..........
Die De Schrijverswerf-projek beoog om ’n gemeenskap van skrywers, digters en teatermakers te vestig wat deur hul taal verbonde is aan die Nederlandstalige gemeenskap. Hierdie taalgemeenskaplikheid sluit deelnemers in vanaf Nederland, Vlaandere, Suriname, en Suid-Afrika.
Vier opwindende projekuitsette, naamlik ’n Briefwisseling/Letter Exchange, ’n musikale intervensie genaamd Wiegeliedjies, Volksverhale, Kinderliedjies en Kleuterversies, ’n visuele kunsuitstalling Tussen media, over talen heen wat ’n treffende aanbieding van poësie op skilderdoek betrek, en laastens ’n weeklange skrywerslaboratorium, Schrijvers-Zwervers, met die finale produk wat op die laaste dag van die fees voorgedra sal word.
..........
Die Vlaamse regering in Suider-Afrika ondersteun die vertoning And still the rain kept falling softly .... ruimhartig. Die stuk vloei uit die pen van die Vlaamse skrywer, toneelspeler en teatermaker, Peter de Graef, terwyl Stef De Paepe, Vlaamse dramaturg en draaiboekskrywer, as die regisseur optree. Gerben Kamper en Peter Taljaard is verantwoordelik vir die vertaling van die teks, met John Paka en Boitumelo Mohutsioa in die rolverdeling.
..........
Die Vrystaat Kunstefees bied in Julie vanjaar vir die eerste keer die hoogs suksesvolle Mini-MARK aan, op die Bloemfontein kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die feesspan maak nou gereed vir ’n aansienlike groter fees, wat vanaf 2–8 Oktober 2022 ook op die UV-kampus, sal plaasvind.
Die Vrystaat-gesetelde fees is ’n Afrikaanse taalfees, wat ook kreatiewe verbintenisse met Sesotho en Engelse kulture asook nasionale en internasionale kreatiewe skeppendes smee. Die fees bied jaarliks ’n enorme artistieke aanbod, van vlagskip-teater-dans-en-musiekproduksies in Afrikaans, Engels en Sesotho tot literatuur, kunsvlyt, klankkuns, en visuele en eksperimentele kuns.
Die Vrystaat Kunstefees is deesdae een van die belangrikste kunstefees op die Afrika-vasteland en bied ’n groot verskeidenheid nasionale en internasionale produksies en projekte aan.
Hans steek die Rubicon oor bied aan teatergangers hoogs komiese drama oor oudword. Hierdie komedie, gebaseer op Rudie van Rensburg se gelyknamige roman en met Charlie Bouguenon in die hoofrol, beloof om pret vir alle ouderdomme te wees.
Elzabé Zietsman vertolk ’n sleutelrol in die sielkundige riller, Tom gaan plaas toe, waarin ’n familie se disfunksionele verhoudings, en ’n nalatenskap van leuens en traumas, ondersoek word. Hans steek die Rubicon oor en Tom gaan plaas toe word beide goedgunstiglik ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi).
Die Vlaamse regering in Suider-Afrika ondersteun die vertoning And still the rain kept falling softly .... ruimhartig. Die stuk vloei uit die pen van die Vlaamse skrywer, toneelspeler en teatermaker, Peter de Graef, terwyl Stef De Paepe, Vlaamse dramaturg en draaiboekskrywer, as die regisseur optree. Gerben Kamper en Peter Taljaard is verantwoordelik vir die vertaling van die teks, met John Paka en Boitumelo Mohutsioa in die rolverdeling.
Bekende Bloemfonteinse teatermaker, skrywer en regisseur, Nico Luwes, bring vanjaar twee produksies na die Vrystaat Kunstefees. Die ernstige Aku vang ’n ster is ’n spanningsdrama wat afspeel in die onherbergsame Noord-Kaap. Daarteenoor vertel Waaihoek se Vinkel en Koljander – ’n musikale klug die verhaal van tweelingbroers Koljander en Vinkel, wat as sesjariges per ongeluk in die Kaap geskei word. Waaihoek se Vinkel en Koljander beloof familiepret uit die boonste rakke.
In samewerking met die Universiteit van Johannesburg, bied die kunstefees The Paper Double-Bill aan. Twee nuwe Suid-Afrikaanse tekste, en dus twee nuwe toneelstukke, met twee akteurs, een stel en een regisseur sluit in Papercuts, wat temas van liefde, eensaamheid, en vrouwees ondersoek, asook Waiting for Lift-Off wat handel oor twee susters wat probeer om oor oseane heen met mekaar kontak te maak.
Verskeie interdissiplinêre kunsprojekte ondersoek op genuanseere wyse geslagsgebaseerde geweld. Die multimedia kunsinstallasie She had a name, is ’n huldeblyk aan en erkenning van elke vrxu wat haar lewe verloor as gevolg van geslagsgebaseerde geweld. Till Death Do Us Part betrek ’n multimedia vertoningskuns optrede waar intieme verhoudingsgeweld ondersoek word, terwyl Yekabani le Panty (Wie se panty is dit) ’n plekspesifieke, uitvoeringskuns aanbieding is, wat die patriargale strukture, wat veral in ’n Suid-Afrikaanse konteks op vrxue afgedwing word, ondersoek.
’n Absolute hoogtepunt op die musiekprogram is DROOMLAND – Solo-KlavierKonsert. DuPreez Strauss tree reeds vir twaalf jaar op as medemusiekregisseur en orkesdirigent vir Disney se The Lion King musiekblyspel. Beleef in DROOMLAND jou gunstelingkinderherinneringe, nuutgemaak met klavierinterpretasies en Afrikaanse storievertellings. Hierdie kontemporêre musiekblyspel is familievermaak vir alle ouderdomme.
’n Volgende hoogtepunt is ’n opvoering deur Dan Patlansky, wat terugkeer om Suid-Afrikaanse gehore met ’n elektriese volorkes te vermaak. In hierdie aanbieding bied Patlansky ’n moderne kinkel op dit waarvoor hy die liefste is: blues-musiek.
Vanjaar bied die Vrystaat Kunstefees ’n nuutgeskepte Blêrkas aan, op die rooi baksteen parkeerterrein agter die Odeion-teater. Die Blêrkas speel vanjaar die gasheer vir ’n wye verskeidenheid opwindende plaaslike en nasionale musikante, insluitend The mojo hands, Liv Die, Safety First, Belinda van Zee & Amy Aldeia, Rise in Red, Black cat bones, Van Pletzen, Francois van Coke, Angie Oeh, en Bouwer Bosch.
Twee treffende, dog uiteenlopende visuele kunsuitstallings, is Pitika Ntuli se baanbreker-solo-uitstalling Azibuyele Emasisweni (Return to the Source) en Taalgenoot en André Badenhorst se foto-uitstalling. In Azibuyele Emasisweni, wat by Oliewenhuis Kunsmuseum te besigtig is, maak Ntuli gebruik van 45 beeldhouwerke van been om “die toestand van die nasie in ’n seisoen van wetteloosheid te voorspel”.
Daarteenoor stel die Taalgenoot en André Badenhorst se foto-uitstalling ’n verskeidenheid gedrukte voorbladfoto’s, asook foto’s uit fotoverhale, in die foyer van die ATKV-Boeke-oase ten toon. Hierdie foto’s verskyn sedert 2016 in die bekroonde tydskrif en sluit in werke van onder meer Bibi Slippers, Gerald Rudolf en Rayton Rodeo.
Die jaarlikse filmfees word soos oudergewoonte aangebied by die Filmstudio van die Visuele Media Hub op die UV-kampus. Film hoogtepunte sluit in die Duitse drama Breathing (2012), die Spaans-Boliviaans film Even the rain (2011) met Gael García Bernal in die hoofrol, die Italiaanse fantasie-drama Happy as Lazzaro (2018), die Franse periode-drama Portrait of a lady on fire (2019), en die Spaanse regisseur Pedro Almodôvar se 2019 treffer Pain and glory met Antonio Banders en Penelope Cruz in die rolverdeling.
Die Vrystaat Kunstefees bied verjaar in samewerking met die Sustaining Theatre and Dance (STAND) Stigting, die Theatre and Dance Alliance (TADA) en NATi die Pen to Paper-projek aan. Pen to Paper betrek ’n soektog na tekste deur Suid-Afrikaanse toneelskrwyers wat nog nie voorheen opgevoer is of as volledige produksies op die verhoog te sien was nie. Die projek beoog om nuwe en kontemporêre tekste aan gehore en potensiële regisseurs bekend te stel, om die tekste te help ontwikkel, asook om ’n nasionale toerprogram van stapel te stuur.
Vanjaar se Vrynge sluit veelseggende, betekenisvolle werke in wat komplekse onderwerpe soos selfdood, diskriminasie en geestesgesondheid aanspreek. Produksies ondersoek identiteit, konflik, geslag en politiek op genuanseerde wyses. A Broken Sarafina (An Ongoing Discourse) vertel ’n relevante en kontemporêre verhaal, aangebied deur studente vanaf verskillende fakulteite van die Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein-kampus).
In Mothers’ Grimm is Gouelokkies, Aspoestertjie, Slapende Skone, Bose Koningin, Raponsie en Anansi almal deel van ’n verhaal oor grootword. Daarteenoor vertel T!kam ’n verhaal wat afspeel ná die moord op ’n transgender man in ’n Namakwalandse gemeenskap. T!kam is ’n versdrama wat LGBTQIA+ geweld oopvlek met Esme Marthinus en leerders van Hoërskool O’kiep in die rolverdeling.
Die Vrystaat Literatuurfees bars weer vanjaar uit sy nate met van die voorste Bloemfonteinse en Suid-Afrikaanse skrywers en digters op die program. Skrywers om na uit te sien, sluit in Dianne du Toit Albertze, Annerle Barnard, Hannes Barnard, Zelda Bezuidenhout, Susan Coetzer, Pieter Fourie, Herman Lategan, Maretha Maartens, SJ Naudé, Elias P Nel, Zarine Roodt, Madelein Rust, Lindie Stander, Zirk van der Berg, Amos van der Westhuizen, Irma Venter, Fanie Viljoen, Adele Vorster, en Chris Vorster.
Verskeie paneelgesprekke vorm deel van die program, insluitend die UV se jaarlikse Denkleier-gesprek wat vanjaar deur Pieter du Toit gefasiliteer word. Turksvy Publikasies (Hannes Visser, Marlene Malan en Daniel Hugo) bied ’n interaktiewe werkswinkel oor twee dae aan, genaamd die Turksvy skryfskool vir skrywersontwikkeling.
Die Hulde-aan-Helde-reeks word weer by die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied en huldig vanjaar vir Jaap Steyn, Anna M. Louw en Elsa Joubert. Die altyd gewilde Ruda-om-11-reeks, met bekroonde joernalis, Ruda Landman is ook terug. Landman gesels met onder meer Max du Preez, Charne Kemp, en Julian Jansen.
Die De Schrijverswerf-projek beoog om ’n gemeenskap van skrywers, digters en teatermakers te vestig wat deur hul taal verbonde is aan die Nederlandstalige gemeenskap. Hierdie taalgemeenskaplikheid sluit deelnemers in vanaf Nedeland, Vlaandere, Suriname, en Suid-Afrika. Vier opwindende projekuitsette, naamlik ’n Briefwisseling/Letter Exchange, ’n musikale intervensie genaamd Wiegeliedjies, Volksverhale, Kinderliedjies en Kleuterversies, ’n visuele kunsuitstalling Tussen media, over talen heen wat ’n treffende aanbieding van poësie op skilderdoek betrek, en laastens ’n weeklange skrywerslaboratorium, Schrijvers-Zwervers, met die finale produk wat op die laaste dag van die fees voorgedra sal word.
- Projekvennote van De Schrijverswerf sluit in Die Nederlandse Taalunie in Nederland, Vlaandere en Suriname, en die Vlaamse Regering in Suider-Afrika.
- Besoek die Vrystaat Kunstefees se webblad by www.vrystaatkunstefees.co.za om die feesprogram te besigting. Toegangskaartjies tot die feesterrein en teateraanbiedinge is reeds te koop by: https://www.webtickets.co.za/.
- Vir meer inligting oor vanjaar se Vrystaat Kunstefees epos gerus vir mark@vrystaatkunstefees.co.za.