Die geleentheid met Veronique Jephtas by Samespraaak is uitgestel weens onvoorsiene omstandighede.
Veronique Jephtas, is ’n digter, dramaturg en akteur wie se werk die afgelope jare ’n besondere en dringende dimensie tot die Afrikaanse literêre en teaterlandskap bydra. Haar debuutbundel Soe rond ommie bos (2021) word in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe beskryf as ’n bundel wat sterk fokus op protespoësie, sosiale onreg en die komplekse dinamika van rassediskriminasie en gender, met Kaaps as kragtige uitdrukkingsmiddel.

