Prent: Canva
Malema, wat self daarvan beskuldig word dat hy voordeel getrek het uit die VBS-skandaal, het Dinsdag in ’n onderhoud met SABC News gesê sommige leiers van die ANC, insluitend die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, het voordeel getrek uit die nou ontbinde bank.
Pandor het Malema se aantygings in ’n sterk bewoorde verklaring ontken. Sy dreig nou met regstappe as Malema nie in die openbaar om verskoning vra vir die opmerkings wat hy oor haar gemaak het nie.
Die bewering kom te midde van ’n breër politieke gesprek rondom die skandaal waarvolgens meer as R2,3 miljard van die bank geplunder is voordat dit in 2018 ineengestort het. Baie politici en sakemanne is geïmpliseer, insluitend Malema self en die voormalige adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu. Albei van hulle het egter enige oortreding ontken. Malema hou vol dat nie hy of sy familie enige baat gevind het by die VBS-skandaal nie
Malema het Dinsdag op SABC News se Face the nation gesê daar is baie ander mense betrokke by die skandaal.
Pandor het Malema uitgedaag om konkrete bewyse van haar beweerde betrokkenheid te lewer of ’n openbare verskoning uit te reik. "Sou hy versuim om dit te doen, eis ek ’n openbare verskoning omdat hy nie net oor my gelieg het nie, maar ook my reputasie aantas,” het sy gesê.
Pandor sê haar regspan hou die situasie dop en sal verdere stappe teen Malema oorweeg indien hy nie sy bewering teen haar terugtrek nie.
Former International Relations Minister Naledi Pandor has threatened to take legal action against Economic Freedom Fighters (EFF) leader Julius Malema if he does not publicly apologize for the comments he made about her. Read more: #sabcnewshttps://t.co/MXgZDgYUrT
— SABC News (@SABCNews) September 19, 2024
Die voormalige minister se ontsteltenis oor die bewerings wat teen haar gemaak word, volg op soortgelyke bewerings wat teen die huidige minister van justisie, Thembi Simelane, gemaak word oor haar beweerde betrokkenheid by die plunderskandaal.
Pandor sê haar eis om verskoning onderstreep die erns van die bewerings, aangesien sy haar naam wil verwyder van enige verbintenis met VBS.
In die onderhoud het Malema beweer dat die VBS-skandaal gebruik word as ’n instrument vir faksiegevegte binne die ANC, met verwysing na ander senior ANC-lede, insluitend Pandor. “Naledi Pandor was ook in die VBS-bond of iets … hulle is jou lieflinge; jy sal nooit hul name ken nie,” het Malema opgemerk en ’n groter toesmeerdery binne die ANC geïnsinueer.
Pandor het in ’n onderhoud met Radio 702 gesê sy is diep teleurgesteld in Malema en weet nie waar hy aan haar betrokkenheid by die VBS-storie kom nie.
Former International Relations Minister Dr Naledi Pandor responds to Julius Malema's allegations that she received money from VBS Bank
"I am disappointed that he would be so dishonest in this way and I am absolutely shocked."
Pandor told @TheRealClementM that Malema's claims… pic.twitter.com/V1TsACudFl
— 702 (@Radio702) September 18, 2024
“Ek weet nie wat met die meneer gebeur het nie, hoekom hy gevoel het hy moet my naam by die skandaal betrek. Ek dink hy is waarskynlik teleurgesteld dat ek in my hele lewe as politikus nie een ding gedoen het wat oneerlik was nie, en ek is regtig verstom oor sy bewerings.”
Die VBS-plunderskandaal het in 2018 op die lappe gekom, en amptenare binne die bank, asook politici, insluitend senior leiers van die MKP, EFF en ANC, word daarby betrek.