In het nieuws
Skokkende video wys hoe man sy vrou na bewering aanrand
2023-01-26"’n Skokkende video van ’n man wat besig is om sy vrou na bewering in hulle slaapkamer aan te rand terwyl hulle minderjarige dogtertjie dit moet aanskou en hom probeer keer, dien as getuienis in ’n saak wat tans voor die hof is nadat dit aanvanklik teruggetrek is."
Suid-Afrika se rooi tapyt vir Rusland laat die rooi ligte flikker
2023-01-25"Die rooitapytontvangs wat Lawrof by die Waterkloof-lugmagbasis geniet het, stuur ’n gevaarlike boodskap die wêreld in."
Russiese minister in Suid-Afrika verwelkom te midde van fel kritiek
2023-01-24"Die Russiese nuusagentskap Tass berig Lavrov se vliegtuig het by die Suid-Afrikaanse Lugmagbasis Waterkloof geland, waarna hy samesprekings gevoer het met sy Suid-Afrikaanse ampsgenoot Naledi Pandor."
Beurtkrag kan voedselsekerheid op die rotse laat beland
2023-01-20"Elektrisiteit is sentraal tot moderne boerderypraktyke en die toename in beurtkrag het boerderybedrywighede ernstig ontwrig. Pompstasies, besproeiing, verkoeling en ander stelsels is almal afhanklik van kragtoevoer."
Poskantoor wil werkers glo wéér indoen
2023-01-19"Die Sapo-bestuur stel glo ’n weeklikse vermindering van twee dae voor, wat daartoe sal lei dat skofwerkers wat vyf dae ’n week werk, net drie dae sal werk en diegene wat ses dae ’n week werk, net vier dae. Die gevolg hiervan is ’n verstommende 40%-vermindering in bruto salaris."
Skroewe draai al stywer om Eskom tot verantwoording te roep
2023-01-18"Eskom moet nie net gereed maak vir landwye protesoptogte op straat nie, maar staar ook al hoe meer regsaksies in die gesig."
Woedende Suid-Afrikaners wil strate toe oor beurtkrag
2023-01-17"’n Betoging word vir 2 Februarie vanaf die Sunninghill-taxi-staanplek na Eskom se Megawatt-park in Sandton beplan, terwyl planne ook gemaak is om in Kaapstad te betoog."
Uitspraak tot Maandag voorbehou in Zuma versus Ramaphosa
2023-01-13"Naidoo sê die aanklagte wat teen Ramaphosa gemaak is, is niks anders as nog ’n poging om Zuma se bedrog- en korrupsieverhoor verder te probeer vertraag nie."
"ANC-plan vir Eskom soos om dekstoele op die Titanic te herrangskik"
2023-01-12"Die verandering in toesig het aansienlike finansiële kommer onder beleggers veroorsaak en het daartoe gelei dat ’n aantal vrae geopper is oor die toekomstige bestuurstruktuur van Eskom en die status van Eskom se massiewe skuld."
Menseregtekommissie kom voor stok oor Malema se haatspraak
2023-01-11"In die lig van Malema en die EFF se weiering om verskoning te vra en geen oënskynlike teken dat die MRK by hul woord gehou het om Malema en die EFF hof toe te vat nie, eis AfriForum nou in ’n prokureursbrief dat die MRK skriftelike terugvoer oor verskeie sake gee."
Eskom is in die hande van energiemafia, sê kenners
2023-01-10"Die vermeende poging om Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, dood te maak, is die werk van kriminele sindikate binne Eskom wat van hom ontslae wou raak en voornemende aansoekers vir sy pos wou intimideer om nie daarvoor aansoek te doen nie."
’n Bus uit Oekraïne onthul die menslike kant van oorlog
2023-01-06"Die span het die mense van Oekraïne die geleentheid gegee om te praat. Daarvoor het ek elke oomblik stilgesit om te luister."
KZN maak gereed vir nóg ’n vloedramp dié naweek
2023-01-06"Die weerburo het Donderdag vlak 9-waarskuwings vir dele van KwaZulu-Natal uitgereik en inwoners is teen wydverspreide oorstromings gewaarsku."
Persverklaring: ’n Bus uit Oekraïne Maandag 9 Januarie uitgesaai
2023-01-05Maandag 9 Januarie 20:30 kan kykers vir die aangrypende dokumentêre program, ’n Bus uit Oekraïne, op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel. Die fokus is die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaner, Johan Oldenburg, wat 52 Oekraïniese vlugtelinge gered en vervoer het na Nederland.
Al hoe meer wil hulle in 2023 losmaak van Eskom
2023-01-05"Terwyl individue wat dit kan bekostig, al hoe meer gebruik maak van sonpanele vir sonenergie en ander metodes om beurtkrag vry te spring, wil die Wes-Kaapse regering sowel as die kragvoorsiener City Power in Johannesburg ook vanjaar hulle afhanklikheid van Eskom verminder."
Parlementsgebou ná ’n jaar steeds in puin
2023-01-04"’n Jaar sedert ’n brand die land se parlementsgebou, wat die Nasionale Vergadering huisves, vernietig het en dele van die ou Volksraad beskadig het, is daar nog geen duidelikheid wanneer daar met herstelwerk begin sal word en hoe lank dit sal duur nie."
Moenie Kersfees met water en ligte mors nie
2022-12-23"Intussen berig Moneyweb dat Suid-Afrikaners hulle moet voorberei vir ’n donker feesseisoen met gereelde kragonderbrekings weens beurtkrag, aangesien Eskom se kragopwekking tot heeltemal nuwe laagtepunte daal."
Kersvader die rob bring Kaapse verkeer tot stilstand
2022-12-22"Toe die Kaap die Goeie Hoop DBV Natuurlewe-afdeling Woensdag ’n oproep ontvang van ’n Kaapse pelsrob wat die besige Jakes Gerwel-rylaan oorkant die Vangate Mall in Athlone oorsteek, het selfs hulle gewonder of dit waar kan wees."
Goedkoper brandstof in sig na Kersfees
2022-12-21"Die brandstofpryse word gewoonlik op die eerste Woensdag van ’n maand aangepas en word bepaal deur die prys van olie en die rand-dollar-wisselkoers."
Ramaphosa en sy nuwe besems sal hard moet vee om skoon te vee
2022-12-20"Suid-Afrikaners se oë is nou gerig op president Cyril Ramaphosa se volgende politieke skuiwe nadat hy Maandag daarin geslaag het om die aanslag teen sy leierskap in eie geledere te oorleef."