Marita van der Vyver

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het ’n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans  voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokiein 1992 ’n blitsverkoper en ’n literêre sensasie word. Die boek is bekroon met drie van die mees gesogte literêre pryse in Suid-Afrika: die M-Net, die ATKV en die Eugène Marais.

Sedertdien het sy ’n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte.

Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen, asook ’n internasionale studiebeurs van die SA Stigting vir Skeppende Kunste, en in 1997 is sy genooi om deel te neem aan die bekende International Writers Program van die Universiteit van Iowa in die VSA.

Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf ’n sprokie in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn. Marita woon op ’n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain Claisse. Hulle het 3 seuns en ’n dogter.

Ons Dame, die ewige diva

Marita van der Vyver Meningen 2019-05-08

"Die stertjie van die storie is dat Daniel sommer so 'n mik-en-druk-kiekie van my geneem het, met die Eiffeltoring in die verte en die res van Parys onder ons uitgestrek, wat 'n paar jaar later as amptelike outeursfoto vir my jeugboek Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gebruik is."

’n Geel golf van protes in Frankryk

Marita van der Vyver Meningen 2018-12-20

"Hierdie mense se lewens word veel erger ontwrig deur hoër brandstofpryse as enigiemand wat in Parys woon. Ek ken hierdie mense want ek woon tussen hulle. Ek kan seker sê ek is een van hulle."

Seks, kuns en die waarheid

Marita van der Vyver Actueel 2018-01-23

"En tog ondersteun ek 'n beweging soos #MeToo of Hollywood se Time's Up-veldtog of die massiewe vroue-optogte die afgelope naweek oral in die VSA, want dit maak dit vir miljoene vroue moontlik om te begin droom dat ons ten minste die toekoms kan verander."

Verified by MonsterInsights
Top