Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Hoe het die Khoi en Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?
Christo van Rensburg se Van Afrikaans gepraat ondersoek hierdie vrae.
Van Rensburg is oorlede die aand toe hy aan die bladproewe van hierdie boek gewerk het en daar is by die US Woordfees hulde aan hom gebring deur ’n paneelbespreking oor Afrikaans se Afrika-komvandaan.
Op die paneel was Willa Boezak, ’n plaaslike taalaktivis, Theresa Biberauer, ’n taalkundige aan die universiteit van Cambridge en Karin Brynard, wie se misdaadroman Tuisland in die Kalahari afspeel. Adri Breed was die gespreksleier.
- Video en foto's: Naomi Bruwer
.........................................................................
Opsomming
Van Afrikaans gepraat
Christo van Rensburg
Niefiksie, Sosiolinguistiek
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799384765
Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?
Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?
Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?
Wat is die invloed van townships op Afrikaans?
Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.
Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.
Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.
Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Dit word deur LAPA bemark en versprei.
Oor Van Rensburg se vorige boek, So kry ons Afrikaans, het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewe verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.”
Lees ook
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Van Afrikaans gepraat deur Christo van Rensburg
Buro: NB