Carmi Britz

Carmi Britz (Kaapstad, 1993) het in April 2022 haar MA in Afrikaans en Nederlands cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Tydens haar MA-studie het sy vir ’n semester by Leiden Universiteit klas geloop. Haar navorsingsbelangstellings sluit die hedendaagse Nederlands en Suid-Afrikaanse literatuur, distopie, ekokritiek en geokritiek in. Haar primêre navorsingsfokus is tans ’n PhD oor die literêre kartering van distopiese Afrikaans en Nederlandse romans. Tussen 2016 en 2017 is sy werksaam as ’n remediërende onderwyseres in die intermediêre fase. Tans is sy die tweedejaarstutor vir Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Die IVN-kongres in Nijmegen 2022

Carmi Britz Academisch 2022-10-31

"Die kongres van die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN) het van 22 tot 26 Augustus 2022 in Nijmegen plaasgevind. Dit was ’n mengelmoes mense van oor die wêreld (33 lande) met ongeveer 200 referate, panele, gesprekke, hooflesings of werkswinkels om aan deel te neem of by te woon. Dit was inderdaad ’n reusekongres en die sessies is verdeel in ses afdelings, naamlik letterkunde, kultuur, taalkunde, didaktiek, vertaling en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN). Die aande was ook gevul met kultuurverrykende gebeurtenisse om by te woon."

Leiden-studie-uitruil: ’n onderhoud met Carmi Britz

Marli van Eeden, Carmi Britz Interviews 2019-06-20

"Stellenbosch-universiteit was onlangs 100 jaar oud. Dit is ’n mylpaal om te vier in Suid-Afrika. Nederlandse universiteite is baie ouer, so 100 jaar is vir hulle nog taamlik jonk. Om deur hierdie ou geboue, kanale en strate te loop is ’n onbeskryflike gevoel."

Top