Suid-Afrika verwag dat die Internasionale Geregshof, ook bekend as die Wêreldhof, môre (Vrydag) sal beslis of hy noodmaatreëls sal toestaan om die oorlog in Gasa te stop.
Verskeie nuusagentskappe het Woensdag berig dat die 17 regters van die Wêreldhof Vrydag uitspraak sal lewer oor voorlopige maatreëls, wat insluit dat Israel beveel word om militêre optrede in Gasa te staak terwyl die meriete van die saak rakende volksmoord bepaal word.
Die Wêreldhof in Den Haag se registrateur het egter nog nie formele kommunikasie oor die aangeleentheid uitgereik nie.
Suid-Afrika het Israel in sy aansoek daarvan beskuldig dat hulle die Volksmoordkonvensie oortree het. Israel het die saak heftig teengestaan.
MULTIMEDIA: photos and videos of today's hearing in the case concerning Application of the Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide in the Gaza Strip (#SouthAfrica v. #Israel) held before the #ICJ are available here: https://t.co/lxMKBi5rqQ pic.twitter.com/nzokFNvzbE
— CIJ_ICJ (@CIJ_ICJ) January 11, 2024
Volgens News24 het twee bronne na aan die saak bevestig dat die uitspraak wel môre gelewer sal word en het ’n regeringsafvaardiging reeds in Den Haag geland in afwagting op die uitspraak.
In reaksie op die nuusberigte het Chrispin Phiri, woordvoerder van Suid-Afrika se ministerie van justisie, op X gesê hulle het nog nie ’n amptelike mededeling van die hof oor wanneer die uitspraak gelewer sal word nie. Hy het gesê sodra daar ’n amptelike kommunikasie is, sal ’n opdatering uitgereik word.
We do not have an official communication from the court as to when the judgment will be delivered.
As soon there is an official court communication an update will be issued. https://t.co/yNZ9avM4zj
— Chrispin Phiri ???????????????? (@Chrispin_JPhiri) January 24, 2024
Suid-Afrika het vroeër vandeesmaand die Wêreldhof gevra om ’n noodopskorting van Israel se verwoestende militêre veldtog in die Palestynse enklawe te beveel, en hulle daarvan beskuldig dat hulle ’n staatsgeleide volksmoord uitvoer.
Israel het die aantygings van die volksmoord as “erg verwronge” afgemaak en gesê dat hy die reg het om homself te verdedig en teiken Hamas, nie Palestynse burgerlikes nie.
In die aanvanklike uitspraak sal die Wêreldhof nie die hoofvraag hanteer of Israel volksmoord pleeg nie. Die hof sal net kyk na moontlike noodmaatreëls wat as ’n soort beperkingsbevel bedoel is, terwyl die hof na die volle saak kyk, wat gewoonlik jare neem.
In afwagting op die Wêreldhof se voorlopige uitspraak oor Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel, bly leiers in die Europese Unie verdeeld oor hoe om die besluit te interpreteer.
Anders as ander Europese lande, het België gesê hy sal die Wêreldhof se besluite oor Suid-Afrika se saak teen Israel ondersteun, berig Al Jazeera.
Unlike other European nations, Belgium has said it would support the international court’s (ICJ) decisions on South Africa’s case against Israel https://t.co/7vcPdkFdl8 pic.twitter.com/rjbyrnd3u0
— Al Jazeera English (@AJEnglish) January 23, 2024
Die politieke kommentator Piet Croucamp het in die jongste uitgawe van Vrye Weekblad geskryf soos baie ander Suid-Afrikaners was hy uiters beïndruk met Suid-Afrika se regspan, maar iets sê vir hom dat indien die politieke konteks van die oorlog deur die regters as van belang geag word, Israel kan staatmaak op ’n gunstige uitspraak, onder meer omdat Hamas ’n uitgesproke voorstander van volksmoord op die Israeli’s is.
Die Amerikaanse politieke webwerf The Hill sê in ’n meningsartikel deur Ken Jacobson Suid-Afrika se kriminele saak teen Israel is ’n bedrogspul. Jacobson is adjunk- nasionale direkteur van die Anti-Defamation League.
"Indeed, if ever the term genocidal were relevant here, it belongs to Hamas and its founding charter which states very clearly the group’s genocidal intent vis-a-vis Israel and Jews." More from Ken Jacobson on South Africa's case against Israel at the ICJ. https://t.co/Uuz6E9MURu
— ADL (@ADL) January 22, 2024
Die uiteindelike ironie van Suid-Afrika se ingryping is volgens Jacobson dat ’n volledige nederlaag van Hamas eintlik ’n geleentheid vir Palestyne in Gasa sou bied om ’n ander pad te volg en te floreer. Hy sê daarom is dit noodsaaklik dat die regerings van daardie nasies wie se regters in die Wêreldhof die saak moet beslis, hul onomwonde verwerping van die aanklag van volksmoord teen Israel duidelik maak, selfs al het hulle wettige kommer oor burgerlike ongevalle.
Ondersteuning van die aanklag van volksmoord sal volgens hom verskeie slegte gevolge hê, insluitend om Hamas toe te laat om te oorleef en sy terrorisme voort te sit, die ondermyning van Israel se basiese reg om homself te verdedig, die generering van meer aanvalle teen Jode regoor die wêreld en die ondermyning van die geloofwaardigheid van die Wêreldhof as ’n onpartydige, geregtelike liggaam.
Die oorlog tussen Israel en Hamas het diep verdeeldheid in Suid-Afrika ontbloot, met die regering se steun vir die Palestyne wat onder meer skerp gekritiseer word deur leiers van die land se Joodse gemeenskap.
Die Suid-Afrikaanse regering se standpunt geniet egter groot steun onder ’n groot aantal Suid-Afrikaners, onder andere in die Moslem-gemeenskap, maar ook onder baie Christene, soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.