Erentia Bedeker

Erentia Bedeker is ’n kunstenaar, skrywer, animeerder en filmmaker uit Namibië. Sy word groot op Khorixas met die wye oop vlaktes en koppies van Damaraland as haar speelgrond. Sy studeer Drama aan die Universiteit van Stellenbosch en voltooi daarna haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands, asook ’n nagraadse diploma in onderwys deur UNISA. Sy is een van die stigters en direkteure van Wreckless Creative, ’n tweepersoongrafieseontwerp- en animasiestudio. Sy het reeds drie kortfilms gemaak waarvan Die berggans het ’n veer laat val en Ruby & Roach al by verskeie internasionale filmfeeste vertoon is. Van haar gedigte is opgeneem in Nuwe Stemme 6 asook in twee uitgawes van Penseel (2013/2014) terwyl sy nog student was. Deesdae waag sy haar hand aan die skryf van kortfilms. Sy dra die Namib in haar hart terwyl sy vereers in die stad moet woon. Sy het ook baie klippe uit Damaraland in haar tuin en studio wat haar aan die aarde geanker hou.

Ruby & Roach se animasie: geen taalgrense nie

Izak de Vries, Erentia Bedeker Interviews 2020-10-29

"Ruby en Roach het tot op hede al by tien internasionale feeste en drie nasionale feeste gaan kuier."

Top