Giselle Botha

Ek is ’n nagraadse student met 'n BCom-graad en 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands. Ek glo in Afrikaans as ’n wetenskaptaal en dat Afrikaans die vermoë het om grense te verskuif. Die verlede is onlosmaaklik deel van ons taalerfenis, maar wat met die kennis van die verlede gedoen word, bepaal wat in die toekoms gebeur. Tans wonder ek ook oor hoe versoening werk, en probeer voluit leef saam met die verwondering, verrassings en misterie van 'n postapartheid Suid-Afrika.

My groot liefdes in die lewe is woorde, stories, tale, die voortdurende verandering van die sakesektor en 'n weeklikse deelname aan 'n parkrun.

Duitsland-studie-uitruil: ’n onderhoud met Giselle Botha     

Marli van Eeden, Giselle Botha Interviews 2019-07-29

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Europese lande jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme om meer oor die kultuur en leefwyse van die land te leer en hul horisonne te verbreed. Giselle Botha vertel meer oor haar studie-ervarings en avonture in Duitsland, Nederland en België.

LitNet-argief: Vyf Suid-Afrikaners en die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) 2017

Giselle Botha Taalunie 2017-11-01

"Die doel van die kursus is daarom nie net om studente se Nederlandse taalkennis te verbreed en te verdiep of om die studente aan die Nederlandse en Vlaamse kultuur bloot te stel nie, maar ook om die vraag te beantwoord oor watter beroepsmoontlikhede Nederlandse taalkennis en taalbeheersing bied."

Top