………….
“Heelwat mense was van mening dat niemand in die ANC sonder blaam is nie, dat die party van binne korrup is en dat dit tyd is vir ’n splinternuwe party om die land te regeer.”
………….
Wie was ’n beter staatshoof, Cyril Ramaphosa of Jacob Zuma?
Dit is die vraag waaroor Suid-Afrikaners Donderdag op sosiale media gegons het. Die hutsmerke #ItWasNeverJacobZuma en #CyrilMustGo was die twee top hutsmerke waaroor daar die meeste op Twitter gesels is.
Die meeste Suid-Afrikaners het gejuig toe Ramaphosa in 2018 daarin geslaag het om Zuma te onttroon nog voordat sy termyn as staatspresident verstryk het. ’n Woedende Zuma moes noodgedwonge en teen sy wil sy tasse pak, die Uniegebou ontruim en plek maak vir Ramaphosa.
Cyril Ramaphosa (Foto: YouTube)
Ramaphosa, wat die stryd om ANC-president te word kort vantevore naelskraap teen een van Zuma se vorige vroue, Nkosazana Dlamini-Zuma, gewen het, is met groot gejuig deur die meerderheid Suid-Afrikaners as hulle nuwe staatshoof verwelkom.
Ramaphosa het ’n nuwe era in die Suid-Afrikaanse politiek beloof en ’n nuwe daeraad vir Suid-Afrikaners in die vooruitsig gestel, vry van korrupsie en staatskaping.
………….
“Daar is ook diegene wat sê dit is hoog tyd vir ’n vrou om die land se leisels oor te neem en dat Thuli Madonsela die aangewese persoon is vir die amp.”
………….
Die nuwe besem het egter nie lank skoon gevee nie. Die voortdurende faksiegevegte binne die ANC en die oënskynlike gebrek aan ’n politieke wil om die land se ekonomie reg te ruk het al hoe meer Suid-Afrikaners laat glo Ramaphosa is ’n gevangene binne sy eie party. Daar word geglo hy is nie in staat is om wesenlike veranderinge in die ANC aan te bring sonder om sy eie politieke loopbaan op te offer nie.
Met die aanvang van die koronaviruspandemie het Ramaphosa weer die kruin van gewildheid gery. Selfs opposisiepartye het hom geloof vir sy staatsmanskap toe hy die ramptoestand afgekondig het.
Hierdie golf van gewildheid was egter van korte duur.
Namate die koronavirusbevelsraad die een onsinnige regulasie na die ander uitgevaardig het, het die President se gewildheid vinnig begin taan. Met Dlamini-Zuma aan die stuur van sake tydens die ramptoestand het die indruk ten regte of ten onregte al hoe meer na buite posgevat dat sy eintlik in beheer van die land is en dat Ramaphosa haar lakei is wat spring as sy haar vingers klap.
Jacob Zuma (Foto: YouTube)
Hierdie persepsie, wat volgens die meeste politieke waarnemers erg oordrewe is, het egter by die publiek inslag gevind. Dit is versterk nadat Ramaphosa se aankondiging dat tabak weer tydens vlak 4 van die ramptoestand gekoop mag word, feitlik onmiddellik daarna in ’n aankondiging deur Dlamini-Zuma van die tafel gevee is.
Dit is die agtergrond wat tot die afgelope week se Twitterdebat gelei het, met die voorheen hoogs onwaarskynlike vraag wie die beste president was tussen Zuma en Ramaphosa.
Baie van die deelnemers aan die gesprek meen nou Zuma is nie regtig die skurk waarvoor hy uitgemaak word nie en dat hy die teiken is van ’n politieke komplot teen hom. Van sy ondersteuners meen dit is die sogenaamde witbeheerde media wat sonder enige bewyse van Zuma ’n skurk gemaak het.
It Was Never Jacob Zuma
President Jacob Zuma was the most pan Africanist President South Africa ever had since 1994. The hatred they had against him and using all the tools they have to convince many that he is a problem show how much they fear him.#ItWasNeverJacobZuma pic.twitter.com/9QuPBHaAMx
— Wandisa (@wandisa_musiq) July 29, 2020
Always remember: #ItWasNeverJacobZuma
All the lies the white owned media told citizens; the allegations they've NEVER proven; making Zuma the scapegoat so they can remove him; the pathetic ANC NEC that worked with oppressors to remove Zuma
You faught a good fight Nxamalala! pic.twitter.com/PZthIPFpfy
— Sphithiphithi Evaluator (@_AfricanSoil) July 30, 2020
Selfs van die Vryheidsfront Plus se ondersteuners het aan die gesprek deelgeneem en sê dis tyd om weer te stem vir ’n “Boer-president”.
Benewens die beskuldiging dat hy swak vaar in die stryd teen korrupsie, word Ramaphosa ook deur sommige daarvan beskuldig dat hy self by korrupsie baat vind.
Lockdown In other countries VS Lockdown in SA #lockdownextension #CyrilMustGo #Isis pic.twitter.com/Ij9GAc2n4N
— KingMaximusde3rd? (@TumzaMax) July 30, 2020
Heelwat mense was van mening dat niemand in die ANC sonder blaam is nie, dat die party van binne korrup is en dat dit tyd is vir ’n splinternuwe party om die land te regeer.
All of the existing parties i don't see them fit enough to lead us. They all have their agendas of which eventually they lead to corruption. That's just my point of view.#CyrilMustGo pic.twitter.com/ZTIMuzMpUs
— Male Alpha (@thami_tzz) July 30, 2020
Daar is ook diegene wat sê dit is hoog tyd vir ’n vrou om die land se leisels oor te neem en dat Thuli Madonsela die aangewese persoon is vir die amp.
Die leier van die EFF, Julius Malema, het ook onder skoot gekom en sommige mense meen hy is die persoon wat besig is om die land te verdeel.
Buro: MvH#ItWasNeverJacobZuma
It was Julius Malema who poisoned South Africans because of his bitterness.#CyrilMustGo pic.twitter.com/Zw8mfLW1ku— Tshepiso Malcolm (@MokutuTshepiso) July 30, 2020