Door het oog van de dichter is de titel van een gesprekkenreeks over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) en de impact op het schrijverschap van hedendaagse Afrikaans-, Engels- en Nederlandstalige dichters. Op 24 november 2026, twee jaar na het overlijden van Breytenbach, verschijnt de bundel Postumiteiten voor Breyten in Zuid-Afrika, waarin de dialogen worden gebundeld. Het huldigingsboek wordt gepresenteerd op de vooravond van het internationaal symposium “Inter-Breyten. Breytenbach in context” (26-27 november 2026, Universiteit Gent: https://voertaal.nu/oproep-voor-referaten-inter-breyten-breytenbach-in-context/).
In een tweede deel van de huldigingsbundel met dialogen komen Breytenbach-vorsers aan het woord. Ook die bijdragen worden de komende weken voorgepubliceerd op Voertaal.
Tot op heden zijn afleveringen gepubliceerd met de dichters Joan Hambidge, Alfred Schaffer, Marlise Joubert, Antjie Krog, Louis Esterhuizen, Bernard Odendaal, Ilse van Staden, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Hein Viljoen, Pieter Madibuseng Odendaal, Klara du Plessis, Charl-Pierre Naudé, Nkateko Masinga, Erwin Mortier, Marius Crous, Gilbert Gibson, Heilna du Plooy, Alwyn Roux, Kleinboer, H.J. Pieterse, Zandra Bezuidenhout, Churchil Naudé en Tom Dreyer.
De inleidende tekst met een toelichting bij de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach kan hier worden gelezen: https://versindaba.co.za/2026/01/21/yves-tsjoen-postumiteiten-voor-breyten/. In totaal komen veertig dichters aan het woord. De gespreksgenoten ontvangen allen dezelfde vijf vragen over hoe zij zich in hun schrijfwerk verhouden tot het oeuvre van Breytenbach. Vandaag is Cas Vos aan het woord.

...
’n Metafoor is soos ’n paling: dit is glad, vinnig, glibberig en vars. Dit maak taal nuut en lewendig.
...
YT: Cas, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
CV: Breyten se selfbekendstelling het my in die hart getref.
Dames en Here, vergun my om u voor te stel aan Breyten Breytenbach,
die maer man met die groen trui; hy is vroom
en stut en hamer sy langwerpige kop om vir u
’n gedig te fabriseer soos byvoorbeeld: […]
(Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, p. 15)
Dit het daartoe gelei dat ek sy digspoor soos ’n verspieder gevolg het. Ek het die politieke gerugte en berigte oor hom met aandag bespied. In die stikdonker tronk was gedigte en skilder sy uitkoms en lig. Onreg is hom aangedoen. Ek was bevriend met Regter Wes Boshoff. Hy was die regter tydens die Breytenbachverhoor Junie-Julie 1977. Die beskuldigde is gevonnis tot ’n boete van R50 of drie maande gevangenisstraf (‘breyten en die bewaarder’, p. 203). Regter Boshoff het aan my gesê dat as hy die regter tydens die eerste verhoor was, sou hy Breyten vrygespreek het. Hy het immers geen misdaad gepleeg nie. Dit het vir Breyten gegaan om geregtigheid en menswaardigheid wat politieke en taalgrense oorskry. Hy is onregverdig na die “skandplaas” verdoem (in: nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, p. 43). Dáár was sy enigste lig om te dig en te skilder (Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983). Daar is ook die ontroerende gedig vir Ounooi: ‘wat die hart van vol is loop die mond van oor’ (“vir ounooi”) (Ysterkoei-blues, p. 19-21), en vir Oubaas: ‘’n brief van hulle vakansie’ (“vir oubaas”) (Ysterkoei-blues, p. 28-29). Breyten se Oorblyfsels: ’n roudig bevat hartroerende gedigte as herinneringe aan Daantjie Saayman. Hy het ook gedigte vir sy vriend Ampie Coetzee geskryf.
Ek het geen ander keuse nie as om die vroeëre sowel as die “late style” te verkies. Elke tydvak en emosie kom in sy digwerk voor.
By Breyten Breytenbach vind ons die skitterende weelde van beelde. Dit word deur die metafoor toegelig. Wat is ’n metafoor? Volgens Aristoteles beteken metafoor om aan iemand ’n naam te gee wat aan ’n ander persoon behoort. Die woord metafoor kom van die Griekse woorde meta (oor) en pherein (dra). Hieruit is die Latynse woord metaphora geskep, wat “figuurlik” beteken. Metafoor is die oordra van energie, ’n wyse van interpretasie, ’n saak van identiteit en verskil. Die metafoor beskryf die werklikheid op ’n nuwe en verrassende wyse.
As daar na metaforiese taal verwys word, gaan dit nie slegs om ’n funksie van woorde nie, maar ook om die totale konteks waarbinne woorde (frases) gebruik word.
Net soos prosa gebruik poësie taal. Maar die digter kleur taal anders as die prosaskrywer. Wat is die kenmerke van poëtiese taal? Soos ’n rivier vol water is, is ’n gedig vol beelde en metafore. ’n Metafoor handel oor uitbeelding en verbeelding. Deur die verbeelding word diepere lae van die innerlike bereik as deur die rede. In sulke gevalle kan dit gebeur dat daar ’n vrugbare spanning ontstaan tussen die innerlike belewing van die werklikheid en die werklikheid self. In die woord verskuif verbeeldingskrag die aksent van krag na verbeelding. Onder “krag” word die moontlikhede verstaan wat in die natuur en ook in die menslike natuur opgesluit is. Met “verbeelding” word die direkte band tussen natuur en gees verbreek en verskuif die aksent na die beeldvorming wat op sintuiglike waarneming berus. Hierdie waarneming het betrekking op die werklikheid buite ons, waar ons indrukke opdoen wat in ons innerlike neerslag vind. ’n Metafoor maak ons oë oop om te sien.
’n Metafoor is soos ’n paling: dit is glad, vinnig, glibberig en vars. Dit maak taal nuut en lewendig. Die wonder van ’n metafoor is dat dit mense in staat stel om sake te verbind wat andersins nie die geval sou wees nie. Dit skep die moontlikheid om nuut na sake, ander mense en die wêreld te kyk.
In ’n metafoor gaan dit om die uitbeelding en verbeelding. Wanneer ’n metafoor ’n verhouding tussen twee gebiede of persone daarstel, word nuwe assosiatiewe samehange tot stand gebring. Die metafoor maak ons oë oop vir “sien as”. Die uitkoms is meestal verrassend en vreemd.
Die metafoor is ’n vonk in die hand van die digter. Hy/sy steek die wêreld daarmee aan die brand. Die metafoor stel hom/haar in staat om die verrassende, die onopvallende, die skynbaar teen-strydige en ironiese te vind.
’n Metafoor help om die onbekende in terme van die bekende te verstaan. Metafore dien nie net om iets te “benoem” nie, maar dit verleen ook toegang tot dit waarna verwys word. Op dié manier word ’n brug geskep, ’n tussenspel tussen “saak” en “beeld”. Deur die beeld word toegang tot die saak bewerk.
Volgens Paul Ricoeur werk die metafoor tegelykertyd met die paradoks van “die is” en “die is ook nie”. Die spanningskwaliteit van ’n metafoor bevestig en ontken terselfdertyd dat daar iets gebeur. Daar is, volgens Ricoeur, ’n implisiete “die is en is ook nie” in elke positiewe metaforiese bewering.
Breyten Breytenbach se dig- en skryfwerk is ryk aan metafore wat inniger bewe (‘somerwind’, in: nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, p. 27). Die digter verwys na om al die “prag” “deur verkykers van trane” te betrag (in: nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, p. 34). Trane word verkykers, maar bly steeds trane. So word “die is” en “die is nie” bewaar. “[D]ie see is ’n kermende eindelose gedig” (in: Die windvanger, p. 170). Al word die see as “’n kermende […] gedig beskryf, bly dit steeds die see. Op die wyse word “die is” en “die is nie” steeds bewaar.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
CV: Al Breyten Breytenbach se bundels is hartaangrypend. Sy rekening met die dood is trefseker. “[D]ie lewe is [immers net] ’n asem lank” (in: Ysterkoei-blues, p. 412) en die gedig ‘dood begin by die voete’ (in: Ysterkoei-blues, p. 16). Om net enkele voorbeelde te gee. Dood is “’n tydsverduistering” (in: nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, p. 6). “[G]een inenting beskerm jou ooit teen dood / se kermkoeël” nie (in: nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, p. 7).
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
CV: “Die ware landskap is een van rus” (in: nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, p. 3-4). Die kroon van sy liefdesgedigte is en bly: “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif” (in: ‘(soos van vlerke)’, Ysterkoei-blues, p. 246). Breyten se geliefde Yolande kom dikwels in sy gedigte voor, onder andere in Lotus en Lady One. Dit is merkwaardig dat die beskuldigde sy ‘Verklaring, Paleis van Justisie, Pretoria, 25 November 1975’ met die volgende woorde afsluit:
U Edele, vergun my om af te sluit met ’n aanhaling uit ’n gedig, wonderlike vlammende woorde wat reeds baie eeue gelede aangesteek is, maar altyd sal bly voortbrand omdat dit uit die dieptes van ’n mens se ervaring en medelye kom – en dáárom behoort dit uit die dieptes van ’n mens se ervaring en medelye kom – en daarom behoort dit aan elkeen van ons: [1 Korintiërs 13].
Die slot lui: “En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie / drie; maar die grootste hiervan is die liefde”. (‘’n Bestaansbelydenis, nie ’n geloofsbelydenis nie’, in: Parool / Parole. Versamelde Toesprake / Collected Speeches, p. 23).
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
CV: Ek het die werk van Breyten Breytenbach met die eerste oogopslag deur taal leer ken. Taal troetel gedigte. Dit is die hand wat uitreik na gedigte. Tydens die Somerskool 1973 verwys Breyten na Afrikaans as ’n bastertaal (in: ‘’n Blik van buite’, Parool / Parole, p. 8-16). Dit val miskien vreemd op die oor, maar dis so waar. Daar is die invloed van Nederlands. Byna elke Afrikaanssprekende sal die volgende Nederlandse sin verstaan: “Het leven is een reis. En tegelijk een avontuur; want je kent de afloop niet”. Halleluja. Dit het ’n Hebreeuse oorsprong. Maar die woord het ook in Afrikaans wortelgeskiet. Dit beteken: “prys die Here”. Uit Ngunitale (Zulu/Xhosa) het die volgende woorde deel van Afrikaans geword:
- babalaas < ibhabhalazi (wingerdgriep)
- impi (impi's) (regiment, leër) < impi (geveg, oorlog, veldslag, leër)
- indaba (gedoente) < indaba
- indoena (hoofman, oudste) < induna
- lobola < ilobolo
- sangoma (tradisionele geneser, kruiedokter) < isangoma
- moetie (tradisionele kruiemedisyne) > umuthi
- tokkelos(sie) < utikoloshe
(Met dank aan Ernst Kotzé).
Breyten sluit sy toespraak soos volg af: “deur stelling te neem gebaseer op hierdie kennis, [verruim] ons ons menslikheid en taal […]. Dan sal ons nie meer gevang sit in die strikke van Apartaans nie, maar Afrikaans kan praat: een van die baie tale van Afrika!” (in: ‘’n Blik van buite’, Parool/ Parole, p. 16).
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
CV: Sonder die hoogsbegaafde Breyten Breytenbach is poësie stom. ’n Ouman op sy sterfbed. Breyten skenk lig en lewe. Hou vas aan geloof, hoop en die allergrootste: die liefde.
26 November 1975
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
want die lewe is ’n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker –
(Ysterkoei-blues, p. 412)
Lees ook:
Breyten schrijven #32: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Tom Dreyer
Breyten schrijven #31: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Churchil Naudé

