Elkarien Fourie

Elkarien Fourie het ’n meestersgraad in Afrikaans met as onderwerp die literêre feministiese biografie toegespits op Ingrid Jonker.

Sy werk as vryskut-joernalis en boekresensent vir Media 24, die ATKV, LitNet en SA tydskrifte.

Sy het Afrikaans aan die Universiteit van Wene gedoseer en was redakteur van die vrouegilde van die VN in Wene, Oostenryk, se nuusbrief.

As eksaminator vir die British Council se Engelse kwalifiseringstoets in China het sy Engels aan die Minzu-Universiteit in Beijing gedoseer en tot die RSG-programme Monitor en Spektrum bygedra.

Sy is die skrywer van ’n jeugroman, Dans op die rand van ’n krans en ’n memoir oor China, getiteld Vat jou hele hart.

Verengelsing van hoër onderwys kom wêreldwyd voor

Elkarien Fourie Academisch 2021-12-22

"Die internasionale verskynsel van die verengelsing van hoër onderwys was onlangs die onderwerp van ’n virtuele konferensie gereël deur die afdeling ICLHE (Integrating Content and Language in Higher Education) van die Universiteit van Maastricht (UM) in Nederland. Die doel van ICLHE is die uitruil van standpunte, ondervinding, inisiatiewe en navorsing oor die raakvlakke tussen inhoud en taal van kursusse in hoër onderwys. Akademici uit lande so uiteenlopend as Hongkong, België, Mexiko, Korea en Suid-Afrika het deelgeneem."

Gerestoureerde kerk nou ’n trekpleister vir boekliefhebbers

Elkarien Fourie Meningen 2019-10-25

"Vir gelukkiges wat die eise van die wêreld kan ontglip en hulself verloor in die wonderwêreld van boeke, is daar in die middestad van Maastricht ’n unieke uitvlug. Dit is die Boekhandel Dominicanen, vroeër ’n Gotiese katedraal, maar nou ’n moderne boek- en CD-winkel met ’n gesellige koffiehoek waar die koor en altaar vir eeue was."

Verified by MonsterInsights
Top