Opposisiepartye van links tot regs het president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die verkiesingsdatum op 29 Mei vanjaar verwelkom en sê hulle is gereed vir die stryd om die ANC uit die kussings te lig.
Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus sê dit bring meer sekerheid vir politieke partye om met volle stoom met hul beplanning vir die verkiesing te begin en hul verkiesingsveldtogte te begin voer.
Registrasie om te stem kan tot die verkiesingsproklamasie geskied. Hierdie datum is nog nie bekend nie, maar dit kan moontlik reeds teen die einde van hierdie week of aanstaande week wees, sê Groenewald in ’n verklaring.
‼️Die VF Plus verwelkom die aankondiging van die verkiesingsdatum van 29 Mei vanjaar. https://t.co/RF6dmv4l9Y
— VRYHEIDSFRONT PLUS / FREEDOM FRONT PLUS (@VFPlus) February 20, 2024
Die EFF sê hierdie verkiesings is ’n geleentheid vir alle Suid-Afrikaners om ’n einde te maak aan die ellende wat Suid-Afrikaners vir 30 jaar as ’n nasie gely het onder die onbevoegde, korrupte en misleide bestuur van die regerende ANC. 29 Mei 2024 is amptelik ’n geleentheid vir die land om ware vryheid te bewerkstellig met ekonomiese vryheid as basis, het die EFF op X gesê.
These elections, mark an opportunity for all South Africans to put an end to the misery we have suffered as a nation, under the incompetent, corrupt and misguided governance of the ruling party the ANC, for 30-years.
The 29th of May 2024, officially marks an opportunity for our… pic.twitter.com/jE2Lv344fl
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) February 21, 2024
Een van die nuwe partye wat vanjaar vir die eerste keer aan die verkiesing deelneem, Rise Mzansi, sê hulle verwelkom saam met ander Suid-Afrikaners die aankondiging van 29 Mei 2024 as die datum vir die sewende algemene verkiesing, wat sal toesien dat geregistreerde kiesers nuwe leiers sal kies om namens hulle in die parlement en die nege provinsiale wetgewers te dien.
RISE Mzansi joins South Africans in welcoming the announcement of 29 May 2024 as the date for the 7th General Election, which will see registered voters elect new leaders to serve on their behalf in Parliament and the nine Provincial Legislatures.
You can still check your… pic.twitter.com/Ycp6PwT7zX
— RISE Mzansi (@Rise_Mzansi) February 21, 2024
John Steenhuisen, die leier van die DA, die amptelike opposisie, het gesê die DA verwelkom hierdie belangrike aankondiging as ’n aftelling na ’n geskiedkundige oomblik waar Suid-Afrika die geleentheid het om homself te red van 30 jaar van ANC-mislukking, -korrupsie en -staatskaping.
“Hierdie verkiesing is ’n keerpunt vir Suid-Afrika, en dit kom op ’n tydstip dat ons nasie dit na drie dekades die nodigste het. Die DA is ten volle voorbereid vir die uitdaging wat voorlê en gereed om hierdie verkiesing te veg en te wen.”
Steenhuisen sê die DA het noukeurig voorberei vir hierdie geskiedkundige verkiesing, met steunvlakke tans op hul hoogste ooit. “Ons leër van verkiesingsvrywilligers, aktiviste en ondersteuners is gereed om voort te bou op maande se harde werk in elke dorp en stad in Suid-Afrika.” Die verkiesing is ’n geleentheid vir die mense van Suid-Afrika om ’n pad van vooruitgang, deursigtigheid en aanspreeklikheid te kies.
???????? Election Day on 29 May 2024 confirmed: Bring It On!
The DA is committed to bringing an end to 30 years of ANC failure, corruption, and state capture. The upcoming election is an opportunity for the people of South Africa to choose a path of progress and unite to #RescueSA. pic.twitter.com/VO48X0Wmf8
— Democratic Alliance (@Our_DA) February 20, 2024
Al die politieke partye het ’n beroep gedoen op kiesers wat nog nie geregistreer het nie, of wat voor die verkiesing gaan verhuis, om steeds die nodige reëlings te tref om te stem. Die proklamasie om die datum te verklaar sal enige dag uitgereik word, waarna kieserregistrasie sal sluit.
Die presidensie het Dinsdag in ’n verklaring gesê die President het ooreenkomstig artikel 49(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, gelees met artikel 17 van die Kieswet van 1998, bepaal dat 29 Mei 2024 die datum vir die 2024- algemene nasionale en provinsiale verkiesings sal wees. Ramaphosa het ook ’n vergadering met al nege provinsiale premiers en die OVK belê om die stand van gereedheid vir die verkiesings te bespreek.
PRESIDENT RAMAPHOSA ANNOUNCES 2024 GENERAL ELECTION DATE
President @CyrilRamaphosa has in accordance with section 49(2) of the Constitution of the Republic of South Africa, read with section 17 of the Electoral act of 1998, determined 29 May 2024, as the date for the 2024…
— #SONA2024 | Presidency ???????? (@PresidencyZA) February 20, 2024
Die 2024-verkiesing val saam met Suid-Afrika se viering van 30 jaar van vryheid en demokrasie. Ramaphosa sê daarom doen hy ’n beroep op alle stemgeregtigde kiesers om ten volle deel te neem aan hierdie belangrike en historiese mylpaal van ons demokratiese kalender.
“Benewens die nakoming van ons grondwetlike verpligting, is hierdie komende verkiesings ook ’n viering van ons demokratiese reis en ’n bepaling van die toekoms wat ons almal begeer. Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hul demokratiese reg om te stem uit te oefen en vir diegene wat hul veldtog gaan voer om dit vreedsaam te doen, binne die volle nakoming van die wet. Ons doen ook ’n beroep op ongeregistreerde kiesers om die aanlyn registrasieplatform te gebruik om te registreer,” het Ramaphosa gesê.