Die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, veg vir sy politieke oorlewing na bewerings van korrupsie wat teen hom gemaak word.
Bewerings van korrupsie is verlede week teen Nzimande en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) se voorsitter Ernest Khosa, gemaak deur die Organisasie teen belastingmisbruik (Outa). Die burgerlikesamelewingsorganisasie het op 4 Januarie stemopnames vrygestel van twee vergaderings tussen Khosa en ’n verteenwoordiger van ’n anoniemen diensverskaffer.
BREAKING: #OUTA shares leaked voice recordings implicating Minister @DrBladeNzimande and @myNSFAS chairperson #ErnestKhosa and others in wrongdoing at #NSFAS. Both of them should resign, or @PresidencyZA @CyrilRamaphosa should fire them. Must read! https://t.co/TA7Hg4Tp8G
— OUTA (@OUTASA) January 4, 2024
Die opnames onthul na bewering dat diensverskaffers aan wie tenders van multimiljoene rand toegeken is om direkte betalings aan studente te administreer, na bewering terugbetalings aan Khosa, Nzimande, en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gemaak het.
Volgens Outa is dit na bewering gedoen in ruil vir tenders en beskerming vir diensverskaffers.
Nzimande het Maandag walgegooi tydens ’n mediakonferensie na aanleiding van die Outa-verslag en verwante bestuurskwessies by Nsfas. Nzimande ontken die bewerings teen hom ten sterkste.
Minister Blade Nzimande briefs media on OUTA report and related governance issues at NSFAS today at 14:00. https://t.co/qKtqDBJDKv pic.twitter.com/fPh8A6scgb
— South African Government (@GovernmentZA) January 8, 2024
Nzimande sê dat die stem in Outa se opnames, waarin verskaffers en Khosa glo oorheersende korrupsie in die hoëronderwystenderstelsel bespreek het, nie syne is nie.
[WATCH] Higher Education Minister Dr Blade Nzimande says the voice in Outa's recordings, in which suppliers and NSFAS board chairperson Ernest Khosa allegedly discussed rampant corruption in the Higher Education tender system, is not his.#Newzroom405 pic.twitter.com/6cLO4nlrQF
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) January 8, 2024
Outa het op X gesê “vir almal wat vra of ons die opnames het, ja, ons het. Ongeveer 3 uur daarvan.”
Outa sê hulle het nooit gesê dis Nzimande se stem nie. “Ons het gesê hy is geïmpliseer deur beide Ernest Khosa wat gesê het die minister is ‘k@k bang’ en Thula Ntumba wat gesê het ‘Ek het hom ’n miljoen rand vir die Kommunistiese Party gegee. Verbeel jou net. Vir die konferensie. Toe daar niks was nie. Ek het dit geskenk aan dieselfde maatskappy wat verlede jaar T-hemde en sakke gemaak het.’”
But we never SAID it was ! Stop diverting. We said he was IMPLICATED by both #ErnestKhosa ("the minister is shit scared") and #ThulaNtumba ("I gave him a million rands for the Communist Party. Just imagine. For the conference. When there was nothing. I donated with the very same… https://t.co/aEhCo6UWj6
— OUTA (@OUTASA) January 8, 2024
Die DA-leier John Steenhuisen sê sy party beoog om kriminele klagte teen Nzimande in te dien, en het hulle regspan ingelig om Nsfas se raad as misdadig te laat verklaar in die lig van die bewerings.
Steenhuisen sê pleks daarvan om studente te ondersteun wat hard werk om bo swaarkry uit te styg ten einde ’n beter toekoms vir hulself en die land te bou, sien die ANC net nog ’n kans om te plunder.
“En moenie ’n fout maak daaroor nie: Die ANC se Nsfas-korrupsie was nie ’n misdaad sonder slagoffers nie.”
???? [BREAKING NEWS] The DA is taking legal action to protect students from ANC looting.
The DA's action includes criminal charges against Minister Blade Nzimande and declaring the NSFAS board delinquent.
Read more here: https://t.co/YqG7NFwNx9#NoStudentLeftBehind#RescueSA pic.twitter.com/swzQGMnGdv
— Democratic Alliance (@Our_DA) January 8, 2024
Steenhuisen sê die toekenning verlede jaar deur Nsfas van direktebetalingstenders aan maatskappye met geen bewese prestasierekord nie, het daartoe gelei dat studente buitensporige gelde vir elke transaksie moes betaal.
In baie gevalle het studente ook hul toelaes laat of glad nie ontvang nie, met die gevolg dat hulle nie eers kon kos koop nie.
Die DA-leier sê die Grondwet spel dit uit dat slegs die president die verantwoordelikheid het om op te tree teen korrupte kabinetsministers.
“Wanneer ’n minister korrupsie pleeg of die kabinet ondermyn, is dit die taak van ’n ware leier om daardie persoon beslissend te hanteer. Ramaphosa kan nie daardie verantwoordelikheid uitkontrakteer aan een of ander tandelose komitee wat deur ANC-kaders beman word van wie baie net so besoedel is soos die persoon wat hulle veronderstel is om te ondersoek nie.”
Hy sê Ramaphosa se “ingebore lafhartigheid” is op die punt om groot skade aan die hoëronderwyssektor aan te rig, net soos sy versuim om leiding te gee met betrekking tot beurtkrag, werkloosheid en misdaad wat vererger het.
Die DA gaan nou ’n versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting indien om ’n afskrif van die Werksmans-verslag in die toekenning van die direktebetalingstenders te bekom. “Ons sal aan Ramaphosa en die Spesiale Ondersoekeenheid skryf om te eis dat die omvang van die SOE se ondersoek uitgebrei word om die beweerde terugbetalings aan Nzimande en die SAKP in te sluit,” het Steenhuisen gesê.
Outa het ’n beroep gedoen dat Nzimande en Khosa bedank. “As hulle nie bedank nie, doen ons ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om hulle dadelik af te dank,” het Rudie Heyneke, Outa se ondersoekbestuurder, gesê.