsulCD
— ALEX (@ajtourville) October 3, 2024
“Starlink-satellietinternetdiens sal ons vermoë om op noodgevalle te reageer, veral in afgeleë en onderbediende gebiede, revolusionêr verander,” sê NSRI se uitvoerende hoof, Cleeve Robertson.
Hy sê die intydse kommunikasievermoëns sal hulle reddingsoperasies verbeter en, by uitbreiding daarvan, die veiligheid van alle Suid-Afrikaners wat by watergebaseerde aktiwiteite betrokke is.
“Betroubare, hoëspoed-internettoegang kan ’n lewensveranderende faktor wees vir ons vrywilligers en die lewens wat hulle onvermoeid probeer om te red.”
Malatsi se inisiatief fokus veral op twee kritieke aspekte:
- Reguleringshervorming: Verwyder die struikelblokke wat verhinder dat vernuwende diensverskaffers, soos Starlink, tot die mark toetree en nuwe idees wat bekostigbare breëband na elke uithoek van die land kan bring, verwelkom.
- Bekostigbare slimtoestelle: Dit behels stappe om die hoë koste van slimtoestelle wat noodsaaklik is vir toegang tot die internet, aan te pak. Wanneer hierdie instrumente bekostigbaar gemaak word, ontsluit dit die digitale wêreld vir almal.
Malatsi se belofte om ’n beleidsverandering by Okosa te probeer teweeg bring, kan dus ’n belangrike stap vorentoe wees wat die potensiaal het om een van die grootste bemagtigingsprogramme in die land se geskiedenis te word. Dit kan elke Suid-Afrikaner, en veral dié in afgeleë en onderbediende gebiede, aan die internet koppel, toegang tot inligting laat verkry en hul lewens verbeter.