De inleidende tekst met de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach is opgenomen in de eerste aflevering (https://voertaal.nu/breyten-schrijven-8-breytenbachs-lyriek-door-de-blik-van-dichters-conversatie-met-joan-hambidge/). Telkens leg ik de gespreksgenoten vijf vragen voor over hoe zij zich in hun dichtwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.

Breyten Breytenbach, Marlise Joubert en Louis Esterhuizen in 2012 (Foto van Marlise en Louis)
...
Mettertyd het ek gevoel hy is en bly eenvoudig die Meester van die Metafoor.
...
YT: Marlise, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
MJ: As kind het die digkuns ’n passievolle belangstelling geword. En op hoërskool al hoe meer. Van my gedigte en prosa het in my matriekjaar in die jaarblad verskyn. Uiteraard was die Afrikaanse digters waarmee ons kennis gemaak het op skool ’n beperkte invloed gewees.
Maar op universiteit in 1963 in Pretoria, toe ek ywerig nuwe digbundels begin versamel het, het ek vir die eerste keer in aanraking gekom met die werk van Breytenbach. Die ysterkoei moet sweet is in daardie jaar gepubliseer en ek was in ekstase en verbysterd oor sy digkuns. Die natuurlike, vloeiende metaforiese taal en beeldrykheid het my aangegryp en my eie gedigskeppings in ’n ander rigting gestuur. Die vrye versvorm en liriese toonaard was vir my onbekend, maar dit was asof ek juis daarmee my eie stem met vryheid kon begin ontwikkel het. Na universiteit het ek begin werk (1966) en lid geword van ’n poësiekring waar ek in aanraking gekom het met ander jong digters en het ek ook begin gedigte publiseer in verskeie tydskrifte. Die digkuns van Breytenbach, Jonker, Van Wyk Louw en Watermeyer was van my gunstelingdigters. Mettertyd het ek ook heelwat Engelse digkuns begin lees, soos Atwood en Plath, maar veral die vertalings van digters soos Adonis, Amichai, Darwish, Neruda en Octavio Paz het my aangegryp. Breytenbach se bundels was egter altyd soos ’n padwyser of reisgenoot na nuwe wêrelde en idees toe. Ek kan nie een bundel spesifiek van hom uitsonder nie, want elkeen het my totaal verras en bekoor!
In 1970, met my eerste oorsese reis Europa toe, het ek hom vir die eerste keer ontmoet in ’n straatkafee in Parys. Dit was ’n ongemaklike besoek omdat hy intense vrae spesifiek rondom die politiek in SA gehad het, en ek helaas op daardie stadium (skaars 24 jaar oud) het geen belangstelling of kennis daarin gehad nie! Daarna het ek baie goeie e-kontak gehad met hom toe ons met die Versindaba-webblad begin het rondom 2001, waarvoor hy natuurlik met absolute entoesiasme gereelde bydraes gelewer het. By die Tuin van Digters in Wellington het ons hom gereeld raakgeloop. Hy en Yolande het ook eenkeer heerlik gekuier op ons stoepie by die huis.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
MJ: Soos almal het Breytenbach ook deur periodes van ontwikkeling gegaan en omdat ek slegs 6 jaar jonger as hy was, kon ek my identifiseer met elke fase waardeur hy gaan, en of dit nou liriese liefdesverse of politiese besinning en woede was of verse oor verval en die dood, of reise deur ander lande. Iedere nuwe bundel het my aangespreek. Sy liefdesverse bly natuurlik steeds uitsonderlik en lieflik. Veral die in Lady One.
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
MJ: Van die groep wat hier genoem word, het ’n Seisoen in die paradys my die meeste aangespreek.
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
MJ: Soos ek reeds verduidelik het, het ek op universiteit vir die eerste keer met hom kennis gemaak toe hy met ysterkoei gedebuteer het. Mettertyd het ek gevoel hy is en bly eenvoudig die Meester van die Metafoor. Daar is helaas nie vir my nog ’n digter in Afrikaans wat so verrykend en uiteenlopend met Afrikaans, die grein en diversiteit van hierdie land omgegaan het nie. Uiteraard stem ek ook saam daarmee dat ons ’n wonderbaarlike bastertaal het. Breyten was innoverend met sy vele neoligismes. Selfs in sy korrespondensie met my was daar altyd nuutskeppings, soos bv. (en ek haal slegs enkele sinne hier aan):
Die samelewings is in ’n versnellende oorgangsfase (oftewel wat ek die Gruit noem, die ‘Groot Uitmekaarval’) – en al beteken dit ook dat die wêreldwye monopolieë soos NaspersProsus net nog magtiger word, behels dit eweneens dat daar ruimtes in die marges geskep kan word om die illusie van oorlewing, of die illusie dat dit die moeite en pyn werd is om te wil oorlewe, staande te hou. Ideaal sou wees om wat mens nog mee vorendag kan kom – die nagvlees – of mee kan help dat dit verskyn – verniet op ’n straathoek te kan uitdeel. Of teen ’n muur te skryf. Maar dis seker nie praktiese oplossings nie. Ek sal maar intussen probeer aanhou en die een voet voor die ander sit – maar ook al jou wegwysers in gedagte hou.
Naas Gruit sal ek ook altyd sy nuutskepping van smoelkappies onthou vir die maskers wat ons gedra het tydens die Covid-pandemie!
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
MJ: Ek is geen akademikus nie, en Breytenbach se omvang en betekenis is reeds deur talle akademici herhaaldelik onder woord of bespreking gebring. Self het ek ’n matelose bewondering vir sy kunstenaarskap, die drif en passie waarmee hy kon volhou, die geweldige surrealistiese tafereel wat hy met woorde of kunswerke geskep het sal altyd as ’n groot inspirasie dien, hetsy deur sy gedigte of sieninge oor menseregte en sy veroordeling van apartheid destyds, vir ons hier, asook veral internasionaal. Wat hy nagelaat het vir ons Afrikaanse letterkunde sal sekerlik nooit weer herhaal kan word nie. Hy is beslis vergelykbaar met van die grootste en mees inspirerende internasionale digters van ons tyd.
Ter afsluiting, ’n gedig wat ek vir hom geskryf het en wat hierdie jaar in ’n keur uit my oeuvre, by die afdeling ‘Nuwe verse’, verskyn het. Die versamelbundel is saamgestel deur Karen de Wet, dosent in Afrikaans.
gaan
breyten breytenbach, 24 november 2024
soos gaan gaandeweg vergaan
skryf die digter in papierblom
en sedertdien spook dié woorde
in alle verledes waar ek kom of gaan
in elke beboste stingeltuin
elke uur se smeuling aan die tyd
ons gaan
is net ’n flitsberig
geskrifte heuwel uit die verwelkte blom
ons gaan is die digter se stad op papier
en niks sal ewigdurend kranig bly
alle asems is immers van korte duur
vannag is laaste woorde stil gedaantes
’n trooslied teen wat was of wat nog kon
vannag is ’n blom van blou papier
wat roer en ontroer teen skemering
word mettertyd loodswaarstil
soos verstroomde klip
blinkgeskuur –
(Atrium 1970–2025, Protea Boekhuis, Pretoria, 2025)
Lees ook:
Breyten schrijven #8: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Joan Hambidge
Breyten schrijven #9: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Alfred Schaffer
