Karmien Roux

Karmien Roux is lief vir werk met mense, uitdagings, katte  en kondensmelk uit die blikkie. Sy en haar man het vir vyf jaar in die suide van Japan gebly waar hulle die kuns van noodles eet, groentee drink en adaptability bemeester het! Nou is sy terug by haar mense en die kleure en geure van Afrika waarsonder sy net nie kon lewe nie. (Foto: verskaf)

Terug van Kobayashi, Japan

Karmien Roux Reizen 2019-09-16

"Vra vir enige een van die 500 leerlinge van Kobayashi Senior High School en hulle sal dadelik al die wonders van die dorpie aflys: kosmosse blom in die herfs in die berge en lok mense van oral oor. Die water is so skoon dat dit op ’n spesiale lys van die 100 skoonste water in Japan is. Jy sien sterre in elke seisoen en vuurvliegies het elke somer in die stroom langs ons huis gedans, iets wat ek jare laas in Suid-Afrika beleef het."

Omatsuri vir die Rugbywêreldbekertoernooi 2019 in Japan

Karmien Roux Meningen 2019-09-05

"Die Japanse konsep van Ometenashi of gasvryheid is iets om te ervaar. Hierdie spesiale soort gasvryheid kom eers werklik tot sy volle reg wanneer daar groot feestelikheid of Omatsuri is. Die Japanners vier alles ... en die 2019 Rugbywêreldbekertoernooi gaan werklik ’n nasionale fees wees – een van die grootstes nóg! Sport, rugby, laat ons toe om in een oomblik deel te wees van iets groter, maak nie saak waar ons vandaan kom nie."

Top