Suid-Afrikaners dring aan op antwoorde nadat die parlement Sondag byna heeltemal in puin gelê is weens ’n brand wat in die oggendure uitgebreek het.
Die hele parlementêre kompleks kon tot op die grond afgebrand het, maar die flinke optrede van Kaapstad se brandweer het dit verhoed.
“As dit nie vir hierdie brandbestrydingshelde was wat binne ses minute na die oproep gereageer het nie, kon ons niks anders as ’n hoop as gesien het waar die geboue van hoop en vryheid eens gestaan het nie,” het die DA se hoofsweep, Natasha Mazzone, in ’n verklaring gesê.
Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het Maandag tydens ’n mediakonferensie gesê een van die grootste verliese wat die mense van Suid-Afrika in hierdie brand gely het, is die algehele afbrand van die Nasionale Vergadering se saal.
“We can confirm that one of the biggest loses the people of South Africa have suffered in this fire, is the complete burning down of the National Assembly Chamber” - NCOP Chairperson Mr Amos Masondo. #ParliamentFire
— Parliament of RSA (@ParliamentofRSA) January 3, 2022
Members of the Media at the Good Hope Chambers in Parliament preparing for the media briefing by Presiding Officers of Parliament. #ParliamentFire pic.twitter.com/vHSOPXP6jT
— Parliament of RSA (@ParliamentofRSA) January 3, 2022
Volgens die DA het die instandhouding en sekuriteit met betrekking tot die parlement die afgelope tien jaar ’n afwaartse trajek gehad. Die geboue is verwaarloos en het vuil en gevaarlik geword, sê Mazzone in haar verklaring.
Sy sê dit is beslis nie gepas vir die tuiste van Suid-Afrika se demokrasie nie en Sondag se rampspoedige brand was ’n ramp wat net gewag het om te gebeur.
Die DA het gevra vir ’n onafhanklike ondersoek na die oorsaak van die brand wat gelei moet word deur brand-, brandstigting- en forensiese deskundiges om te verseker dat niks misgekyk of oor die hoof gesien word nie.
Miljarde rand se skade is tydens die brand aangerig en dit sal maande duur om die skade te herstel.
Vroeë aanduidings is dat waardevolle historiese artefakte die brand oorleef het, berig New24.
Aangesien dele van die Nasionale Vergadering-gebou Maandagoggend nog gesmeul het, was dit teen Maandag steeds onduidelik tot watter mate die kosbare en onvervangbare artefakte binne die gebou beskadig is.
Speaker Mapisa-Nqakula saddened by the fire at Parliament pic.twitter.com/gB5fekDbA7
— Parliament of RSA (@ParliamentofRSA) January 2, 2022
’n Woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, het Maandag in ’n radio-onderhoud op Cape Talk erken daar was geen veiligheidswagte aan diens toe die brand uitgebreek het nie. Hy het aan die radiostasie gesê hoewel die aantal beskermingsdienstepersoneel by die parlement verminder is, bly die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die eerste aanlooppunt vir alle veiligheidskwessies.
“Toe ons die aantal beskermingsdienstepersoneel verminder het wat by die parlement werk, het die polisiediens ingeskop en hulle is verantwoordelik om te verseker dat daar veiligheid en sekuriteit by die parlement is,” het hy gesê.
Dit volg nadat die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) beweer het dat daar geen personeel van die parlementêre beskermingsdienste aan diens was toe die brand Sondagoggend vroeg uitgebreek het nie. Volgens Nehawu se provinsiale sekretaris, Baxolise Mali, is naweek- en oortydskofte weens kostebesnoeiing gesny.
Hy beweer dat die brand dalk vroeër opgespoor en geblus kon gewees het as daar personeel aan diens was.
Nehawu alleges that there were no parliamentary protection services staff on duty when the fire broke out early on Sunday morning because weekend and overtime shifts were cut due to cost-cutting. https://t.co/DNA5NyPzoe
— CapeTalk on 567AM (@CapeTalk) January 3, 2022
Die Valke het ’n 49-jarige man in verband met die brand in hegtenis geneem. Die man sal vandag (Dinsdag) in die hof verskyn.
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die brand as ’n nasionale tragedie bestempel. Hy sê in ’n verklaring Kaapstad sal die stad se raadsaal aan die speaker van die parlement beskikbaar stel vir sittings van die Nasionale Vergadering, asook die gebruik van die Groot Parade en stadsaal vir volgende maand se Staatsrede.
Die Wes-Kaap se premier, Alan Winde, het in sy reaksie gesê geen steen moet onaangeroer gelaat word om die oorsaak van die brand te bepaal nie. Winde sê die bevindinge van ’n volledige ondersoek moet bekend gemaak word sodat ‘n soortgelyke voorval in die toekoms voorkom kan word. “Die Nasionale Parlement, wat in Kaapstad gehuisves word, is nie net ’n reeks geboue nie. Dit is die tuiste van ons demokrasie, wat ons moet versorg en beskerm,” het Winde gesê.
I salute the @CityofCT’s fire services for their quick response to the fire at Parliament. The National Parliament, housed in CT, is not just a series of buildings. It is the home of our democracy, which we must care for & protect. My full statement here: https://t.co/8BmEwVcR9K pic.twitter.com/7LSrUPVrUc
— Premier Alan Winde (@alanwinde) January 3, 2022