Die gewelddadige kriminele aanvalle op vragmotors in Suid-Afrika die afgelope dae is ’n direkte aanslag op die Suid-Afrikaanse ekonomie en ’n wesenlike risiko vir voedselsekerheid.
So sê die landbou-organisasie Agri SA in ’n verklaring waarin hulle die regering versoek om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te ontplooi om groot vervoerroetes te beveilig totdat die gewelddadige aanvalle gestaak is.
Misdaadintelligensie moet volgens Agri SA die taak kry om ondersoek in te stel na wie agter hierdie aanvalle sit, en die skuldiges moet aangekla en voor die hof gebring word.
This is heartbresking. This owner just confirmed that they might need to close the business temporarily pending both police and insurance investigation.
36 employees will be without work permanently if insurance claim is rejected. #TruckAttacks pic.twitter.com/FXaC9tgWQ1— Silenzio Bruno ???? (@Diskor_T) July 13, 2023
“Dit is dringend nodig om ons vragmotorbestuurders teen dade van geweld te beskerm, maar ook om die waardevolle vrag wat hulle vervoer, wat landbougoedere insluit, te beskerm. Onder die roetes wat beskerm word, moet dié wees wat uitvoerhawens met hoofmarkte verbind.”
Die organisasie sê ongebreidelde misdadigheid op die land se snelweë skrik oorsese beleggers af. Afgesien van die onkoste wat aangegaan moet word as gevolg van die vernietiging van die vragmotors, skep die situasie ook bykomende finansiële laste vir produsente wat reeds gedwing word om vir meer sekuriteit en hoër versekeringspremies te betaal. Dikwels moet produsente ook boetes betaal as gevolg van versendingsvertragings, sê Agri SA.
“Boere sit reeds met ’n algemene logistieke krisis wat veroorsaak word deur ’n mislukte spoornetwerk, vervalle landelike paaie en oorbelaste hawens. Geweld op ons provinsie se hoofweë voeg nog ’n vlak van onsekerheid by en belemmer groei in ons ekonomie ernstig.”
Die minister van polisie, Bheki Cele, het dié week tydens ’n media-inligtingsessie gesê intelligensie dui daarop dat aanvalle op vragmotors sakeverwant kan wees en die polisie weet dat dit nie net toevallige dade van misdadigheid is nie.
12 people identified as people of interest related to truck attacks - Cele https://t.co/Wr8hDRHmqj pic.twitter.com/f6Y9Spa9mZ
— Eyewitness News (@ewnupdates) July 12, 2023
“Bewyse voor ons dui op georganiseerde gekoördineerde en gesofistikeerde operasies wat poog om die staat te ondermyn en te saboteer,” het Cele gesê
Hy sê of dit nou ekonomiese sabotasie, arbeids- of diensleweringsverwante geskille is, die polisie is op die spoor van almal wat kies om geweld en intimidasie te gebruik met watter motief ook al.
#sapsHQ #PoliceVisibility has been heightened to prevent #TruckAttacks - Report any criminal activities to #CrimeStop on 08600 10111 or #MySAPSApp. ME pic.twitter.com/SSPB7ZP0kY
— SA Police Service ???????? (@SAPoliceService) July 13, 2023
Die DA het Donderdag gesê hulle is diep bekommerd oor die gebrek aan arrestasies in verband met die onlangse aanvalle op vragmotors in Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.
Ondanks adjunkpresident Paul Mashatile se bewering dat die Staatsveiligheidsagentskap weet wie agter die verbranding van vragmotors sit en Cele se versekering dat hulle bewus is van 12 persone wat daarby betrek word, was daar teen Donderdag nog nie ’n enkele arrestasie nie.
Videomateriaal van een van die persone wat na bewering by die brandstigting betrokke was, is ook wyd op sosiale media versprei. Duidelike videobewyse van een van die brandstigters wat na bewering op heterdaad betrap is, is beskikbaar, maar geen stappe is nog gedoen nie.
#TruckAttacks Police are probing a number of videos in connection with the spate of truck torching across the country’s national highway including this dashcam footage of a truck hijacked and set alight in Ermelo, Mpumalanga on Thursday 12 July. Video: Supplied @TheCitizen_News pic.twitter.com/bGkDvYe7fJ
— ???????????????????????? ???????????????????? (@FaizelPatel143) July 13, 2023
Die DA se skaduminister van staatsveiligheid, Dianne Kohler Barnard, sê dit is onaanvaarbaar dat selfs met duidelike videobewyse wat sosialemediaplatforms oorstroom wat die identiteit van een van die beweerde brandstigters wys wat op heterdaad betrap is, daar nog geen optrede was nie. Sy sê dit laat ernstige vrae ontstaan oor die bevoegdheid van die staatsveiligheidsapparaat.
Sy sê die DA sal ’n saak teen die vragmotoraanvallers open ingevolge die Pocdatara-wet, wat terreurdade en verwante aktiwiteite aanspreek ingevolge wetgewing teen terrorisme.
The DA will open a case against the truck attackers in terms of anti-terrorism legislation and demand that the SAPS conduct a proper investigation into the recent attacks in Mpumalanga and KZN.
The actions of these economic terrorists are devastating. https://t.co/tJJmvAPa4M
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 11, 2023
“Hierdie aanvalle op die padvragsektor is nie geïsoleerde voorvalle nie. Die vlak van koördinasie en akkuraatheid wat vertoon word, dui op ’n diep kommerwekkende stand van sake, waar misdadigers daarin geslaag het om wetstoepassingsagentskappe te manipuleer. Hierdie mislukking weerspieël die onbevoegdheid wat tydens die Julie 2021-onrus gedemonstreer is, wat verwoestende menslike en ekonomiese gevolge gehad het.”
Kohler Barnard sê die DA besef die verreikende ekonomiese gevolge van hierdie aanvalle. Sy sê dit lei nie net tot die vernietiging van eiendom nie, maar tref ook die hart van die land se ekonomie.
“Ons is getuie van ekonomiese sabotasie wat ontwerp is om ons ekonomie verder te destabiliseer, wat groot ekonomiese verliese veroorsaak en die lewensbestaan van talle Suid-Afrikaners verwoes.”
Sy sê die realiteit is dat die land tot stilstand sal kom sonder vragmotors. “Ons spoornetwerk het ineengestort, so sonder vragmotors en met die aanslag op die ekonomie, sal ons meer werkverliese sien, meer besighede sal sluit en globale beleggers sal ander, veiliger lande kies om in te belê.”