A-Z van au pair-werk: ’n onderhoud met Liz du Toit

  • 0
“Ek wil vir ’n jaar oorsee gaan au pair.”

Baie jongmense besluit deesdae om hierdie roete ná skool/studies te volg, om te reis en om meer lewenservaring op te doen.

Maar wat behels au pair-werk? Hoe doen jy aansoek? En wat behels die aansoekproses? 

Cliffordene Norton het met Liz du Toit van The Au Pair-agentskap gesels om meer uit te vind.

Liz is sedert 1994 in die au pair-bedryf, nadat haar eie dogter as ’n au pair gewerk het, en sy werk al byna agt jaar vir The Au Pair-buro. Dié agentskap het takke in Suid-Afrika en het pas kandidate van Namibië begin werf.  

Au pair-dag by The Au Pair-agentskap

Wat behels au pair-werk?

’n Erfenisjaar! Een jaar waar jy deel is van ’n Nederlandse familie. Jy is die oudste kind in die huis en jy bly waar jy dertig uur per week werk.

Jy doen ligte huiswerk, byvoorbeeld wasgoed en strykwerk, en is verantwoordelik vir die kinders. Jy is deel van die familie. Jy neem die kinders soms ná en van skool, doen skeppende aktiwiteite in die middag of gaan op uitstappies. Dit is baie belangrik dat jy kindgerig moet wees.

Jy kan genooi word om saam met die familie op vakansie te gaan, maar moenie vergeet nie: Jy is nie met vakansie nie.

Hoe doen iemand aansoek om ’n au pair te wees en wat behels die proses? 

Ons webwerf is www.the-aupair.co.za. Jy registreer deur die profiel te voltooi en jy sal gekontak word deur een van ons agente om die prosedures te verduidelik.

Indien ek met iemand werk, begin ek deur ’n kennismakingsvergadering. Ek gesels gewoonlik met die kandidaat en haar ouers. Daarna moet die kandidaat dink oor waarom sy wil au pair, dan kom sy vir ’n onderhoud. Eers daarna betaal die kandidaat ’n fooi van 34 euro (ongeveer R560) – dit is volgens Nederlandse beleid.

...........

“Dit is ’n besonderse erfenis-ervaring wat vir altyd deel van jou lewe sal bly. En toevoeging tot jou eie waardes. Jy verstom jouself oor hoe jy as mens ontwikkel, jou man kan staan en vaardighede aanleer in die vreemde. Jy het die geleentheid om binne ’n beskermende opset jouself te ervaar.”

...........

Ons begin met die plasingsproses en aan die einde van die jaar het ons ’n oriënteringsdag. Tussenin doen die kandidate ook ’n kursus in noodhulp en kultuuruitwisseling.

Wanneer die kandidate (in Nederland) land, gaan haal die eienaar van The Au Pair, Lize Strydom, hulle by die lughawe en neem hulle na haar huis. Sy gesels met hulle, oriënteer hulle en die volgende dag neem sy hulle na die gasheergesin.

By The Au Pair-buro fokus ons op kliënte- of nasorgdiens. Indien jy die kandidate werf, tree jy vir die volgende twaalf maande as mentor op. Wanneer die kandidate by hulle families is, kontak ons hulle ook elke ses of sewe weke. Ek noem dit ’n kletsafspraak, en ons maak seker dat hulle goed aanpas. Lize is ’n agent in Nederland en bly gereeld met hulle in kontak.  

Hoe word ’n au pair by ’n familie geplaas? Kan jy ’n familie kies? 

Dit is ’n opwindende proses en ook ’n proses wat vertroue, veral in jouself as au pair, vereis. Tydens die plasingstydperk word ’n profiel, foto’s en ’n brief van ’n moontlike kandidaat aan ’n gesin gestuur. Elke familie kan 3–4 moontlike kandidaatprofiele ontvang.

Die kandidate toer Europa tydens hierdie jaar plat. Hier is ’n au pair in Rusland.

Die familie besluit wie hulle uitnooi vir ’n Skype-onderhoud. Jy as kandidaat word deur jou agent voorberei vir die onderhoud.

Die familie kies, maar as jy as au pair nie gemaklik voel of nie belangstel in die familie nie, mag jy dit van die hand wys.

Watter vergoeding of voordele ontvang ’n au pair?

Kandidate ontvang sakgeld van 340 euro per maand, dit is vir hulle toiletware en treinkaartjies – want hulle kry alles in die huis waar hulle woon. Dit word ook as sakgeld bestempel, want anders moet die kandidate belasting daarop betaal.

Die kandidate mag ook nie addisionele werk aanneem nie, want indien hulle beserings opdoen, word dit nie deur hulle versekering gedek nie.

Die kandidate kry ook:

  • Tien euro se data, wat baie is, want data is baie goedkoop.
  • Twee naweke ’n maand is hulle vry.
  • Twee weke vakansie
  • ’n Gratis museumkaart; hulle kan al die museums besoek.
  • Hulle woon ook ’n driemaande-taalkursus by, wat die gasheerfamilie betaal.
  • En natuurlik, versekering.

Kandidate kry ’n gratis museumkaart (Foto: Pixabay.com)

Die kandidate toer Europa tydens hierdie jaar plat. Hulle besoek verskillende plekke en dit is ’n ongelooflike ervaring.

Die feeste is ook vir die meisies nogal ’n hoogtepunt. Die Nederlanders geniet baie feeste en karnavalle soos Koningsdag of Sinterklaas. Die au pairs gaan voluit om deel te neem, huur kostuums en families geniet dit baie as hulle deel word van die proses.

Watter karaktereienskappe het ’n au pair nodig?

’n Liefde en aanvoeling vir kinders is baie belangrik. Jy het ook emosionele volwassenheid, onafhanklikheid, en aanpassingsvermoë nodig.

Jy moet ook reisnuuskierig wees. Jy moet jouself kan handhaaf in situasies, nie oorsensitief wees nie.

Jy moet ook kan konfidensieel wees, want jy leef met ’n gesin en sal moontlik persoonlike oomblikke tussen familielede waarneem. Ons is baie streng oor konfidensialiteit en sosiale media. Indien kandidate ongemaklik voel oor iets, kan hulle ons kontak, maar vra ons dat hulle versigtig is met sosiale media.  

Waarom is daar ’n ouderdomsbeperking vir au pairs? 

Dit word deur die au pair-beleid van ’n land bepaal, maar ouer kandidate vind dit soms moeiliker om as deel van ’n familie in te skakel. Veral as hulle al in Suid-Afrika op hulle eie gewoon het en alreeds ’n goeie inkomste verdien. Ons kry baie selde 28- of 29-jariges wat aansoek doen, en die afsny-ouderdom is dertig.  

Is daar spesifieke kriteria waaraan iemand moet voldoen om te kan au pair in Europa?  

Ek wil beklemtoon dat jy moet lief wees vir kinders. Die kinders is gewoonlik ’n paar maande tot twaalf jaar oud. Jy moet au pair-werk aanpak met goeie redes en motivering.

Jy moet ’n graad 12-opvoeding hê, en verkieslik ’n nie-roker wees. Jy moet ’n behoefte hê om te reis, goeie kennis hê oor wie jy is, onder druk kan werk, teleurstelling kan verwerk en kan aanpas by uitdagende weersomstandighede.

Die heel belangrikste eienskap is sekerlik aanvoeling en passie vir kinders. Wees eerlik met jouself oor waarom jy au pair-werk kies.

’n Au pair in Antwerpen, België

Dit is ’n besonderse erfenis-ervaring wat vir altyd deel van jou lewe sal bly. En toevoeging tot jou eie waardes. Jy verstom jouself oor hoe jy as mens ontwikkel, jou man kan staan en vaardighede aanleer in die vreemde. Jy het die geleentheid om binne ’n beskermende opset jouself te ervaar.

Het jy enige werkservaring nodig om aansoek te doen? 

Ja kinderervaring is verseker nodig. Ons vra nie vir ’n sekere hoeveelheid ure nie, maar wel werkservaring by nie-familiekinders.

In watter land het julle die meeste werknemers? Waarom?  

The Au Pair-buro werk slegs in Nederland. Die agentskap gehoort aan Lize Strydom. Sy is ’n Suid-Afrikaner wat op 24 besluit het om te au pair in Nederland.

Sy is getroud met ’n Nederlander, dus het sy al die fasette waaraan ’n au pair blootgestel sal word, ervaar. Haar benadering is gebaseer op eie ervaring van ander au pair- en gasheergesinne.

Haar doel is om meer te doen as net ’n plasing. Jy word begelei vandat Lize jou op die lughawe ontmoet en die volgende dag na jou nuwe gasgesin neem. Jy het ook steeds morele ondersteuning van jou Suid-Afrikaanse agent op hierdie ervaringsreis.

Is slegs Engels voldoende om in ’n Europese land te gaan au pair of moet die aansoekers veeltalig wees? 

Afrikaans is ’n belangrike taal vir ’n au pair wat in Nederland gaan werk. Oor die algemeen is die kinders nie Engels-vaardig nie.

Au pair-dag by The Au Pair-agentskap

Ons het wel ook families wat vra vir suiwer Engelssprekende au pairs, maar dit is verseker belangrik om Afrikaans te kan praat en/of verstaan.

Hoe kan mede-Suid-Afrikaners opgespoor word? Is daar Facebook-groepe? 

Ons agentskap bied au pair-dae aan waar ’n au pair die geleentheid kry om almal in ons groep te leer ken. Au pairs woon ook ’n Nederlandse taalkursus by waar hulle verseker vriende maak met au pairs van ander lande en agentskappe.

Hoe werk die visa-aansoekproses en hoe lank neem dit?  

Au pairs doen aansoek vir ’n MVV-visum. Die proses word deur die au pair-buro in Nederland begin en vandat dit ingehandig en weer terug is by die ambassade in Suid-Afrika neem dit min of meer 3–4 weke.

...........

If you want to stay in the Netherlands for longer than 90 days, you may need a residence permit. In many cases you will also have to apply for a long-stay visa before you travel to the Netherlands. This visa is also called an authorisation for temporary stay (MVV). 

In South Africa, you can apply for this visa at the Netherlands embassy in Pretoria or at the Dutch consulate-general in Cape Town.

...........

Hoe lank werk die meeste mense gewoonlik as au pairs? 

In Nederland is die program slegs twaalf maande en jy kan nie vir ’n tweede jaar in dieselfde land weer au pair nie.  

Watter faktore moet mense in ag neem voor hulle in die buiteland gaan au pair?  

Die twee groot uitdagings is: ’n verlange of heimwee vir die huis. Die tweede is aanpassing by die weersomstandighede.

Die au pairs gaan voluit om aan feeste deel te neem. Hier is ’n groep met Koningsdag.

Die kandidate land in die hartjie van winter en soms gaan weke verby sonder dat die son skyn. Vir Suid-Afrikaners wat gewoond is aan son is dit moeilik. Die uitdagende kultuurverwisseling, en jy moet onthou dat die keuse joune was.

Wat is jou top wenke vir iemand wat belang stel in au pair-werk? 

Jy moet die keuse vir jouself maak. Beide jou ouers moet saamstem met jou karaktereienskappe en dat jy eerlik met jouself moet wees oor jou gevoel teenoor kinders en wat jou redes is waarom jy au pair-werk kies.

Die resultaat is ’n onvergeetlike erfenis, al is dit nie elke dag maanskyn en rose nie.

  • Foto’s: verskaf, tensy anders aangedui

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top