Breyten schrijven #29: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met H.J. Pieterse

  • 0

Door het oog van de dichter is de titel van een gesprekkenreeks over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) en de impact op het schrijverschap van hedendaagse Afrikaans-, Engels- en Nederlandstalige dichters. Najaar 2026 verschijnt de bundel Postumiteiten voor Breyten in Zuid-Afrika, waarin de dialogen worden gebundeld. In een tweede deel met dialogen komen Breytenbach-navorsers aan het woord. Tot vandaag zijn afleveringen gepubliceerd met Joan Hambidge, Alfred Schaffer, Marlise Joubert, Antjie Krog, Louis Esterhuizen, Bernard Odendaal, Ilse van Staden, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Hein Viljoen, Pieter Madibuseng Odendaal, Klara du Plessis, Charl-Pierre Naudé, Nkateko Masinga, Erwin Mortier, Marius Crous, Gilbert Gibson, Heilna du Plooy, Alwyn Roux en Kleinboer.

De inleidende tekst met een toelichting bij de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach kan hier worden gelezen: https://versindaba.co.za/2026/01/21/yves-tsjoen-postumiteiten-voor-breyten/. In totaal komen veertig dichters aan het woord. De gespreksgenoten ontvangen allen dezelfde vijf vragen over hoe zij zich in hun schrijfwerk verhouden tot het oeuvre van Breytenbach.

...
Breyten se politiek het my eie politieke sienings van die jare sewentig en tagtig geweldig beïnvloed. En die Zen-Boeddhisme het my gefassineer.
...

YT: Henning, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?

HP: Baie dankie vir die geleentheid, Yves. Ek antwoord so goed ek kan. Breytenbach se vroeë werk, versamel in Ysterkoei-blues, bly my gunstelingfase in sy loopbaan van meer as sestig jaar. Vandat ek Breyten begin lees het (kyk ook verder aan) het sy beelding, sy gesprek met die Afrikaanse digkuns (wat ook volksliedjies en liturgiese gesange insluit), erotiese kwessies en sy dikwels aweregse standpunte en politieke ingesteldheid my aandag getrek. Hy is m.i. een van die grootste, indien nie die grootste, Afrikaanse digters en sy vroeë werk verklaar tot ’n mate die merendeels swak Afrikaanse poësie van die jare sewentig: hy het so ’n lang skaduwee gegooi dat dit dikwels vir jonger digters moeilik is om hul los te maak van daardie skaduwee en hul eie stem te vind. (Dieselfde sou bv. gesê kan word van T.T. Cloete, van wie se ‘invloed’ ’n hele paar digters nie kon wegkom nie.) My verwysing na en oordeel van die poësie van die jare sewentig sluit uiteraard nie gevestigde digters soos Sheila Cussons, Lina Spies, Antjie Krog, D.J. Opperman, T.T. Cloete en andere in nie, maar talle digters het gedink: nou is poësieskryf ‘maklik’: ek skep maar ’n absurde of surrealistiese beeld of twee en bou dit uit met onsamehangende frases. Not that easy. Daar is ’n Nederlandse spreuk: “Dichten is net als koken. Je pleurt maar wat in de pan, als je koken kan”. Die laaste sinsdeel word bietjie moeiliker verteer deur aspirant-digters as die eerste deel. Breyten se laatwerk het soms vir my ’n effe eenselwig geword, maar dan absoluut gekwalifiseerd: as ek ’n Breyten-bundel takseer, begin ek reeds op so ’n ‘hoë’ vlak van waardering dat die begippe ‘goed’, ‘beter’ en ‘swakker’ uiters relatief gebruik word.

YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?

HP: Breyten se liefdesgedigte, enkele politieke strydverse en dan veral die gedigte met ’n Zen-Boeddhistiese inslag bly my voorkeur. Ook gedigte waarin lewe en dood, lig en donker as twee kante van een munt beskryf word. Toe ek Lotus gelees het as tiener, was ek weggevoer deur die liggaamlikheid en onbeskaamde erotiek van die bundel. Breyten se politiek het my eie politieke sienings van die jare sewentig en tagtig geweldig beïnvloed. En die Zen-Boeddhisme het my gefassineer. Hoeveel Suid-Afrikaanse lesers sou kon sin maak van die Zen-beskouings sonder André P. Brink se uitstekende studie Die poësie van Breyten Breytenbach? Ek het verder in die Boeddhisme en Zen gelees en dit het beslis gehelp om talle Breytenbach-gedigte ‘oop te sluit’.

YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?

HP:  Ek is nie naastenby so vertroud met Breyten se skilder- en tekenwerk soos wat ek behoort te wees nie. Soos vermeld, bly die vroeë bundels steeds my gunsteling-bundels. Van die tronk-bundels was vir my ’n effense insinking, maar dié siening is uiteraard weer hoogs relatief. (‘Yk’) bevat van Breyten se beste én swakste gedigte. Die een bundel wat ek die afgelope paar jaar vir honneursstudente voorskryf, is Die windvanger. Van my redes vir dié keuse is: Breyten tree hier in gesprek met die hele Afrikaanse digkuns en studente geniet dit om die talle intertekste op te spoor en te bespreek. Verder is die bundel ook ’n gesprek met Breyten se hele oeuvre, dus ’n intratekstuele gesprek. Studente word sodoende aangemoedig om die spesifieke gedigte waarna verwys word, te lees en die spanning tussen ‘oorspronklike’ en ‘variasie’ te ontleed.

YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?

HP: ’n Skoolvriend van my, wie se vader in die uitgewerswese gewerk het, het Die huis van die dowe en Lotus vir my geleen toe ek so 14-15 was. Ek kon nie veel ‘sin’ maak van die gedigte op daardie tydstip nie (ek het wel gaan oplees oor Goya). Ons het nie een van sy gedigte as voorgeskrewe tekste op skool gehad nie en dit was eers op universiteit dat, via ’n paar uitstekende dosente, sy poësie vir my verstaanbaarder geword het, ook toe ek kennis maak met die Nederlandse Vijftigers. Die beeld wat ek behou, is dié van ’n vuishou tussen die oë en op die brein toe ek ‘bedreiging van die siekes’ en ‘nagmaal’ lees. Ek kon slegs by benadering sin maak van die gedigte, maar hulle het deur die jare op my gegroei. Ek het voorts die voorreg gehad om Breyten in 1986 te ontmoet en in 2014 deel te wees van die span digters wat hy vir die tweede Dansende Digters-fees te Spier genooi het. Daar het ek gesien: Breyten is die ‘natuurlikste’ digter wat ek ooit meegemaak het. In die middel van ’n werkswinkel, tussen al die lawaai deur, buk hy af, skryf vir ’n paar minute op ’n vel papier en oorhandig dit aan my met die woorde: “Hier is vir jou ’n gedig”. Ek het gedink: “Jou bliksem! Dit sou my ’n week vat om daardie gedig tot stand te bring...”. In die tagtigerjare het Breyten natuurlik ’n liefde-haat-verhouding met Afrikaans geprojekteer, en ’n paar maal die dood van Afrikaans aangekondig. Daar was eenkeer ’n spotprent van Breyten in die Vrye Weekblad wat hom voorstel waar hy voor die Eiffel-toring staan en op Suid-Afrika urineer – dit som sy destydse houding op (volgens die gestorwe blad). Sy houding teenoor die taal het die afgelope dertig jaar beslis verander/versag (veral toe hy sien wat sy voormalige ‘comrades-in-arms’ met die land aanvang). Hy is heeltemal korrek met betrekking tot die siening van Afrikaans as ‘bastertaal’, of eerder ‘kreool’ (deesdae: ‘intertaal’): Fritz Ponelis het die taal tereg ’n ‘behoudende akrolektiese kreool’ genoem. Die konteks was ryp vir so ’n siening, teenoor die kontekste waarbinne taalkundiges soos Hesseling en veral Valkhoff die term ‘kreool’ m.b.t. Afrikaans gebruik het en verguis is deur hul meer konserwatiewe tydgenote.

YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?

HP: Breyten het gevorder van skilder-digter, na algemene kunstenaar, skrywer, legende tot ikoon. Hy was m.i. die enigste Sestiger-digter wat werklik die ‘grense’ en moontlikhede van die taal radikaal verskuif en ontgin het, ook m.b.t. tematiek (kom ons los Wopko Jensma vir ’n oomblik uit die prentjie). Die prosaskrywers van Sestig, soos Leroux, Brink, De Vries en Barnard, het natuurlik hulle deel gedoen op die gebied van nuwe klem op sosio-politieke en seksuele temas. Wanneer ek die naam ‘Breyten’ hoor, is my eerste assosiasies: ’n vriend van die Vijftigers, dadaïs, surrealis, politieke spotvoël, dapper en eiesinnige digter wat, nieteenstaande homself, hom nooit volledig van Afrikaans kon losmaak nie. Ek sou toekomstige lesers aanbeveel om eers die vroeë werk te lees, dan die laatwerk, en dan die ‘tronkbundels’ en hulle aanmoedig om telkens sekere ‘goue drade’ te volg: opstand teen apartheid, liefdesgedigte, die Zen-invloed (wat natuurlik in Suid-Afrika as ‘eksoties’ beskou is), die spot met die self en die ego en dan, veral, ‘doodgewone mensverse’.

Lees ook:

Breyten schrijven #28: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Kleinboer

Breyten schrijven #27: "Those past times were confusing – and I want to ask you forgiveness if I promised you an impossible utopia"

Breyten schrijven #26: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Alwyn Roux

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top