Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van 2022 effens gedaal, tot 32,7% vergeleke met 32,9% in die derde kwartaal verlede jaar.
Dit was ten spyte van rekordvlakke van beurtkrag, wat op meer as 200 dae in 2022 geïmplementeer is. Werkloosheid het ’n rekordhoogtepunt van 35,3% in die vierde kwartaal van 2021 bereik te midde van die pandemie-uitval.
Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag die resultate van die kwartaallikse arbeidsmagopname (QLFS) vir die vierde kwartaal van 2022 gepubliseer.
Die amptelike werkloosheidskoers het met 0,2 van ’n persentasiepunt afgeneem tussen die derde en vierde kwartaal verlede jaar.
Ongeveer 3,4 miljoen (33,6%) uit 10,2 miljoen jongmense van 15-24 jaar was egter steeds werkloos en ook nie op skool, of besig met opleiding nie.
Approx 3,4 mil (33,6%) out of 10,2 mil young people aged 15-24 years were Not in #Education, #Training or #Employment. Join #StatsSA on @LesediFM at 12h10 today as we discuss these & other findings from the QLFS Q4:2022.
More here: https://t.co/8flelTdGGr#StatsSA #unemployment pic.twitter.com/ePfDgBUDbk— Stats SA (@StatsSA) February 28, 2023
In die vierde kwartaal van 2022 het Suid-Afrika 7,8 miljoen mense gehad wat sonder werk was, werk soek en beskikbaar was om te werk, waarvan 6,1 miljoen in langtermynwerkloosheid en 1,7 miljoen in korttermynwerkloosheid was. Die jongste statistiek toon dat langtermynwerkloosheid sedert 2012 amper verdubbel het, terwyl korttermynwerkloosheid met 0,2 miljoen mense toegeneem het.
Die werkloosheidsyfer onder swart Suid-Afrikaners bly hoër as die nasionale gemiddelde en dié van ander bevolkingsgroepe.
#Unemployment rate among Black/Africans remains higher than the national average & other population groups. #StatsSA will be on @radio786online at 12h25 today discussing the findings of the Quarterly #Labour Force Survey Q4:2022.
More here: https://t.co/8flelTdGGr pic.twitter.com/X6suXFBoug— Stats SA (@StatsSA) February 28, 2023
Die DA sê in hulle reaksie die volharding van Suid-Afrika se hemelhoë werkloosheidskoers wat herhaal word met die vrystelling die jongste QLFS vir die vierde kwartaal van verlede jaar, sal nie opgelos word voordat die ANC uit die Uniegebou gegooi en die DA die regerende party word nie.
Die DA-beheerde Wes-Kaap spog met ’n kwartaal-tot-kwartaal-toename van 167 000 poste (’n styging van 6,9 persent), terwyl winste in provinsies wat deur die ANC bestuur word, óf baie meer beskeie óf niebestaande is.
Die DA se skaduminister vir indiensneming en arbeid, Michael Cardo, sê in ’n verklaring dat in plaas daarvan om ’n omgewing te vestig wat bevorderlik is vir werkskepping, is al wat die ANC kan doen om nóg ’n kletsgroep te stig. Die impak daarvan op indiensneming sal niks meer as die generering van warm lug wees nie.
???? 167 000 of the overall 169 000 new jobs in SA in the last quarter of 2022 come from the DA-run Western Cape province.
Voting for the DA in 2024 is not about politics. It is about choosing the only credible option to save our country and build a better future. ????????#VoteDA pic.twitter.com/CHpHyyItoa
— Democratic Alliance (@Our_DA) February 28, 2023
Die formele sektor het landwyd ’n toename in indiensneming van 143 000 aangeteken, en die informele sektor het ’n verlies aan indiensneming van 15 000 tussen die derde kwartaal en vierde kwartaal van 2022 aangeteken, het Stats SA in hulle verklaring gesê.
Die aantal werkende persone het in vyf provinsies tussen die derde en vierde kwartaal in 2022 toegeneem.
Die grootste indiensnemingstygings is aangeteken in die Wes-Kaap (167 000), Noordwes (23 000), Oos-Kaap (20 000) en Noord-Kaap (12 000).
Werksverliese is gedurende dieselfde tydperk in Limpopo (20 000), Gauteng (18 000), Mpumalanga (13 000) en Vrystaat (3 000) aangeteken.
De DA sê hierdie geringe verbeterings is welkom, maar is kwalik rede vir feesviering. Wat veral kommerwekkend is, is dat daar 10,2 miljoen jongmense van 15–24 jaar in die vierde kwartaal van 2022 was wat nie in diens, of op skool of besig met opleiding was nie (die sogenaamde NEET’s).
Werkloosheid hou volgens die DA die enkele grootste bedreiging vir die land se sosiale struktuur in. Cardo sê in sy verklaring die ANC-regering het nie ’n benul wat om daaromtrent te doen nie.
“Die regering behoort te fokus op ’n uitgebreide program van arbeidsmarkhervorming sodat die private sektor bevry kan word om hoofsaaklik laaggeskoolde werkers op groot skaal in diens te neem.”
In plaas daarvan stel die minister van indiensneming en arbeid eensydig bo-inflasie minimumloonverhogings in en stel niksseggende komitees saam. En die hele tyd bly werkloosheid ’n donker skaduwee oor die nasie gooi, het hy gesê.