
Samespraak – Donderdag, 4 Desember 2025
Ena Jansen: brugbouer en literêre bemiddelaar tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes
- Tyd: 14:00–15:00 (Suid-Afrikaanse tyd) / 13:00–14:00 (Nederlandse tyd)
- Plek: Aanlyn via Zoom
In hierdie aflewering van Samespraak staan die werk van Ena Jansen sentraal: ’n vertaler, literatuurwetenskaplike en brugbouer tussen twee letterkundige tradisies.
’n Belangrike onderwerp van die gesprek is Jansen se onlangse vertaalwerk. Alwyn Roux en Yves T'Sjoen sal in gesprek wees oor haar Afrikaanse vertaling van Multatuli se meesterwerk Max Havelaar (Protea Boekhuis, 2025), sowel as haar vertaling van Maria Dermoût se Die tienduisend dinge (2022).
Daarbenewens sal haar tydperk aan die Universiteit van Amsterdam as Suid-Afrikaanse leerstoelhouer onder die loep kom, asook haar navorsing oor Elisabeth Eybers, waaronder die publikasie Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam (1996).
Program
- 14:00-14:45 Gesprek met Ena Jansen
- 14:45-15:00 Vrae uit die gehoor
Zoom-adres:
- https://us02web.zoom.us/j/82653649142...
- Meeting ID: 826 5364 9142
- Passcode: 049602
Meer inligting: www.samespraak.com
