Steve Hofmeyr dok R100 000 op en vra LGBTQI+-gemeenskap verskoning
2023-03-14"Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se omstrede uitlatings oor die LGBTQI+-gemeenskap het hom R100 000 uit die sak gejaag, asook ’n onvoorwaardelike openbare verskoning wat hy op sosiale media moes plaas."
Totsiens Suid-Afrika, sê jonges
2023-03-10"Die stroom landsverlaters wat besig is om die land duur aan broodnodige vaardighede te kos, is veral kommerwekkend omdat die kritieke vaardighede wat so verlore gaan, dieper strek as wat selfs hierdie syfer toon. Dit is toenemend jongmense wat weggaan, maar nie uitsluitlik jongmense nie."
Alfred Schaffer, digter van drie wêrelddele
2023-03-10"Die Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon, is die afgelope week vereer vir sy deurlopende bydrae tot die Suider-Afrikaanse Neerlandistiek asook vir sy rol as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika, Nederland en België tydens die instelling van die Alfred Schaffer-erelesing."
Tshwane se burgemeester goue ketting na agt dae kwyt
2023-03-09"Die gekonkel van Cope se enigste raadslid in die Tshwane-metroraad, Murunwa Makwarela, met die ANC en EFF om van die DA-geleide koalisieregering ontslae te raak, het hom duur te staan gekom. Hy is nie net sy goue burgemeestersketting kwyt nie, maar sit nou op straat sonder werk."
Nuwe kabinet is ’n "bondel gebreekte eiers in dieselfde mandjie"
2023-03-08"’n Geleentheid van verspeelde kanse. Dit is hoe burgerlike organisasies en opposisiepartye Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling van die afgelope week opsom."
Phala Phala-dollars in Ramaphosa se rusbank na bewering "vuil" geld
2023-03-07"Die SAID het bevestig dat hulle geen rekords het van die $580 000 wat aan Ramaphosa se Phala Phala-plaas betaal is nie."
Kragkrisis kan vererger voordat dit beter word
2023-03-03"Teen fase 16, waar die frekwensie van fase 8 verdubbel word, is die aantal ure van beurtkrag oor ’n vierdaagse siklus 96 uur, wat beteken dat daar eintlik glad nie elektrisiteit is nie en dit maak nie juis praktiese sin nie."
Ramaphosa loop ’n bloutjie by die konstitusionele hof
2023-03-02"Nuwe druk gaan op Cyril Ramaphosa geplaas word om oop kaarte te speel oor die diefstal van miljoene rand by sy Phala Phala-wildsplaas nadat hy Woensdag ’n bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop het oor die saak."
Werkloosheid daal effens, maar bly steeds hemelhoog
2023-03-01"Ongeveer 3,4 miljoen (33,6%) uit 10,2 miljoen jongmense van 15-24 jaar was egter steeds werkloos en ook nie op skool, of besig met opleiding nie."
Eskom-debakel kring al hoe wyer uit
2023-02-28"De Ruyter se beëdigde verklaring bevestig volgens ActionSA húlle oortuiging dat die ANC ’n kriminele sindikaat is wat direk verantwoordelik is vir die beurtkragramp."
De Ruyter se skielike vertrek laat die poppe dans
2023-02-24"Opposisiepartye en burgerlike organisasies het hom as ’n held bestempel. Hulle prys hom as heldhaftige fluitjieblaser, terwyl die ANC vuur spoeg en dreig om hom hof toe te sleep."
Suid-Afrika kan slegs van onder na bo gered word, sê Frans Rautenbach
2023-02-23"Hy glo dat diegene wat bereid is om vir minder as die minimumloon te werk, toegelaat moet word om dit te doen. Volgens hom sal hulle dan ten minste kos op die tafel en ’n voet in die arbeidsmark hê en vandaar opwaarts kan beweeg pleks daarvan om heeltemal werkloos te wees."
Eskom belowe en paai terwyl fase 8-beurtkrag wink
2023-02-22"Suid-Afrikaners is letterlik en figuurlik in die duister oor die kragsituasie nadat die land die afgelope week nader as ooit vantevore gekom het aan fase 8-beurtkrag."
Ramaphosa en Cele moet skuld dra vir bloedbad, sê politieke partye en burgerregte-organisasies
2023-02-21"Verskeie opposisiepartye het hul oproep aan president Cyril Ramaphosa herhaal om Cele af te dank, terwyl Ramaphosa self ook blameer word vir wat sommige as ’n bloedbad bestempel."
Universiteite ontken beweerde diskriminasie teen Afrikaanse studente
2023-02-17"Twee voorheen wit Afrikaanse universiteite is in die spervuur oor beweerde taal- en rassediskriminasie teen Afrikaanse studente tydens verwelkomingsgeleenthede op die onderskeie kampusse aan die begin van die akademiese jaar."