
...
Khulekani Mthethwa: “Nathi is onder apartheid gemartel en sou nie nou selfmoord pleeg om beskuldigings te vermy nie. Waar was sy sekuriteitsbeskerming tydens sy verdwyning?”
...
Die skielike dood van Suid-Afrika se ambassadeur na Frankryk, Nathi Mthethwa (58), het die afgelope week ’n golf van skok en twyfel deur die land gestuur.
Mthethwa se liggaam is op 30 September in die binnehof van die Hyatt Regency-hotel in Parys gevind nadat hy uit die 22ste verdieping geval het. Franse owerhede ondersoek dit as ’n moontlike selfdood, maar sy familie verwerp die narratief en eis ’n volledige ondersoek.
Die venster van sy hotelkamer was glo oopgedwing, wat vrae laat ontstaan oor die aard van sy dood. Franse media het berig die laaste sein van sy selfoon is naby die Bois de Boulogne opgespoor, en speurhonde is in daardie gebied ontplooi. Selfdood word nie uitgesluit nie
Nathi Mthethwa booked a hotel room 10 days before the incident. His cellphone was found at a wooded area not far from the hotel. The hotel windows are sealed , and he asked for a room on the upper floors of the hotel.#MadlangaCommission #JuliusMalema #DiorSS26 pic.twitter.com/xPvy3DDX5b
— Bibo Wekhosi✌️💛 (@Bibo_wama2) October 1, 2025
Bespiegelinge rondom Mthethwa se dood het vinnig op sosiale media en in ander media versprei. Op X is daar verskeie teorieë geopper wat wissel van korrupsieverbergings tot geopolitieke motiewe. “Is dit selfdood of is hy vermoor weens korrupsie-aantygings?” wou sommige mense weet.
Late SA Ambassador to France Nathi Mthethwa's wife has disclosed details of the message she received from her husband to Newzroom Afrika's international correspondent, Simon Marks. #NathiMthethwa
Watch: https://t.co/D3ND3JzGtd pic.twitter.com/hgpJyTFvOd
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) October 2, 2025
Die tydsberekening van sy dood, slegs weke ná ernstige beskuldigings by die Madlanga-kommissie van ondersoek na politieke inmenging in die polisiediens, het bespiegelings oor moord en korrupsie aangewakker, met die sosiale media wat oorloop van teorieë.
In sy getuienis twee weke gelede het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, Mthethwa daarvan beskuldig dat hy hom in 2011, toe hy minister van polisie was, skuldig sou gemaak het aan politieke inmenging in polisiëringsake.
Nathi Mthethwa was implicated by Mkhwanazi, during his testimony at the Madlanga Commission.
Mthethwa allegedly called Mkhwanazi to his official residence in Pretoria for a meeting with Radebe, indicating they would not pursue charges against Mdluli. pic.twitter.com/lNBoKAQbUg
— The Oracle (@Za_Problem) September 30, 2025
Volgens Eyewitness News wou die Madlanga-kommissie nie reageer op navrae oor of hulle Mthethwa gekontak het om as getuie voor die kommissie te verskyn nie.
Mkhwanazi het beweer dat Mthethwa ’n poging geblokkeer het om die voormalige hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, krimineel aan te kla. Mdluli word daarvan beskuldig dat hy na bewering sy magte misbruik het en die geheimediensrekening, ook bekend as die “slush fund”, misbruik het.
Jeremy Michaels, woordvoerder van die Madlanga-kommissie, wou nie kommentaar lewer oor die saak nie.
“Ons gaan glad nie kommentaar lewer oor ambassadeur Mthethwa se afsterwe nie, behalwe om te sê dat ons ons opregte meegevoel aan sy familie oordra,” het Eyewitness News en ander hoofstroomkoerante oor die kommissie se reaksie berig.
The Madlanga Commission of Inquiry has not responded to whether it had contacted South Africa’s late ambassador to France, Nathi Mthethwa, to testify before the inquiry before his sudden death in Paris.#MadlangaCommission #NathiMthethwa #Politics #NhlanhlaMkhwanazi
Read on… pic.twitter.com/znSmF2N7tX— IOL News (@IOL) October 2, 2025
Die Franse publikasie LeParisien het gesê die ambassadeur se verdwyning is Maandag deur sy vrou aangemeld, “wat aangedui het dat sy die aand ’n kommerwekkende boodskap van hom ontvang het”. Daar was toe vrees vir moontlike selfdood, volgens die publikasie. Volgens Reuters het ’n Franse aanklaer gesê Mthethwa het Maandag ’n boodskap aan sy vrou gestuur “waarin hy om verskoning gevra het en sy voorneme uitgespreek het om sy lewe te beëindig”.
Franse owerhede ondersoek tans of die 58-jarige diplomaat doelbewus van die 22ste verdieping van die viersterhotel gespring het, berig LeParisien .
Die Mthethwa-familie, hoofsaaklik uit KwaMbonambi in KwaZulu-Natal, het die selfdoodnarratief ten sterkste verwerp en die omstandighede as “misterieus” beskryf.
The family of South Africa’s ambassador to France, Nathi Mthethwa, says there are still unanswered questions about the circumstances of his death. https://t.co/h0NcXeIaOW pic.twitter.com/h9r6dmQlM6
— SABC News (@SABCNews) October 2, 2025
Familiewoordvoerder Khulekani Mthethwa het volgens nuusberigte gesê: “Nathi is onder apartheid gemartel en sou nie nou selfmoord pleeg om beskuldigings te vermy nie. Waar was sy sekuriteitsbeskerming tydens sy verdwyning?”
Die familie het ook kritiek gelewer op die manier waarop die nuus gekommunikeer is – grootliks deur sosiale media en televisie – en het dit glo nie direk van die regering of ANC gehoor nie. Die familie werk nou saam met die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) om die liggaam huis toe te bring vir ’n gedenkdiens en begrafnis. Dirco-woordvoerder Chrispin Phiri het bevestig dat die familie met Franse owerhede in kontak is en dat repatriëring sal plaasvind sodra formele prosesse voltooi is. ’n ANC-afvaardiging het intussen die familie besoek om hulde te bring.
Family of Nathi Mthethwa have not heard from ANC or government https://t.co/x26eRgQFTV
— BusinessLIVE (@BusinessLiveSA) October 2, 2025
President Cyril Ramaphosa het Mthethwa se dood as “voortydig en traumaties” beskryf en Mthethwa as ’n “uitstekende dienaar van die nasie” geëer. Die minister van buitelandse sake, Ronald Lamola, het hulde gebring en gesê die land rou oor sy dood.
Tog bly die vraag in baie mense se gemoed: Was dit selfdood onder druk van beskuldigings, of is hy dalk die stilswye opgelê om dieper skandes te voorkom?
Die Franse ondersoek sal deursigtigheid moet bring, terwyl Suid-Afrika wag op antwoorde. Mthethwa se erfenis van struggleveteraan tot diplomaat hang nou aan ’n draad van twyfel.
- Foto: Ronaldo Caldas/Ascom/MinC: CC BY 2.0
Lees ook:
Wat sê Bettina? Nathi Mthethwa: selfdood, of dalk iets meer sinisters?
