Uitnodiging: Samespraak, in gesprek met Veronique Jephtas en Simone Atangana Bekono (19 Mei 2026)

  • 0

Samespraak tree in gesprek met Simone Atangana Bekono en Veronique Jephtas oor skryf as daad van weerstand, geslagsgebaseerde geweld en die politiek van taal in Afrikaans, Kaaps en Nederlands.

  • Gesprekvoerders: Alwyn Roux en Yves T’Sjoen
  • Datum: 19 Mei 2026  
  • Tyd: 14:00-15:30 SAST

 Deelnemers:

  • Veronique Jephtas – digter, akteur en dramaturg uit die Paarl. Soe rond ommie bos (Protea Boekhuis, 2021).
  • Simone Atangana Bekono – Nederlandse digter en romanskrywer. hoe de eerste vonken zichtbaar waren (2017); Confrontaties (2020, Hebban Debuutprijs, Anton Wachterprijs); Zo hoog de zon stond (2022); Marshmallow (2024, Jan Campert-prys).

Sluit aan via Zoom

Samespraak is ’n intertalige en interdissiplinêre aanlyn forum vir die vergelykende studie van Afrikaanse en Nederlandse taal- en letterkunde, sowel as wisselwerking tussen tale in Suid-Afrika.

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top